AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Pekanbedryf ontplof weswaarts

Hartswater, Vaalharts en die Benede-Oranjeriviergebiede is die kern van die nuwe produksiegebied van pekanneute.

Noudat boere weet hoe om jong pekanneutboorde deur die kouer winters te bestuur, beleef die bedryf veral gedurende die afgelope twee jaar 'n ontploffing in die koeler produksiegebiede. Hartswater, Vaalharts en die Benede-Oranjeriviergebiede is die kern van die nuwe produksiegebied.

Die produksie van pekanneute in Suid-Afrika was jare lank 'n neseierbedryf in die vogtige, warm en rypvrye Laeveld. Sowat 15 jaar gelede het pioniers die eerste proefaanplantings langs die Benede-Oranjerivier by Hopetown gedoen. Gedryf deur die ywer en geesdrif van mnr. Chris Roux van Rama, Hopetown, is die Suid-Afrikaanse Pekan-produsentevereniging in 1992 gestig, waarvan Roux pas die voorsitterstoel aan mnr. Albert Bouwmeester van Cullinan afgestaan het.

In 2001 het die vereniging nog net 178 lede gehad. Nou is daar 302. Aanvanklik was daar landwyd net een verwerker van neute in die Laeveld. Nou is daar agt vanaf Pongola tot by Upington. Dit sluit nie die groot produsente in wat regstreeks uitvoer nie.

Uiteraard was navorsing in die bedryf beperk tot die Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse (ITSG) by Nelspruit.

Ná 1994 was kommersiële produsente egter grootliks op eie kennis en navorsing aangewys. Die uitruil van kennis het 'n sterk bindende effek op die vereniging gehad, sê mev. Gerda Holy, heeltydse sekretaresse. Dit het ook daartoe gelei dat die dienssektore, soos die verwerkers, kwekerye en vervaardigers van werktuie, daadwerklik by die vereniging betrokke geraak het.

Van die wêreld se top-navorsers is betrek, soos dr. Esteban A. Herrera van die Nieu-Mexiko-universiteit, wat Suid-Afrika onlangs die tweede keer besoek het. Hy maak geen geheim daarvan dat die Benede-Oranjeriviergebied waarskynlik die beste pekangebied ter wêreld is nie.

Dit is nie maklik om 'n nuwe bedryf in 'n nuwe gebied te vestig nie. Daarvoor is baie voorligting nodig. Mnr. Willem Oosthuizen van die landgoed Almoro, Ventersdorp, was ses jaar lank navorser by die ITSG waar hy hom toegespits het op die vegetatiewe voortplanting van pekanneut-, lietsjie- en mangobome. Die afgelope vyf jaar bedryf hy sy eie kwekery op 2 ha. Hy lewer boompies — vanaf saailinge tot kultivaregte geënte bome op die ouderdom van drie tot vier jaar aan die bedryf. Voorligtingsessies by die kwekery net voor planttyd in Julie, Augustus lyk na 'n manier om inligting oor die vestiging van bome in die koeler gebiede oor te dra, sê Oosthuizen.

Pekanneute is 'n langtermynbelegging — eers wanneer 'n boord sowat sewe jaar oud is, word die eerste kommersieel aanvaarbare oes afgehaal.

Volgens Oosthuizen verkies pekanneute goed gedreineerde leem- tot klei-leemgrond met 'n minimum diepte van 'n meter en met geen ondeurdringbare lae in die ondergrond nie. Brak grond is nie geskik nie. Grond met 'n baie hoë klei-inhoud bars in droogtetyd en beskadig die wortels.

Grondontledings is noodsaaklik om die voedingstatus in verhouding tot die bome se behoeftes te bepaal en veral tekorte uit te wys. Die bome is gevoelig vir sinktekorte wat met blaarvoeding reggestel word. Waar nodig, moet kalk lank voor planttyd goed ingewerk word.

Voorts moet die grond behoorlik losgemaak word.

In die westelike produksiegebiede, waar vroeë én laat koue voorkom, is dit uiters belangrik dat net jong bome van uitstekende gehalte geplant word.

Die belangrikste gehalte-aspek bly kultivar- of tipe-egtheid wat net deur enting verseker kan word sodat 'n mens weet al die bome dra dieselfde neute. Pekanbome wil graag kruisbestuif word en geënte bome is die sekerste manier om teelmateriaal te versprei, terwyl elke saailing aan die ander kant geneties uniek is.

'n Ander voordeel van ent is dat 'n mens daardeur 'n boom se jeugfase oorkom voordat dit begin dra. By pekanneute kan die jeugfase oor 10 jaar tot 25 jaar strek. Hierteenoor is die entstokkie wat van 'n volwasse boom af kom, reeds fisiologies volwasse en dit het dus die potensiaal vir 'n drag sodra die boom groot genoeg is. Ent vervroeg dus die drag — 'n ekonomies belangrike aspek wat nooit in die geval van saailinge verkry kan word nie. Saailinge behoort dus nie geplant te word nie, behalwe wanneer dit later in die boord geënt word. Terselfdertyd moet voornemende produsente seker maak van 'n kweker se enthoutbron en of die bome tipe-eg is.

Die plantgate hoef nie groot te wees nie — wel diep genoeg om die ondergrondse boomgroei tot bokant die plantkroon (die oorgang tussen wortel en stam) met gemak te huisves. Sowat 250 g fosfaat kan met die los grond gemeng word waarmee die plantgat afwisselend met genoeg water gevul word. Gebruik sowat 60 l tot 80 l water per plantgat sodat die boom in der waarheid in modder geplant word. Dit verseker goeie grondkontak met die wortels.

Besproeiing moet deur die groeiseisoen volgehou word tot met afharding in Februarie begin word. In grond met 'n klei-inhoud van meer as 20 % kan 50 l water per boom per week toegedien word. In grond met 'n laer klei-inhoud is 25 l per boom twee maal per week 'n beter opsie. Winterbesproeiing werk goed met een toediening elke drie weke om die grond klam te hou.

Die toediening van baie bemesting in die eerste jaar is 'n mors van geld omdat die bome nie genoeg wortels het om dit op te neem nie. Geen vars kompos of mis moet met die grond gemeng word nie. Dit kan op die grond geplaas word om met vogbewaring te help, maar nie naby die stam nie.

By 'n Julie-aanplanting kan 50 g stikstof per boom in November en weer in Desember toegedien word. Ná Desember word stikstof onttrek en begin die afhardingsproses vir die winter. Gedurende Februarie, Maart kan besproeiing begin afneem en kaliumchloried kan vir dieselfde doel in Oktober en Januarie toegedien word.

Beskerming teen koue moet liefs tot die derde winter toegepas word. Benewens afharding kan die stam met dekgras tot bokant die entlas toegemaak word. Stroke goiingsak saam met dekgras en 'n deklaag op die grond rondom die boom werk goed, aldus Oosthuizen.

Pekankultivar bepaal sukses

Die keuse van pekanneutkultivars vir die koeler westelike gebiede word uiteraard grootliks deur koueverdraagsaamheid bepaal, sê mnr. Willem Oosthuizen van die landgoed Almoro, Ventersdorp.

Die feit dat pekanneute kruisbestuiwing verkies, speel ook 'n rol ten opsigte van boordsamestelling, en dan is daar ook die persentasie samestelling tussen tipe1- en tipe 2-bome. Hier is die basiese verskil dat die stuifmeel by tipe1-bome ryp is voordat die stempels daarvoor ontvanklik is, terwyl die stuifmeel by tipe 2-bome later ryp is, maar die stempels is vroeg ontvanklik. Navorsing toon dat deur die twee tipes saam te plant, lewer kruisbestuiwing 'n beter kernpersentasie (kern tot dop). Die kultivars wat Oosthuizen vir koue gebiede verkies, is Wichita, Pawnee, Mohawk, Choctaw, Barton, Ukulinga en Western Schley.

Wichita is een van die meer kouebestande kultivars omdat dit nie so vroeg bot nie en relatief vroeg in sy leeftyd begin dra. Dit speen egter heelwat neute af waarvan baie mense nie hou nie, maar uiteindelik gaan dit oor die aantal kilogram neute wat die boom lewer. Die hout is bietjie bros en windskade kan voorkom. Dié kultivar leen hom goed tot snoei. Die neut is kleinerig en die kern sit baie vas aan die dop. Daarom is dit hoofsaaklik 'n neut vir verwerking wat meganies gekraak moet word. Oosthuizen gee aan dié kultivar 'n plantvoorkeur van 40 % tot 50 % in 'n boord. Dit is gevoelig vir skurfsiekte en dus nie van pas in die Laeveld en gebiede met 'n hoë lugvog nie.

Pawnee is waarskynlik die mees kouebestande kultivar. As jong boom het dit 'n regop groeiwyse en dié kultivar sal hom goed leen tot aanplantings met 'n hoë digtheid. Die bome vereis lae onderhoud, met relatief min snoeiwerk. Die neute is taamlik groot en Oosthuizen het nog geen koueskade in sy kwekery gehad nie. Dit is boonop 'n goeie neut en 'n tipe 1-boom. Die plantvoorkeur in 'n boord is tot 30 %.

Mohawk is redelik bestand teen koue. Dit dra 'n groot neut wat maklik met die hand gekraak kan word weens 'n papierdun dop. Die neute is altyd goed gevul in teenstelling met die kultivar Mahan, waaruit dit geteel is. 'n Uitstekende prys kan met dié neute beding word. Die kultivar het voorts 'n goeie boomstruktuur met min mikke wat kan afskeur. Tipies aan grootneutkultivars, begin Mohawk egter eers later in sy lewe dra. By Vaalharts kla boere dat dit baie gevoelig vir sinktekorte is. 'n Nadeel van dié kultivar is dat dit afwisselend mag dra en volhoubare drag by ouer bome kan 'n probleem wees. Dit is 'n tipe 2-boom. Die plantvoorkeur in 'n boord is tot 20 %.

Choctaw is baie gevoelig vir koue, met baie swak mikke wat skeur. By jong bome moet hierdie mikke verwyder word. Dit het 'n goeie neutgehalte, maar word laat ryp. Dit is nogtans nie genoeg rede om nie dié kultivar te plant nie. Dit is 'n tipe 2-boom. Die plantvoorkeur in 'n boord is tot 30 %.

Barton is 'n tipe 1-midseisoenbestuiwer wat 'n laat tipe 1- en 'n vroeë tipe 2-kultivar sal bestuif. Volgens produsente vaar dié kultivar óf goed óf sleg. Dit is ook gevoelig vir 'n sinktekort in sekere gebiede en Oosthuizen se plantvoorkeur is 10 % tot 15 % in gevalle waar boere dié kultivar wil aanplant.

Ukulinga groei baie welig en het 'n goeie verdraagsaamheid teen skurfsiekte. Dit aard goed in die Laeveld, maar is baie gevoelig vir koue omdat die bome vroeg bot en die neute laat ryp word. Dit dra baie en konstant, maar sukkel te veel in die koue gebiede en word dus nie aanbeveel nie.

Western Schley is 'n baie ou kultivar wat wyd in die weste van Amerika aangeplant is. Belangstelling in dié kultivar het herleef nadat Suid-Afrikaanse boere in die weste van Amerika (wat 'n soortgelyke klimaat as by Vaalharts het) gesien het dat dié kultivar saam met Wichita 'n baie goeie drag lewer as gevolg van goeie bestuiwing. Dit is 'n tipe 1-boom.

Daar is ook nog ander kultivars wat nie behoorlik in die koeler gebiede geëvalueer is nie en dus voorlopig nie op groot skaal geplant word nie. Verdere evaluering is nodig.

Oor boorduitleg sê Oosthuizen die idee is dat die tipe 1-bome in gebiede met 'n heersende windrigting windop geplant word sodat die stuifmeel oor die aanplanting kan waai. Pekanneutbome word heeltemal deur die wind bestuif en bye of ander insekte speel geen rol nie. Die norm is dat 'n boom na weerskante toe drie rye kan bestuif. Met die oog op bemarking is dit egter belangrik dat 'n mens altyd vol rye van 'n bepaalde kultivar plant, soos drie rye Wichita en twee rye Pawnee. Dit verseker dat die neute van elke kultivar met oestyd afsonderlik gehanteer kan word.

Oosthuizen glo dat 'n mens in die koeler gebiede minstens vier kultivars saam behoort te plant. Daarvan kan 40 % tot 60 % Wichita wees; 20 % tot 40 % Pawnee; 10 % tot 20 % Mohawk en hoogstens 10 % tot 15 % Barton, net vir bestuiwing. Daar is nie aanbevelings ten opsigte van hoe ver wes Western Schley geplant behoort te word nie, maar tot by Vaalharts kan aanplantings van 40 % tot 50 % daarvan saam met Wichita gedoen word.

Boere wat hul huiswerk gedoen het, sal al tydens die eerste voorligtingsgeleentheid die regte kultivars kies. Sodoende kan die bedryf nader aan die ideaal beweeg, naamlik dat produsente vooraf hul kultivars by 'n kwekery bestel pleks van daarop aangewese te wees om kultivars te koop waarvan die kwekery toevallig 'n oorskot het. 'n Tweede voorligtingsgeleentheid, wanneer die bome afgehaal word, dien dan as 'n opknappingsgeleentheid oor vestigings- en bestuurspraktyke wat die kanse op sukses net groter maak, sê Oosthuizen.

23 Januarie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot