AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6581
0,00
CORN
18 Okt
-
3054
0,00
SOYA
18 Okt
-
7157
0,00
SUNS
18 Okt
-
10572
0,00
WEAT
18 Okt
-
5771
0,00
WMAZ
18 Okt
-
3178
0,00
YMAZ
18 Okt
-
3300
0,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Opbergingsvermoë kan in makadamias se guns tel

akkreditasie
Foto: Jasper Raats
Foto: Jasper Raats
Suid-Afrikaanse produsente het pas begin om die eerste makadamias van die 2020-seisoen te oes en vroeë aanduidings is dat dit ’n effe groter oes as in 2019 gaan wees, maar dit gaan gepaard met ’n uiters onsekere markomgewing waar niemand kan sê hoe die bemarkingseisoen gaan uitspeel nie.

Me. Renate Claassen-Zöller, ’n bestuurder by die Duitse vrugtemaatskappy Sunnyday GmbH in Wermelskirchen, het vroeër aan Freshplaza gesê verbruikers koop voedsel met ’n langer raklewe in moeilike tye soos hierdie. Sy bevestig dat die maatskappy se verkope dit tans weerspieël. Dié verwerkings-en-groothandelmaatskappy vir droëvrugte en neute beleef tans ’n toename in vraag na neute en droëvrugte in die kleinhandel.

Kommer oor bestanddele

Mnr. Allen Duncan, uitvoerende hoof van Green Farms Nut Co. in Witrivier, sê sy maatskappy is versigtig om ooroptimisties of oorversigtig te wees oor die seisoen wat pas begin het. Hy stem saam dat daar ’n groter vraag na neute kan wees onder verbruikers wat skielik by die huis bly en gesonder wil eet. Hy hoop dat makadamias sal baat vind by dié neiging, maar Duncan is tog bekommerd oor die mark vir kleiner en gebreekte neute.

“Verbruikers wat neute koop om tuis te eet, koop groter, gedopte neute of ongedopte neute in die geval van die Verre-Ooste. ’n Groot deel van die makadamiabedryf verskaf kleiner neute en neutkrummels aan die mark vir bestanddele en vir die voedseldienstebedryf.”

Duncan sê dit is vir hom onmoontlik om te voorsien hoe Covid-19 se impak die mark oor die volgende jaar gaan beïnvloed. Daar word byvoorbeeld makadamiastukkies gebruik in koekies wat deur die Amerikaanse Subway-restaurantgroep en by lughawens reg oor die wêreld verkoop word. “Baie Subway-winkels reg oor die wêreld is tans toe en ons weet nie hoe gou hulle weer gaan oopmaak nie. Ons weet ook nie hoe die koronavirus passasierlugvaart op lang termyn gaan beïnvloed nie.”

Hy meen die opbergingsvermoë en raklewe van neute tel in die makadamiabedryf se guns.

Kan wag vir kurwe

Mnr. Francois Vos, ’n makadamiaboer van Barberton en aandeelhouer in die verwerkings-en-uitvoermaatskappy Global Macs by Nelspruit, is optimisties oor die seisoen wat voorlê.

“Ons was aanvanklik bekommerd, maar as mens na China kyk, is die lewe daar besig om terug te keer na ’n mate van normaal toe. Fabrieke, besighede en selfs ontspanningsoorde is stadigaan besig om weer deure oop te maak,” sê Vos.

Hy verwag egter dat verkope vir die volgende twee maande nie watwonders sal wees nie. Die mark vir ongedopte neute gaan na sy mening eers werklik teen middel Mei begin verbeter en vir gedopte neute selfs bietjie later. Hy wys egter daarop dat Suid-Afrika in elk geval nie so vinnig soos gewoonlik sal kan uitkraak en verwerk as ander jare nie, omdat minder mense op ’n slag in aanlegte kan werk.

Vos sê hoe meer hy kyk na neigings in lande waar die besmettingskurwe aan die afplat is, hoe meer voel hy gerus oor vanjaar se makadamia-oes. “Ons uitvoer en verkope gaan dalk eers later in die jaar ’n hoogtepunt bereik, maar anders as met vars produkte en sagte vrugte plaas ons produk ons in ’n gunstige posisie om te kan wag.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.69
-0.6%
Rand - Pond
20.17
-0.3%
Rand - Euro
17.01
-0.3%
Rand - Aus dollar
10.87
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,764.35
-0.2%
Silwer
23.24
-0.3%
Palladium
2,076.50
+0.1%
Platinum
1,060.00
+0.1%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
0.0%
Alle aandele
67,029
0.0%
Hulpbronne 10
64,347
0.0%
Industriële 25
84,819
0.0%
Finansiële 15
13,961
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewe is kort, maak die beste daarvan
Geen besonderse rede, smeer niemand botter om die bek. Ek is maar net ek. Kom se hello en vind self uit.
Wonder oor die lewe
Ek is baie stil en n introvert tot jy my beter leer ken dan kan ek jou ore van jou kop af gesels. Ek probeer meeste van die tyd positief wees en is groot gemaak met die gesegde...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot