AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Pampoene: Markpryse bekyk

'n Ondersoek na pampoenpryse op die sewe groot varsmarkte wys dat die gemiddelde pryse van R1,20 tot R2,20 per kg wissel. En wat betaal die verbuiker?

Het jy onlangs iemand ’n pampoen genoem? Só ‘n persoon kan dalk in sy skik voel omdat pampoene tans redelike waardevolle produkte is, altans volgens kettingwinkelspryse.   In 2008 is pampoene met ‘n totale waarde van R303 457 384 op die varsprodukte markte regoor die RSA verkoop. Dit sluit nie direkte verkope bv. aan groot kettingwinkels in nie.

Kyk ons na die hoeveelhede wat verkoop is, is botterneutskorsies (butternuts) die gewildste aangesien 78 872 ton verlede jaar verkoop is. Teen ongeveer R 1 820 per ton beloop die totale waarde van botterneutskorsies verkoop R 143 608 282. Dit is bykans die helfte (47%) van die totale waarde van pampoenverkope.  
Boerpampoene het ‘n tweede plek ingeneem met 57 200 ton wat verkoop is.   Teen ‘n heelwat laer prys van R1206 per ton,  is die bruto waarde van boerpampoene verkoop R 68 963 390. Dit is byna ‘n kwart van die waarde van pampoenverkope. 
Hubbardskorsies het die derde meeste verkoop teen 29 546 ton. Die prys van Hubbardskorsies was ietwat beter as die van boerpampoene teen R 1 454 per ton.   Dit gee vir ons ‘n totale waarde van R 42 948 260. Dit is egter interresant dat lemoenpampoentjies, wat die minste verkoop het, nl. 21 566 ton, die beste prys behaal het teen R 2 211 per ton.   Dit gee ‘n totale waarde van R 47 682 505 vir die jaar.
Varsprodukte in Gauteng
Verreweg die meeste pampoene word op die vier varsprodukte markte in Gauteng erkoop. Botterneutskorsies bly die gewildste onder die vier pampoensoorte. Daar is 50 821 ton verkoop met ‘n total waarde van R91 832 667. Dit beteken ‘n gemiddelde prys van sowat R 1 806 per ton. In totaal is dit bietjie meer as 60% van al die botterneutskorsies wat landwyd verkoop is.  
Boerpampoene is ook hier die tweede gewildste, met 31 716 ton.  Die totale waarde beloop dus R37 478 588 en verteenwoordig net meer as 50% van die nasionale boerpampoen-verkope.. Die gemiddelde prys van R 1 181 per ton is ietwat laer as die nasionale prys. 
Dit lyk asof die res van die land nie veel erg aan Hubbardskorsies het nie want byna 90% van die totale verkope geskied in Gauteng. In  totaal is 26 430 ton hier verkoop teen ‘n totale waarde van R38 068 926. Die gemiddelde prys was sowat R 1 440 per ton.  
Lemoenpampoentjies het weer die kleinste hoeveelheid verkoop maar teen die hoogste prys – die enigste pampoen wat meer as R 2 000 per ton kon haal. Daar is in totaal 13 290 ton verkoop teen R 2 430 per ton wat ‘n totale waarde van R 32 307 731 gee. Dit is meer as 60% van alle verkope landwyd.
Gauteng bestaam uit vier markte nl. Johannesburg, Pretoria, Vereeniging en Springs. Johannesburg is verreweg die grootste mark in die land en meer as 81 000 ton pampoen is hier verkoop. Botterneutskorsies is die gewildste en 29 826 ton is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R1 786. Die totale waarde hiervan beloop R 53 296 497. 
Boerpampoene
Boerpampoene is tweede en 18 376 ton is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R1 154.  Dit is die laagste prys van al die pampoensoorte op die Johannesburgse mark.  Die totale waarde van boerpampoene beloop R 21 212 171.   Van Hubbardskorsies is daar 15 755 ton verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R1 428 en ‘n totale waarde van R R22 495 661. 
Hoewel lemoenpampoentjies die minste verkoop het (7 410 ton), was die gemiddelde prys verreweg die hoogste nl. R2 774 per ton. Dit oorskry die prys van botterneute met meer as 50%.   Die totale waarde van lemoenpampoentjies wat verkoop is beloop R 20 554 041.  
Op die Pretoria-mark ark was botterneutskorsies ook die grootste verkoper met 13 413 ton.   Die gemiddelde prys was ietwat beter as in Johannesburg teen R1 891 per ton. Die totale waarde beloop dus R 25 377 158.   Daar is 8 243 ton boerpampoene verkoop teen gemiddeld R1 265 per ton.   Dit gee vir ons ‘n totale waarede van  R 10 425 637.   Hubbardskorsies het die derde meeste verkoop met 5 608 ton teen ‘n gemiddelde prys van R1 526 per ton. Dit maak die totale waarde R 8 556 309.   Lemoenpampoentjies was weer die minste met 3 486 ton.   Die gemiddelde prys was egter die hoogste op die mark en het R2 175 beloop wat die totale waarde daarvan op R7 582 620 te staan bring.
Springs-mark
Op die Springs-mark was boerpampoene die gewildste met 2 585 ton wat verkoop is.   Die gemiddelde prys het R 1 083 beloop wat die totale waarde op R 2 800 127  te staan bring.   Hubbardskorsies was die tweede gewildste en 2 223 ton is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R1 535 per ton. Dit gee ‘n totale waarde van R 3 411 884.   Botterneute het op die mark ‘n derde plek ingeneem met 1 762 ton. Die gemiddelde prys het R1 418 beloop en die totale waarde R2 500 681. 
Lemoenpampoentjies het hier baie min belangstelling gekry en slegs 449 ton is verkoop. Die gemiddelde prys was ook aansienlik laer as op ander markte en het R1 470 beloop met ‘n totale waarde van slegs R660 368.
Ander sentra
Die tonne verkoop, gemiddelde pryse en die totale waardes van die onderskeie pampoene op die markte in Bloemfontein, Durban en Kaapstad weerspieël die posisie in die ander belangrike sentra in die land.
In Bloemfontein is boerpampoene die gewildste maar nie een van die pampoensoorte kon R2 000 per ton haal nie. 

Bloemfontein-mark
BotterneuteBoerpampoene
Ton1422,443 889,83
R/tonR1753,08R1230,93
WaardeR2 493 654R4 788 096
In Kaapstad was botterneute en boerpampoene byna ewe gewild maar botterneute het die hoogste prys behaal.

Lemoenpampoentjies

Kaapstad-mark
Botterneute
Ton8 583,565 915,18
R/tonR1 853,36R1 779,22
WaardeR15 908 444 R10 524 409
 In Durban is omtrent net botterneute verkoop – nie een van die ander pampoene kon 1 000 ton haal nie.   Pryse op die mark was van die hoogste wat behaal is.  

Durban-mark
BotterneuteLemoenpampoene
Ton6 480,61663,02
R/tonR1 803,62R2 304,14
Waarde R11 688 567 R1 527 699
Uit voorgaande inligting is dit duidelik dat gemiddelde pryse gewissel het tussen sowat R1 200 tot R2 200 per ton. Dit beteken sowat R1,20 tot R 2,20 per kilogram. Trek nou daarvan af die mark-, vervoer- en produksiekoste, en daar bly nie veel wins vir die boer oor nie.  
Onlangs koop ek ‘n stukkie boerpampoen  by een van ons groot kettingwinkels teen R24,00 per kilogram. Hulle koop die produkte direk van die produsent (boer) aan en ek is oortuig dat hulle nie veel meer as markpryse betaal nie.  Daarby is die totale koste om dit op die rak te kry, minimaal. ‘n Lekker vet wins, dus! 
Maar waar laat dit my, die koper?   Ek voel soos ‘n regte pampoen omdat ek hulle bly inspireer/ondersteun!
Die skrywer, Kobus Smit, het sedert sy aftrede steeds 'n belangstelling in landbousake in die algemeen en in besonder in landbou-ekonomie en landboustatistiek. Sy e-pos adres is: diesmitte@gmail.com
10 Julie 2009
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.74
-1.6%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
988.38
+2.1%
Palladium
1,411.23
-0.0%
Goud
1,978.75
-0.5%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot