AFGRI
BEAN
07 Des
-
9386
36,00
CORN
07 Des
-
4398
-51,00
SOYA
07 Des
-
9034
-10,00
SUNS
07 Des
-
10415
-85,00
WEAT
07 Des
-
6657
3,00
WMAZ
07 Des
-
4820,2
-29,80
YMAZ
07 Des
-
4750
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Oop hidroponiese stelsel 'n fyn wetenskap

Groot sukses kan met Martinez se oop hidroponiese stelsel op swakker grond en met water van 'n swak gehalte behaal word. 'n Mens moet net weet hóé.

Jong bome ontwikkel vinniger, nuut gevestigde boorde kom gouer in drag en 'n boer kan 'n groter oes van beter gehalte verwag as water en voedingstowwe volgens die plant se gebruikspatroon regstreeks aan die wortels toegedien word.

Dié besproeiings- en voedingstelsel waarmee 'n boom of plant se fisiologiese eienskappe volgens sy fisiologiese stadium gemanipuleer word, is die wese van Martinez se oop hidroponiese stelsel. "Dit is 'n totale benadering, waar na die plant in sy geheel gekyk word, nie net na kunsmis en water nie," sê mnr. Tienie du Preez, eienaar-konsultant van ACI (Agricultural Consultants International) op Stellenbosch.

Van die belangrikste grondbeginsels van dié stelsel, wat mnr. Du Preez as 'n "fyn wetenskap" beskryf, is om te probeer besproei volgens die plant se watergebruikspatroon en voedingselemente toe te dien volgens dít wat die plant in 'n spesifieke fisiologiese stadium nodig het. Dit word gedoen deur 'n gebalanseerde oplossing van voedingselemente regstreeks aan die wortels toe te dien.

Om onbeheerbare chemiese reaksies uit te skakel, moet daar die minimum kontak met die grond wees. Die samestelling van voedingselemente moet chemies en elektrochemies gebalanseer wees sodat elke element vinnig opgeneem word en reguit beweeg na die plek waar dit nodig is en energie sodoende bespaar word.

Sedert prof. Rafael Martinez-Valero dié stelsel in 1987 in Spanje begin ontwikkel het, is groot sukses reeds in Suid-Afrika, Australië, Suid- en Noord-Amerika, Spanje en Marokko daarmee behaal.

Vir die suksesvolle toepassing van die stelsel word gespesialiseerde kennis van die fisiologie van die boom of plant wat besproei word, vereis. Die konsultant moet weet watter chemiese reaksies in die plant of boom plaasvind, wat die rol van water in die plant of boom is en wat die uitwerking van water en voedingselemente op die hormoonstelsel daarvan is. Daarbenewens moet hy weet watter elemente en konsentrasies toegedien moet word om ensieme te stimuleer om sekere reaksies in die plant aan die gang te sit.

"Gedurende elke fisiologiese stadium van die plant se groeisiklus word iets baie spesifiek gedoen," sê mnr. Du Preez. Vir 10 dae tot 30 dae vanaf blomtyd vind seldeling byvoorbeeld plaas. Die gedagte is om dán geleenthede vir maksimum seldeling te skep deur die regte kombinasie van voedingselemente toe te dien.

Andersyds is die laaste twee tot drie weke voor oestyd baie belangrik vir kleurontwikkeling by gekleurde kultivars, soos sitrus, druiwe, perskes, pere en appels. " 'n Mens wil dan alle ensieme wat kleurontwikkeling bewerkstellig, met byvoorbeeld fosfaat vermeerder."

Omdat sekere aspekte van die oop hidroponiese stelsel so ingewikkeld is, kan omskakeling na die stelsel kwalik sonder die hulp van 'n konsultant aangepak word. "Die boer moet in sy denke wegbeweeg van konvensionele besproeiing en leer om water toe te dien volgens die plant se behoefte. Hy moet leer om hidroponies te dink."

Mnr. Du Preez sê hoewel dit sy ervaring is dat die eerste drie maande 'n geweldige leerkurwe vir die boer en sy werkers is, kan goed opgeleide werkers die stelsel binne maande baasraak.

Vir die oorskakeling van 'n ou boord na 'n oop hidroponiese stelsel, of die vestiging van 'n nuwe boord met 'n oop hidroponiese stelsel, word 'n omvattende beplanningsproses gevolg wat tot agt maande kan duur.

Een van die voorvereistes vir die doeltreffende werking van die stelsel is dat die besproeiingstelsel volgens die hoogste standaarde ontwerp moet wees om dwarsdeur die dag in die plant se behoefte te voorsien. "Die produsent moet seker wees dat elke boom presies dieselfde hoeveelheid water kry."

Oor die samestelling van die voedingsmengsel hoef die boer hom nie te kwel nie - dít is immers waar die konsultant sy grootste bydrae lewer, sê mnr. Du Preez. "àl wat die produsent hoef te doen, is om die water te bestuur deur te besproei volgens die plant se waterverbruikspatroon."

Dit is belangrik om betyds te begin beplan, verkieslik in die winter. Teen die volgende herfs, in die ná-oesperiode, kan die stelsel in werking gestel word. Volgens mnr. Du Preez kan 'n mens enige tyd van die jaar met die stelsel begin, maar in die herfs is die risiko vir foute of skade die kleinste. "Dit gee die boer 'n geleentheid om 'n bietjie te oefen sodat knelpunte vóór die nuwe seisoen reggestel kan word."

Soos met die meeste suksesvolle stelsels in die landbou, is daar nie 'n resep vir 'n oop hidroponiese stelsel nie. "Elke boer, plaas en boord is uniek en dit neem sowat drie jaar om die stelsel vir 'n spesifieke plaas te vervolmaak."

Mnr. Du Preez sê hulle doen heelparty ontledings in die eerste drie seisoene. Blaar-, vrug-, sap- en skilontledings, asook trosontledings in die geval van tafeldruiwe, is volgens hom deel van die proses om die plant te leer ken en te weet hoe dit gaan reageer.

"Om te meet, is om te weet, en dis ongelukkig waar baie boere oor jare foute gemaak het." Gereelde noukeurige meting beteken egter nie dat die boer minder in sy boord moet kom nie. "Ons forseer hom terug boord toe. Omdat hy elke dag aandag aan die monitor en skedulering van water gee, of die vruggrootte meet, is hy elke dag in die boord."

Verder kan iemand wat die stressimptome van 'n vrugteboom ken, aan die hand van die blaarkleur, die blaargrootte en die aantal vrugte aan die boom gou sien of die bome onder spanning verkeer. "Die sukses van die stelsel lê juis daarin dat die boer na die boord teruggeroep word."

By 'n oop hidroponiese stelsel maak grondtipe nie 'n groot verskil nie. Volgens mnr. Du Preez werk die stelsel juis beter in sanderige grond omdat beter beheer oor die plant moontlik is. In swakkerige grond, met beperkings op 'n vlak diepte, sal die plant se wortels nie baie diep groei nie, wat 'n voordeel is.

Die stelsel kan minder suksesvol wees in 'n gebied wat baie reën in die somer kry. "Die feit dat die voordeel van reën verloor word en reënwater nie benut kan word nie, is een van die nadele van die stelsel. Juis daarom werk dit die beste in woestyntoestande."

Martinez se oop hidroponiese stelsel sal vir enige gewas werk omdat dit 'n wetenskaplike basis het en 'n deeglike kennis van die plant se fisiologie vereis. In Suid-Afrika is sitrus die suksesvolste, bloot omdat dit tot dusver die meeste aandag gekry het. Daarna volg steenvrugte, tafeldruiwe en ander sagtevrugte. Mnr. Du Preez sê wyndruiwe is waarskynlik die gewas waarop dit die moeilikste is om die stelsel goed te laat werk. Een van die redes is dat daar bykans 2 000 terpene (koolwaterstowwe (alkohole) in druiwe wat verantwoordelik is vir wyn se primêre geur) is waaruit die geurstowwe in wyn saamgestel kan word. "Voor ons nie dié fisiologie verstaan nie, kan ons dit nie laat werk nie."

Gevestigde boorde wat vir jare onder konvensionele besproeiingstelsels was, kan na die oop hidroponiese stelsel omgeskakel word. Mnr. Du Preez sê van hul grootste suksesse met dié stelsel was juis met boorde wat omgeskakel is.

Waar die stelsel gedurende die omskakeling van boorde wel 'n boer en konsultant kan laat kopkrap, is in gevalle waar die verspreiding van water nie na wense is nie. Dit is byvoorbeeld waar 'n besproeiingstelsel vroeë én laat kultivars moet bedien, of waar rooi appels én groen appels afwisselend in dieselfde boord staan. Volgens mnr. Du Preez is dit nie 'n onoorkombare probleem nie. "Dit is dikwels meer van 'n logistieke en kosteprobleem as 'n tegnologiese probleem."

Hy sê die tegnologie (chemiese mengsel) is duur. "Die kunsmisrekening is hoër omdat chemikalieë van gehalte gebruik word en alle essensiële elemente toegedien word. Niks word uit die grond gebruik nie."

Die rekenaar-inspuittoerusting en besproeiingstelsel is egter standaard. Die koste word verhaal deurdat jong bome gouer in drag kom, daar 'n hoër vrugteproduksie en beter vruggehalte is, asook deur kostebesparings aan minder blaarvoeding en arbeid. Verder word kontak met gevaarlike chemikalieë uitgeskakel.

Voordele in SA behaal

Die belangrikste voordele wat

hy die afgelope vyf jaar in Suid-Afrikaanse boorde onder die oop hidroponiese

stelsel waargeneem het, is volgens mnr. Tienie du Preez die

volgende:

Jong bome ontwikkel vinniger en nuwe boorde kom gouer in drag

omdat elke boom so goed met die regte voeding ondersteun word.

Die oes is

groter en vrugte is meer eenvormig, met 'n afname in alternatiewe drag.

Met

die oop hidroponiese stelsel is vruggrootte beter, sonbrand minder en kleur,

hoewel marginaal, tog ook beter.

Skilgehalte en 'n langer raklewe is

gewaarborg.

Die bykans normale benutting van baie brak en ongebalanseerde

waterbronne is moontlik. "Dis 'n fantastiese konsep. Die bome of plante groei

omdat voedingstowwe chemies gebalanseer word en nadelige elemente, soos natrium

en chloor, chemies geblokkeer word." 'n Verdere voordeel is dat elemente wat in

die onverrykte water is, ook benut kan word.

Die goeie behoud van suiker en

sure is moontlik.

Phytophtera kan feitlik geheel en al uitgeskakel

word.

Die toepassing van die oop hidroponiese stelsel vergemaklik die

bestryding van aalwurm en sekere ander plae.

Die stelsel haal die raaiwerk

uit plantvoedingsprogramme.

'n Groter wins word behaal ondanks groter

uitgawes aan tegnologie en kunsmis.

Gerekenariseerde laboratorium in 'n

tenk

Die voedingsmengsel, soos voorgeskryf deur 'n konsultant, en wat in twee of meer tenks gemeng word om neerslag te verhoed, bevat alle noodsaaklike elemente in chemiese balans, sê mnr. Tienie du Preez.

'n Rekenaarprogram en mengtoestel beheer die pH en geleiding van die mengsel, asook die tempo waarteen chemikalieë in elke kubieke meter water ingespuit word. Die tempo waarteen chemikalieë in die verskillende voedingsmengsels per fisiologiese fase ingespuit word, word vooraf geprogrammeer.

Water en voedingstowwe word deur 'n drupbesproeiingstelsel aan die wortels toegedien teen die koers waarteen die plant dit gebruik.

'n Holte onder elke drupper word gevul met kompos, sand en kompos, verrotte strooi of veen. Dit forseer die boom om 'n "mat" van fyn voederwortels naby die grondoppervlakte, waar daar baie suurstof is, te vorm. Die voedingsoplossing word by die wortels toegedien.

"Om energie te bespaar, probeer 'n mens ook om die water so na moontlik aan die stam gee."

Indien die verrykte water egter toegelaat word om die grond onder die wortels binne te dring, sal die voedingsoplossing met die grond reageer en die uitwerking van die chemiese en elektrochemiese balans sal verlore gaan. Water word deur die dag toegedien volgens die boom of plant se waterverbruik. In die oggend, wanneer dit koel is en die plant min water nodig het, word die minste water toegedien. Oor die middag moet meer water toegedien word om aan die plant se groter behoefte te voldoen. "Die ideaal is om nie te puls nie," sê mnr. Du Preez. As die toediening van water gestaak word, kan die grond die voedingsoplossing buffer sodat die oplossing die pH van die grond aanneem en die oplossing nie meer beheer kan word nie. 19 September

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.17
+0.9%
Rand - Pond
20.93
+0.5%
Rand - Euro
18.04
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,782.03
+0.6%
Silwer
22.67
+2.1%
Palladium
1,847.72
-0.2%
Platinum
1,005.00
+1.4%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot