Die taak is ’n harde neut om te kraak, maar danksy groeiende hektare, deurbraakproewe en ’n belowende inkomste wen hulle veld.
Dit is ’n bedryf in sy kinderskoene, op die punt om te ontplof, maar terselfdertyd is daar al jare se kennis en ervaring in pag.
Dít is waarom mnr. David Müller, voorsitter van die pimperneutkwekersvereniging en uitvoerende direkteur van die Pistachio Nut Company (albei is in 2019 gestig), glo hulle is nie om dowe neute besig om die Suid-Afrikaanse pimperneutbedryf van nuuts af staan te maak nie.