AFGRI
BEAN
01 Des
-
9350,4
96,40
CORN
01 Des
-
4553
45,00
SOYA
01 Des
-
10435
134,00
SUNS
01 Des
-
11000,2
-93,80
WEAT
01 Des
-
6875
90,00
WMAZ
01 Des
-
5133
2,00
YMAZ
01 Des
-
4971
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Ouw

'n Vyeboom op die erf is sinoniem met die Suid-Afrikaanse lewenswyse. Tog besef min mense dat daar 'n snelgroeiende mark vir vye bestaan.

Dié Bolandse boer, wat dit aanvanklik net as 'n alternatiewe vrug by sy steenvrugproduksie beskou het, plant nou nóg boorde, want daar is geld te maak uit vye!

Groot vyeboorde is 'n ietwat ongewone gesig in Suid-Afrika, maar in 'n land soos Amerika is reuse-vyeboorde van tot 900 ha nie ongewoon nie. Sowat drie jaar gelede het mnr. George Ochse, eienaar van die plaas Hoogwater, buite Wolseley, besluit hy wil sy perske- en peerboerdery diversifiseer en 'n ander soort vrug hiervoor gesoek.

Hy en sy plaasbestuurder, mnr. Blikkies Kriel, het by ander boere kers opgesteek en op vye besluit, want die produksiekoste het nie te hoog gelyk nie. Voorts het vye ook moontlikhede gebied vir verdere verwerking op die plaas om só waarde toe te voeg. In 2000 het hulle 6 ha vye van die kultivar White Genoa op die plaas gevestig, wat toe die mees algemene kultivar in die land was.

Vyeproduksie leen hom tot twee opsies, naamlik om ryp vye te produseer wat gedroog kan word, en om groen vye te produseer wat vir inmaak en konfyt gebruik word en baie gewild is. In Maart vanjaar is die eerste volwaardige oes van die bome afgehaal, en is tot 500 kg (sowat 10 % van die totale oes) gedroog en bemark. Daarbenewens is sowat 5 000 kg groen vye uit die boord geoes, wat aan 'n maatskappy op Malmesbury gelewer is vir inmaakdoeleindes.

Die boerdery het vanjaar gemiddeld R3/kg — sowat R3 000/ton — vir ryp vye ontvang, terwyl gemiddeld R6/kg, oftewel R6 000/ton, vir die groen vye ontvang is. Die vraag na groen vye is groot, sê mnr. Ochse.

Hy sê vye gee gemiddeld twee oeste per jaar. In Oktober word die groen vye afgehaal. Die grootte van die vye word bepaal deur die snoeiwerk. As geen snoeiwerk toegepas is nie, is die groenvy-oes heelwat groter. As die bome wél gesnoei is, is daar heelwat minder, maar groter vye wat in Maart as ryp vye gepluk word om te droog.

Mnr. Keith Wilson van die maatskappy Alternafruit op Riebeek-Wes sê verskillende groeiwyses word vir verskillende kultivars toegepas. Daar is meer as 750 kultivars wêreldwyd, en snoeiprogramme word dus volgens die kultivar toegepas. In die algemeen word só gesnoei dat 'n stewige raamwerk gevorm word wat eweredig om die hoofstam versprei. Die boom word opgelei om sywaarts en regop tot 'n kelkvorm te ontwikkel. Die middel van die boom word nie oopgehou soos by ander vrugtebome nie. Waar bome in swak grond staan, of as dit met brak water besproei word, word die bome kwaai teruggesnoei om die opbou van soute te voorkom.

'n Spesiale snoeistelsel word op Hoogwater gevolg. Groen vye word grootliks van "ou hout" af geoes. As dit egter uitgesnoei word, stoot die vyeboom nuwe lote uit waaraan die vye vorm wat as ryp vye geoes word. Dit beteken as 'n boom gesnoei word, is die groenvy-oes kleiner en die rypvy-oes groter, en as dit nie gesnoei word nie, word baie meer groen vye afgehaal en minder ryp vye.

In dié stadium word 'n derde van elke boom gesnoei om die jong bome 'n goeie vorm vir die toekoms te gee, asook om te verhoed dat die boom nie te hoog groei nie. Die ideaal is dat vyebome nie meer as 2,5 m hoog word nie, want dit vergemaklik die oesproses, sê mnre. Ochse en Kriel.

Hulle meen ná sowat ses jaar van "reg snoei" behoort die bome hul ideale vorm te hê en in volle drag te wees. Daarna sal net gesnoei word om die drag te manipuleer — min snoei vir meer groen vye, of meer snoei vir minder, maar groter ryp vye. So elke twee tot drie jaar sal dit egter nodig wees vir 'n meer intensiewe snoei om nuwe hout en daarmee saam ook produksie te stimuleer.

Die plan is om in die volgende jaar nóg 5 ha vye van verskillende kultivars te plant.

Mnr. Ochse sê 'n vyeboord verg bykans dieselfde behandeling as enige ander vrugteboord, veral wat aspekte soos water, snoei, grondvoorbereiding en bemesting betref.

Hy gebruik net hoendermis as bemesting in sy boerdery. Dit is nie om noodwendig 'n organiese produk te probeer lewer nie, sê hy, maar omdat hoendermis heelwat langer in die grond bly in vergelyking met ander kunsmissoorte. Gewone kunsmis moet jaarliks ten volle vervang word, maar met hoendermis word jaarliks sowat 75 % vrygestel van dít wat toegedien is, terwyl die ander 25 % steeds in die grond is vir die volgende jaar. Hoendermis laat ook organiese stof in die grond agter wat die gehalte daarvan verbeter.

Wat siektes betref, sê mnr. Wilson rooi spinmyt kan 'n probleem wees en erge besmettings kan veroorsaak dat blare té vroeg afval. Bruinroes kan groei vertraag en vyedopluis is 'n probleem, maar dié plaag word bekamp deur mierbestryding toe te pas. Voorts kan stamboorders veroorsaak dat die boom vrek.

Mnr. Ochse sê hy het in die tyd wat hy met vye te doen het, gevind dat dié gewas baie vatbaar is vir aalwurm, wat sandgrond riskant maak. Wind verniel vyeboorde ook erg.

Vye verkies goed gedreineerde grond, en omdat die wortels nie diep ingaan nie, hoef die grond nie dieper as 600 mm omgedolwe te word om die fosfaat- en spoorelementstatus reg te kry nie. Daar is op Hoogwater gevind dat vye selfs in brak grond goed vaar, hoewel kleierige grond meer ideaal is. Vye is gevoelig vir hoë boor- en natriumvlakke, en die ideale grond-pH vir vyebome is 6 tot 7,5.

Die gemiddelde plantwydte is 5 m by 4 m, of 6 m by 4 m, maar hulle het hul bome 5 m by 3 m uitmekaar geplant om aan te pas by die spasiëring in die perskeboorde. Dit kan só gedoen word omdat hulle hul bome klei-ner hou, sê mnr. Ochse.

Op dié manier is sowat 670 bome per hektaar gevestig. Die bome word gewoonweg — soos enige ander vrugteboom — geplant, waarna dit 500 mm tot 600 mm bo die grond afgesny word om te bepaal presies waar die toekomstige raamwerk gevestig sal word (die sytakke skiet uit waar die jong boompie afgesny is).

Daarna word die boompies vir 'n jaar gelos sodat vier raamtakke stewig kan word. Twee jaar ná vestiging word die raamtakke of -spruite tot twee ogies teruggesny.

Vyebome lewer al van hul eerste jaar af klein oeste, maar dit word bloot verwyder om nie die groei van die boom te strem nie. 'n Vyeboom is ná ses jaar in volle produksie.

In ideale toestande kan vyebome tot 80 ton/ha lewer, maar die normale opbrengs van White Genoa is gemiddeld 30 ton/ha — waaruit R30 000 tot R60 000 gegenereer kan word teen die huidige pryse vir ryp vye en groen vye.

Mnr. Ochse beoog om mettertyd 'n verwerkingsaanleg op die plaas te bou om waarde tot die produk toe te voeg en só ook werkgeleenthede te skep.

Vier verskillende klasse

Vye behoort tot dieselfde familie as die moerbei en die rubberboom, sê mnr. Philip Botma van die LNR se Infruitec-Nietvoorbij-Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn. Die honderde (tot 750) kultivars wêreldwyd word volgens bestuiwingsbehoeftes in vier klasse ingedeel:

  • Klas 1 benodig kruisbestuiwing. Dié bome maak meestal vrugte, maar dit verlep en val af as dit nie bestuif word nie. Hierdie bome produseer ook nie voorvye nie.

  • Klas 2 set hul eerste drag of voorvye sonder bestuiwing, maar vanaf die tweede drag moet bestuiwing plaasvind voordat die vrugte set.

  • Klas 3 benodig geen bestuiwing om vrugte te set nie, en die meeste vyekultivars in Suid-Afrika val in dié klas.

  • Klas 4 is 'n oneetbare soort vy wat net stuifmeel voortbring waarmee die vye in klas 1 en klas 2 bestuif word. Die vyewesp is verantwoordelik vir die oordrag van die stuifmeel.

    Mnr. Keith Wilson van die maatskappy Alternafruit op Riebeek-Wes sê daar is oor die jare sowat 18 vyekultivars in Suid-Afrika geplant, waarvan die bekendstes waarskynlik White Genoa, Adamsvy en Cape White is. Plantmateriaal van dié kultivars is al baie jare lank in die land in omloop.

    Wat betref die nuwe kultivars wat mnr. Ochse in 2004 gaan plant, is 'n paar jaar gelede al besef dat daar 'n goeie mark vir veral tafelvye is. Navorsing en proewe wat in die jare vyftig en sewentig in Suid-Afrika gedoen is, was hoofsaaklik gemik op die droog van vye. Daarom maak White Genoa waarskynlik meer as 90 % van plaaslike vye-aanplantings uit.

    Daar is mettertyd kultivars soos Calimyrna (ook bekend as Sari Lop in Turkye) en Kadota (bekend as Dottato in Italië) uit Amerika ingevoer. Dié twee kultivars vorm vandag die steunpilare van die Amerikaanse vyemark, wat die naasgrootste ter wêreld is ná Turkye. In Amerika word die kultivars gebruik vir die vars mark en ook vir droog en verdere verwerking.

    Ander kultivars, soos Excell, Conadria, 278-13, Deanna en Tena (almal nuwe kultivars wat in Amerika geteel is), is ook vantevore ingevoer, maar destyds is net gekyk na hul geskiktheid vir droging en verdere verwerking. Party het egter ook uitstekende tafelvy-eienskappe.

    Mnr. Wilson sê dié kultivars is opgespoor en geplant om hul geskiktheid vir die vars mark te toets. 'n Klompie van die nuwe seleksies wat ontwikkel is, is ook ingevoer. Die mark vir vars vye het eers werklik in die jare negentig begin ontwikkel en is dus betreklik nuut.

    Dit is belangrik dat die regte vyekultivars geplant word, veral ten opsigte van houvermoë en vervoerbaarheid. Behalwe die binnelandse mark, moet die uitvoermarkte ook dopgehou word, want uitstekende pryse word vir vye van goeie gehalte behaal, meen hy.

    12 Desember 2003

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.67
    -2.6%
    Rand - Pond
    21.64
    -4.2%
    Rand - Euro
    18.51
    -3.3%
    Rand - Aus dollar
    11.99
    -2.5%
    Rand - Jen
    0.13
    -4.3%
    Goud
    1,799.90
    +1.8%
    Silwer
    22.57
    +1.7%
    Palladium
    1,909.50
    +1.2%
    Platinum
    1,040.50
    +0.3%
    Brent-ruolie
    86.97
    +3.1%
    Top-40
    68,868
    +0.4%
    Alle aandele
    75,020
    +0.3%
    Hulpbronne 10
    75,989
    +3.5%
    Industriële 25
    92,168
    +1.9%
    Finansiële 15
    15,274
    -6.9%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Lekkerseergemaak
    Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
    Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
    Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot