AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Onstuitbare plaag bedreig wingerde

'n Vreemde insek met 'n nóg vreemder lewensiklus, steek kop uit in wingerde in Suid-Afrika.

Margarodes, 'n vreemde insek met 'n nóg vreemder lewensiklus en voortplantingswyse, is besig om nou weer op groot skaal kop uit te steek in wingerde in Suid-Afrika. Geen geregistreerde middels is daarteen beskikbaar nie.

Hoewel margarodes, ook wêreldwyd bekend as grondpêrels, waarskynlik vir die meeste wingerdboere taamlik onbekend is, is dit 'n ernstige insekplaag wat besig is om veral in die Oranjerivierbesproeiingsgebiede onrusbarend uit te brei, veral in die omgewing van Upington, Prieska, Douglas, Hopetown, Keimoes en Pella, asook in groot dele van die Wes-Kaap. Veral die omgewing van Malmesbury, Piketberg, Worcester, Stellenbosch, Paarl, Ceres, Robertson, Montagu en die Olifantsrivier het al swaar deurgeloop. Margarodes is meer onlangs ook in besproeiingsgebiede by Marble Hall, Potgietersrus en Nylstoom gevind.

Van dié vreemde dopluis, waarvan daar tien spesies in Suid-Afrika en sowat 70 wêreldwyd voorkom, val vyf spesies in Suid-Afrika wingerd aan. Wingerd in dele van Suid-Amerika en in Kalifornië word deur ander margarodespesies (wat nie in Suid-Afrika voorkom nie) aangeval. Die ander margarodespesies in Suid-Afrika kom grootliks by grasse voor, en dié elders in die wêreld op gewasse soos katoen en grondbone.

Dr. André de Klerk, navorsingsbestuurder: plantbeskerming by Infruitec-Nietvoorbij, die LNR se Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn op Stellenbosch, hou hom al sedert die 1970s besig met die studie van die insek. Dit is in 1896 die eerste keer in Suid-Afrika gesien.

De Klerk meen die insek versprei die laaste tyd redelik vinnig. Met 'n onlangse besoek aan Mpumalanga is ernstige besmettings gevind in veral nuwe aanplantings op grond waar natuurlike veld verwyder is.

De Klerk sê die naam kom van die familienaam, Margarodidae. Die larwes broei ondergronds uit en sodra 'n wingerdwortel bereik word, word lang, suiende bekdele in die plantweefsel ingesteek en sap uitgesuig.

Vermoedelik word 'n skadelike stof terselfdertyd in die plantweefsel ingespuit wat die groeikrag van die stok só ondermyn dat dit vrek. Die larwe skei 'n harde, glansagtige waslaag af waarmee die hele lyf bedek word en 'n ronde, ovaalagtige sist word gevorm. Dié siste kom in verskillende kleure voor, is so klein as 'n speldekop tot so groot as 'n ertjie en kom net so diep in die grond voor as wat wingerdwortels groei. In dié sist ontwikkel 'n volwasse wyfie wat deur die wand van die sist na buite grawe. Die wyfie lê haar eiers naby wortels en skei wasdrade af om die eiers te bedek en te beskerm. 'n Wyfie kan tot 1 000 eiers produseer. Die plaag kan dus vinnig versprei.

In sy sistvorm kan die insekte jare lank onaktief in die grond bly, maar wanneer gunstige toestande voorkom, word hulle aktief en die siklus gaan voort.

De Klerk sê omdat die meeste boere hierdie insek waarskynlik nie ken nie, word die oorsaak van die simptome dikwels elders gesoek. Die simptome stem taamlik ooreen met dié van filloksera, behalwe dat geen kenmerkende galle op die wortels aangetref word nie. Die eerste simptoom is 'n geleidelike afname in die groeikrag van die wingerd. Die lote raak dunner en korter, die blare kleiner en gekrul en later gaan een of meer arms van die stok dood totdat die hele wingerdstok vrek. Só 'n stok kan binne vier jaar vrek.

Skade kom gewoonlik aanvanklik kol-kol voor, maar dié kolle brei geleidelik uit namate die insekte versprei. Dikwels kom swakker kolle nie voor nie, maar die hele wingerdblok begin simptome daarvan toon.

De Klerk sê die siste wat op wortels voorkom, is maklik uitkenbaar as ronde knoppe wat met die hand verwyder kan word, en kom reg deur die jaar voor. As sulke siste stukkend gemaak word, gee dit 'n geel vloeistof af. Siste word ook gevind in grondmonsters wat naby wingerdwortels geneem is en gesif word.

Wyfies wat uit die siste ontwikkel, word maklik in die grond raakgesien. Hulle is gelerig, wissel in grootte en lyk baie soos bosluise, terwyl die voorpote opmerklik groter is as die ander pote. Die spesies wat in Mpumalanga- en Oranjerivier-gebied voorkom, beweeg na die grondoppervlakte vir paring en kan dan baie maklik bo-op die grond waargeneem word en wel tydens Augustus. Die spesies wat in die ander dele van die land voorkom, plant voort sonder paring en die wyfies kan slegs diep in die grond in Desember-Januarie gevind word.

De Klerk sê die siste kan nie beweeg nie, maar die wyfies is goed aangepas om in die grond van een stok na 'n ander te beweeg.

Wat veral vir hom onrusbarend is, is dat dit lyk asof margarodes besig is om vinnig toe te neem, en ook uit te brei na dele waar dit voorheen nie voorgekom het nie. Die belangrikste bron van verspreiding binne 'n wingerdblok, asook van een blok na 'n ander, is deur grondbewerkingsimplemente wat die insek in alle stadia kan versprei.

In alle stadia van die insek se lewe kan dit ook deur water versprei word - veral vloedwater kan dit letterlik van een plaas na 'n ander neem. So is die besmette wingerde in die Olifantsrivier-besproeiingsgebied in die Wes-Kaap meestal langs die rivier. Dieselfde geld vir wingerde langs die Oranjerivier.

Geen middel beskikbaar

Geen chemiese middels is vir die bestryding van margarodes geregistreer nie, sê dr. André de Klerk. Die probleem is dat die insek in sy sist-stadium met die harde omhulsel baie goed bestand is teen chemiese middels. Dit kom ook dieper in die grond voor as wat die meeste middels kan indring. Larwes kom ook diep voor en is net vir kort tye sonder die harde waslaag. Wyfies neem nie kos in nie en is meestal diep onder die grond.

Siste kan ook vir lang periodes onaktief in die grond lê wat boere sal dwing om middels - wanneer dit dalk beskikbaar raak - dus vir 'n paar jaar agtereenvolgens aan te wend.In die stadium is daar ook nog geen weerstandbiedende onderstok bekend wat teen die plaag gebruik kan word nie.

Opnames in die Malmesbury-gebied het getoon dat margarodes drie van die beste filloksera-weerstandbiedende onderstokke totaal vernietig het - naamlik Richter 99, 101-14 en Rupestris du Lot.

Dit het aan die lig gekom dat margarodes beter voortplant in droë toestande, maar voortplanting word nie in vloedbesproeiingsgebiede gestuit nie. In sy siststadium is die insek ook baie bestand teen ongunstige toestande, selfs teen die "versuipingstegniek".

Op plase wat erg besmet is, is al geprobeer om deur middel van grondbewerking die siste te vernietig, maar al wat dan in werklikheid gebeur, is dat die besmette kol groter geword het, sê De Klerk. Hy sê dit moet aanvaar word dat besmetting skynbaar permanent is, en dat besmette grond vir altyd ongeskik kan wees vir ekonomiese wingerdverbouing.

In laboratoriumtoestande is bevind dat die siste sonder enige voedsel of water tot vier jaar lewend kan bly en dan steeds tot volwasse wyfies kan ontwikkel. Dit is ook bevind dat margarodes ook op ander meerjarige gewasse en onkruide kan aanteel waar wingerde voorkom. Al waarop nou gehoop kan word, is dat van die nuwer chemiese middels wat op die mark kom, dalk effektief kan wees.

'n Navorsingsprojek oor die chemiese bestryding word in die Oranjerivier-gebied deur De Klerk uitgevoer met gedeeltelike finansiering deur Winetech, Droëvrugte Tegniese Dienste en Karsten Boerdery. Intussen kan die boer sorg dat alle stresfaktore waaraan die wingerd uitgelewer kan wees, verminder word.

Waak teen oor- of onderbesproeiing en aalwurms, voorkom die verspreiding van margarodes deur trekkers en implemente wat in 'n besmette gebied gebruik is, deeglik af te spuit voordat dit na onbesmette gebiede teruggaan, en monitor die moontlike voorkoms van margarodes in die grond voordat nuwe wingerd geplant word. Veel meer as dit kan nie gedoen word nie, sê hy.

7 April 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.24
+1.7%
Rand - Pond
21.18
+0.7%
Rand - Euro
18.21
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.73
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+1.5%
Goud
1,795.61
-0.2%
Silwer
23.02
-0.6%
Palladium
1,916.37
+0.9%
Platinum
1,027.67
+0.8%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,274
+1.5%
Alle aandele
75,414
+1.5%
Hulpbronne 10
75,216
+1.6%
Industriële 25
92,485
+1.0%
Finansiële 15
15,832
+2.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Flambojante Groen oog boerenooi
Ek is n passievolle optimis, romanties, n hart vir mense, weet wat ek wil he, ek is nie n opsie maar n prioriteit, goedversorg, hou van lag, soms n malkop maar kan ook ernstig...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot