AFGRI
BEAN
01 Feb
-
9790
-69,00
CORN
01 Feb
-
4566
-91,00
SOYA
01 Feb
-
9580,2
-19,80
SUNS
01 Feb
-
11295
265,00
WEAT
01 Feb
-
6770
-12,00
WMAZ
01 Feb
-
4360
-80,00
YMAZ
01 Feb
-
4440
-81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Ooste dalk opsie vir tafeldruiwe

Suid-Afrikaanse uitvoerders van tafeldruiwe sal dringend na nuwe markte moet kyk, want geleenthede vir groei in die Europese mark word al hoe minder.

Suid-Afrikaanse uitvoerders van tafeldruiwe sal dringend na nuwe markte moet kyk, want geleenthede vir groei in die Europese mark word al hoe minder.

Suid-Afrikaanse tafeldruifprodusente wat hul produksie hoofsaaklik op die uitvoermark gerig het, word deur 'n vinnig naderende krisis bedreig. Die Europese Unie (EU), waarby Brittanje - Suid-Afrika se belangrikste mark - ingesluit is, hou maar min geleenthede vir groei in.

Só sê mnr. Riël Malan, voorsitter van die Paarlse vrugte-uitvoermaatskappy Fruits Unlimited, wat verlede jaar gestig is om produsente groter beheer oor hul uitvoerprodukte te gee.

Dié maatskappy het ná die afgelope tafeldruifseisoen 'n strategiese beoordeling van die mark gedoen en grond hierdie standpunt op verskeie faktore, onder meer op die EU se lae ekonomiese groeikoers van 0,6 % verlede jaar en 'n bevolkingsgroei van 1 %.

Mnr. Malan sê die mark is oorvoorsien en dit veroorsaak prysskommelings. Weens dié oorvoorsiening verkoop Europese supermarkte, wat 'n baie sterk houvas op die mark het, druiwe teen afslagpryse.

Dit laat Suid-Afrikaanse uitvoerders met 'n groot uitdaging. Tans gaan 60 % tot 70 % van die land se druiwe na die EU. Baie kultivars het geen ander markte nie. Indien die Bergrivier- en die Oranjerivier-gebied albei normale oeste het, kan dit tot 'n pryskrisis lei.

Mnr. Malan reken dat plaaslike boere nog 10 tot 20 jaar van Europa afhanklik sal wees, maar dat produsente groot veranderinge sal moet maak.

Daar is twee moontlike oplossings. Die eerste, wat veral vir die tradisionele markte van belang is, is om produkte tot handelsname te "omskep". Suid-Afrikaanse tafeldruiwe moet uitstaan as produkte van baie hoë gehalte in wat in werklikheid 'n kommoditeitsmark is. Handelsname moet in 'n sekere mate "kultusstatus" verkry.

Die tweede, meer volhoubare oplossing, is dat die bedryf homself moet rig op die nuwe ekonomieë, soos China en Indië, en op die Asiatiese mark in die algemeen moet konsentreer.

Mnr. Malan sê China, met sy meer as 1,2 miljard mense, het 'n ekonomiese groeikoers van 8 %, wat na verwagting eers teen 2006 sal begin afneem. Indië het meer as 900 miljoen mense en kan 'n volgende China word. Lande soos Thailand, Viëtnam en Maleisië hou ook potensiaal in.

Tog gaan minder as 10 % van Suid-Afrika se tafeldruiwe na Oosterse markte. Mnr. Malan skryf dit toe aan kultuurverskille en die Oosterlinge se benadering tot besigheid. Goeie verhoudinge is vir hulle van groot belang. "Verbruikers het baie spesifieke vereistes en verwagtings en ken vrugte. Hulle soek die beste."

Mnr. Malan sê die volgende vier tot vyf jaar sal moeilik en uitdagend vir die lande se uitvoerders in hierdie mark wees, maar daar is groot geleenthede. Een ligpunt is dat, anders as in Europa, supermarkte minder as 5 % van die mark beheer.

Fruits Unlimited sê al wat Suid-Afrikaanse uitvoerders die afgelope seisoen in die EU-mark gered het, was dat die Bergrivier-gebied se produksie 50 % laer was. 'n Rekordvolume van 42 miljoen 4,5 kg-kartonne is aan Europa gelewer, danksy die Oranjerivier-gebied se rekordopbrengs van 14,5 miljoen kartonne.

Die seisoen het aanvanklik goed begin vir swart pitlose kultivars, wit pitlose kultivars en Red Globe. Goeie verkope en pryse is in Januarie aangeteken.

In Februarie het onsekerheid oor die euro verkope byna tot stilstand gebring. Die somerreën in die Bergrivier-gebied het gehalteprobleme veroorsaak en Britse supermarkte het beduidende hoeveelhede druiwe verwerp. Die Oranjerivier-gebied se produksie het laat in die seisoen op die mark gekom. Europa is oorstroom met wit pitlose kultivars en pryse het gevolglik gedaal.

Mnr. Leonard Mead, besturende direkteur van Fruits Unlimited, sê Britse supermarkte verminder hul verskaffers en het streng riglyne oor gehalte.

Hy sê die Britse mark kan net 600 000 tot 800 000 kartonne per week hanteer. Uitvoerders sal vroeër aan dié mark moet lewer as hulle hoop om goeie pryse te behaal.

Volgens mnr. Mead is daar nog geleenthede vir groei in Suid-Europa, wat lande soos Spanje, Italië en Griekeland insluit, al produseer dié streek self tafeldruiwe. Daar is ruimte vir meer leweransiers omdat supermarkte se houvas nie so sterk is soos elders op die kontinent nie.

Fruits Unlimited sê sy uitvoervolumes na lande in die Verre-Ooste was die afgelope seisoen bogemiddeld groot. Suid-Afrika het in totaal 2,5 miljoen kartonne aan hierdie mark gelewer. Die kultivars Victoria, Superior, Red Globe, La Rochelle en Bonheur is aan lande soos China (Hongkong ingesluit), Indonesië, Singapoer en Taiwan gelewer. Die gehalte van die druiwe was goed.

Mnr. Malan sê net ekstra-groot en jumbogrootte korrels is vir dié mark aanvaarbaar. Korrels moet nog hul waas op hê en moet ewe groot wees. Red Globe het goed gevaar, maar korrels moet groter as 27 mm, ewe groot, ferm en kraakvars wees en die regte kleur hê.

Volgens mnr. Malan het Superior goeie potensiaal vanweë die grootte en fermheid van sy korrels. Die mark vir Bonheur met sy ekstra-groot korrels is uitstekend. Victoria is 'n nuwe kultivar wat veral goeie potensiaal voor die begin van die Chinese nuwe jaar het.

Die kultivar La Rochelle het egter swak gevaar en loop gevaar om sy mark te verloor, omdat verbruikers die smaak as "suur" beskou. Die korrelgrootte was ook onegalig.

Mnr. Mead sê die Midde-Ooste was die afgelope seisoen 'n verrassend goeie mark vir Fruits Unlimited. Die maatskappy het 'n groot, betroubare ontvanger vir sy tafeldruiwe en min gehalteprobleme gehad. Pryse was deurgaans stabiel. Plaaslike produsente het In totaal 1,15 miljoen kartonne na lande soos Saoedi-Arabië, Jordanië en Koeweit uitgevoer. 'n Negatiewe siening van die gehalte van Suid-Afrikaanse druiwe is egter geskep deur ander uitvoerders wat swakker druiwe as RSA Klas 1 aan die mark gelewer het. Mnr. Mead glo nogtans dat Fruits Unlimited 'n belowende toekoms het. 24 Mei 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+2.1%
Rand - Pond
21.06
+1.8%
Rand - Euro
18.72
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.16
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
1,004.13
-0.8%
Palladium
1,669.69
+1.3%
Goud
1,949.52
+1.1%
Silwer
24.00
+1.1%
Brent-ruolie
85.46
+1.1%
Top-40
73,723
+0.4%
Alle aandele
79,817
+0.4%
Hulpbronne 10
75,130
-0.9%
Industriële 25
102,508
+0.2%
Finansiële 15
16,555
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Prinses Kosmos soek haar Prins Kakiebos💕
Kreatief en vriendelik, hou van die see son. en gesond leef dis altyd lekker in die buitelig, maar as daar gewerk word is dit eerste. 100% is my moto. Lief vir Mense en diere....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot