AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9714
0,00
CORN
29 Mrt
-
4671
0,00
SOYA
29 Mrt
-
8192
0,00
SUNS
29 Mrt
-
8660
0,00
WEAT
29 Mrt
-
6654
0,00
WMAZ
29 Mrt
-
3990
0,00
YMAZ
29 Mrt
-
4053
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Organiese sure red wingerd

Kenners het min hoop gehad vir 'n blok jong wingerd wat swaargekry het onder die aanslag van wit- en swartbrak. Humate en fulvate was die reddingsboei wat dié blok deurgetrek het.

Op die plaas Na-die-Oes, naby

Bonnievale, het brak grond 'n

blok jong Shiraz erg geknou.

Dié wingerd "was nie meer lus

vir groei nie", volgens mnr. Josua Coetzee,

plaasbestuurder.

Kenners en 'n voorligtingsbeampte het

hulle eintlik aanbeveel om nie wingerd teen

Skoolkop te plant nie, maar Coetzee-hulle

wou graag die maksimum produksie uit

die plaas pers.

"Ons het besluit om die kans te waag en

het in Augustus 2005 die wingerd (van sowat

4,5 hektaar) gevestig."

Kalk en gips is in oorleg met die kunsmismaatskappy

ingesit, "maar ná net ses

maande kon ons sien hier is fout".

Weens die ho&euml persentasie natrium(8 %)

was die wit- en swartbrak kwaai op die

stokkies. Hulle het gedink die blok is verlore.

Die verdigting van die grond het ook

gelei tot swak wortelontwikkeling, wortelvrot,

swak of geen opname van voedingstowwe

en geen vogbeheer nie.

"Toe kom Danie op die regte tyd op die

regte plek aan," sê Coetzee.

Mnr. Danie Pienaar van Terra Kaap Liquids

glo in die organiese integrasie van

landbougewasse. Dit beteken 'n gewas

word verbou met een doel voor o&euml: Om

in die totale behoefte van die plant en die

omgewing waarin dit groei, te voorsien. Hy

glo ook voed die grond, en die grond sal die

plant voed. Dit word gedoen met organiese

sure, soos humien-, fulvien- en aminosure.

Organiese sure is saam met organiese inhoud

die bestanddele van humus.

Grond met humus het 'n donkerbruin

kleur, 'n krummelstruktuur en 'n ho&euml waterhouvermo&euml.

In die grond stimuleer en verbeter humus:

  • Mikrobe-aktiwiteit.

  • Die beskikbaarheid van minerale en elemente.

  • Die beskikbaarheid van stikstof (met tot

    25 %).

  • Die grondstruktuur.

  • Die vermo&euml van die grond om vog te bestuur.

    Pienaar se plan van aksie om die Shiraz

    te red,was om die natriumvlakke te verlaag

    en die grond te deurlug.

    "Die eerste ding was om met die regstelling

    van die brakheid te begin," sê hy oor

    die humaatbehandeling wat toegepas is.

    "Die grond was geweldig verdig. AminoStim

    - een van die elemente om verdigting

    op te breek - is vir beter belugting gebruik

    sodat die grond se voghouvermo&euml en

    wortelontwikkeling kan verbeter."

    'n Sink-aanvulling is gedoen en die

    kunsmisprogram reggestel. Sowat 4 liter

    fulviensuur per hektaar is saam met die

    kunsmis toegedien vir die beter opname

    daarvan.

    "Die resultaat? Ons het basies die blok

    gered," sê Pienaar.

    "Dit maak my tevrede dat ons die grond

    se pH kon lig van 5,4 na 6,8. Die natriuminhoud

    het afgeneem van 8,03 % tot net

    4,48 %. Die digtheidsweerstand het met

    50 % verbeter."

    Dié veranderinge kon reeds in 'n grondontleding

    van September 2006 gesien

    word.

    Coetzee sê hy sal vanjaar die eerste oes

    van dié blok Shiraz kan afhaal - iets wat hy

    'n paar maande gelede nooit kon gedroom

    het sou gebeur nie.

    Bogenoemde beginsels word nou met

    sukses op ander wingerdblokke, weiding,

    mielies en appelkose op die plaas toegepas.

    Humiensuur word uit steenkool onttrek

    en fulviensuur kom uit sekere komposvormende

    plantmateriaal.

    "Humiensuur is die een wat tussen die

    kleiplate van die grondstruktuur ingaan.

    Humiensure maak kunsmis sowat 60 %

    beter opneembaar vir plante.

    "Fulviensuur word in chelaatvorm gebruik

    en bring alle voedingselemente in die

    regte vorm sodat die plant dit makliker kan

    opneem.Dit het 'n lae pH(1,5 tot 2,5) en die

    koolstofinhoud is 47 % tot 50 %."

    Fulviensuur word gewoonlik saam met

    kunsmis toegedien. Die funksie daarvan is

    om die kunsmis en watermolekules beter

    te bind. Dit maak ook die kunsmis vir die

    plantmeer organies aanvaarbaar.

    Pienaar sê die gebruik van organiese

    sure kan 'n boer R775 tot R1 000 per hektaar

    per seisoen kos, na gelang van die boord se

    behoeftes.

    Maar dié uitgawe word maklik geregverdig met

    die volgende voordele:

  • Die blok Shiraz het sowat R100 000 gekos

    om te vestig. Sou die boer dit moes uithaal,

    was die geld in die water gegooi.

  • Afloopwater is bykans iets van die verlede.

    Danksy die grond se beterwaterhouvermo&euml

    mors die boerdery minder water - 'n

    voordeel vir die omgewing én die beursie.

  • Die goeie haarwortelontwikkeling (wat 'n

    mens in die pro.elgate kan sien) help die

    wingerdmet voedselopname.

    "Hierdie blok is gered deur die behandeling

    met organiese sure. Dit het die boer

    duisende rande gespaar en 'n goeie, gesonde

    blok is besig omte ontwikkel."

    Pienaar sê hul uitdaging was om 'n gesonde

    plant te skep.

    "Dit is 'n plant wat stres beter hanteer

    sodat dit siektes beter kan weerstaan en

    minder vatbaar vir plae is.Die doel was ook

    omdie produksiekoste af te bring."

    Grond het baie verbeter

    Sedert daar begin is om 'n blok Shirazwingerd

    op die plaas Na-die-Oes, naby

    Bonnievale, met organiese suur te

    behandel, het die grondstatus soos volg

    verander:

  • Die natriuminhoud beloop sowat 4 %

    teenoor 8 % voorheen.

  • Die pH het van 5,4 tot 6,8 verander.

  • Die kaliuminhoud het van 1,54 % tot

    2,03 % toegeneem.

  • Die kalsiumvlak het van 64,6 % tot

    75,48 % gestyg.

  • Die magnesiuminhoud het van 22,89 %

    tot 18,31 % gedaal.

  • Die weerstand het van 140 ohm

    tot 240 ohm toegeneem. Dit beteken

    deurlugting vind plaas, wat lei tot beter

    wortelontwikkeling, beter sterkhoutontwikkeling,

    beter voedingsopname en

    beter waterindringing (wat dus beter

    vogbehoud tot gevolg het).

    Wat is humien- en fulviensure?


    Humiensure is aromatiese strukture met 'n ho&euml molekulêre massa. Dit bestaan

    hoofsaaklik uit koolstof, suurstof en waterstof. Dit bevat ook karboksielsuur en fenoliese

    funksionele groepe. Humien word gevorm wanneer organiese plantmateriaal (plantreste

    en mikrobes) afbreek.

    Humien is 'n versameling chemiese strukture wat volgens die oplosbaarheid in alkalies

    en sure gede.nieer word. Dit is onoplosbaar in water, behalwe as humate met 'n

    ho&euml pH. Opgeloste humate is verantwoordelik vir die funksie van humiensure.

    Fulviensure is strukture met 'n lae molekulêre massa en bestaan uit koolstof, suurstof

    en waterstof, met karboksiel funksionele groepe. Fulviensure is by alle pH-waardes

    in water oplosbaar. Dit is die groepnaam vir 'n reeks sure, insluitend aminosure, hidroksiesure

    en vetsure.

    Landbouweekblad, 8 Februarie 2008

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.20
    -0.2%
    Rand - Pond
    22.43
    -0.1%
    Rand - Euro
    19.71
    -0.1%
    Rand - Aus dollar
    12.15
    +0.2%
    Rand - Jen
    0.14
    +0.5%
    Platinum
    956.84
    -1.1%
    Palladium
    1,416.84
    0.0%
    Goud
    1,961.52
    -0.6%
    Silwer
    23.10
    -1.0%
    Brent-ruolie
    78.65
    +0.7%
    Top-40
    70,445
    0.0%
    Alle aandele
    76,047
    0.0%
    Hulpbronne 10
    66,460
    0.0%
    Industriële 25
    102,327
    0.0%
    Finansiële 15
    15,628
    0.0%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Kom ons kyk!!
    Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
    Opreg en eerlik
    Eks plat op die aarde, daars baie waarvan ek hou om te doen behalwe enige iets wat met hoogte te doen het, so letterlik plat op die aarde.
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot