AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6905
-15,00
CORN
19 Okt
-
3078
-7,00
SOYA
19 Okt
-
7180
-25,00
SUNS
19 Okt
-
9910
182,00
WEAT
19 Okt
-
5730
-12,00
WMAZ
19 Okt
-
3178,40
-21,60
YMAZ
19 Okt
-
3341,2
-14,80
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Pitlose suurlemoen raak deel van ‘goue sitrus’

akkreditasie
Die nuwe suurlemoenhandelsmerk is van Junie af op winkelrakke in Suid-Afrika. Foto: Lucille Botha
Die nuwe suurlemoenhandelsmerk is van Junie af op winkelrakke in Suid-Afrika. Foto: Lucille Botha
Die suksesvolle sitrus-handelsmerk ClemenGold se kleinsus, LemonGold, maak binnekort haar buiging op plaaslike winkelrakke in ’n treffende swart-en-geel verpakking.

LemonGold, ’n handelsmerk vir uitsonderlike pitlose suurlemoene, sal vanaf Junie in ’n plaaslike supermark beskikbaar wees. Dis reeds in Duitse en Ierse supermarkte te koop, waar sjefs, tuiskokke, kroegmanne en gesondheidsbewustes gaande is oor die pitlose produk.

Hoewel pitlose suurlemoene al as die heilige graal van die suurlemoenbedryf beskryf is, is dit nie ’n nuwe verskynsel nie. Dis wel die eerste keer dat ’n sterk handelsmerk hierom gebou word. 

Twee kultivars

Mnr. Viresh Ramburan, direkteur by ANB Investments se kultivarmaatskappy Citrogold, sê hulle het ’n paar jaar gelede die potensiaal vir pitlose suurlemoene besef en lisensies vir twee kultivars bekom. Die kultivars kom onderskeidelik uit Suid-Afrika en Australië. Albei sal onder die LemonGold-vaandel bemark word.

“Die Australiese kultivar, geregistreer as 3X97, en ook bekend as die 2PH- pitlose suurlemoen, blyk gewilder te wees onder boere in Suid-Afrika.”

Dis veral die eksterne gehalte, groot vrugset, hoë sapinhoud en natuurlik die feit dat die vrugte deurlopend pitloos is wat aandag trek.

LemonGold,
Nou hoef jy nie meer te sukkel om suurlemoenpitte te verwyder voor jy ’n skyfie by jou gunstelingdrankie voeg nie. Foto: Lucille Botha
LemonGold,
Een van die goeie eienskappe van die Australiese kultivar is die aantreklike voorkoms. Foto: Lucille Botha

Indigo Fruit Farming (ANB se vrugteproduksiemaatskappy) het 205 ha van 3X97 aangeplant. Ander produsente het sy voorbeeld gevolg en tans is daar sowat 2 000 ha se gelisensieerde bome in die grond. Een van daardie produsente is mnr. Hendrik Schoeman, uitvoerende hoof van Schoeman-boerdery naby Marble Hall. Hy beskou LemonGold as die ideale toevoeging tot die “goue reeks van sitrus”.

“Ons is opgewonde daaroor om deel te wees van die groep produsente wat die kultivar kan produseer. Die suurlemoene word in groot gebiede van Suid-Afrika geproduseer, wat die periode van beskikbaarheid sal verleng en tot voordeel van verbruikers sal wees.”

Dit is in die tradisionele sitrusverbouingstreke gevestig om te verseker dat die vrugte uiteindelik heel jaar op die rak sal wees – soos verbruikers deesdae gewoond is.

Mnr. AJ Esser, uitvoerende hoof van Indigo, sê hulle oes tans van hul eerste bome af. “Die vraag na pitlose suurlemoene is reg oor die wêreld enorm. Die kultivar is nog in sy kinderskoene in Suid-Afrika en moet homself nog bewys, maar in Australië blom die bome vier tot sewe keer per jaar en kan dit tot 80 t/ha dra.”

Danksy samewerking met produsente in die Noordelike Halfrond is LemonGold-suurlemoene ook internasionaal beskikbaar. 

Handelsmerke kernbelangrik vir vrugteprodusente

Die nuwe LemonGold-handelsmerk word op dieselfde beginsels geskoei wat ClemenGold wêreldwyd ’n treffer gemaak het, naamlik deurlopende gehalte, volhoubare produksiepraktyke en ’n gesamentlike bemarkingspoging om handelsmerkerkenning en -vertroue te skep.

Mnr. Marius du Plessis, uitvoerende hoof van ANB Produkte en Bemarking, sê varsprodukte-produsente kan nie meer net staatmaak op vrugte van goeie gehalte, behoorlike logistiek of lae pryse nie. Sterk handelsmerke en uitstekende bemarking speel ook ’n groot rol.

“Verbruikers se vertroue en gevolglik hul kooppatrone word toenemend op die reputasie en sigbaarheid van handelsmerke gegrond.”

Volgens hom kan ’n deurdagte en sigbare handelsmerk die spelreëls vir ’n produk verander. Die baanbrekershandelsmerk ClemenGold pryk nou op kleinhandelaars soos Edeka (Duitsland), SuperValu (Ierland), Spinney’s (Doebai) en verskeie Chinese winkelgroepe se rakke. Dit behoort die weg te baan vir LemonGold om ewe suksesvol te wees.

Soos Ramburan sê: “Met die toegespitste bemarkingspogings, tesame met die toewyding van produsente om pitlose suurlemoenkultivars te plant, is ons opgewonde dat verbruikers die gerieflike pitlose voordele hiervan sal sien, ervaar en liefkry.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.53
+1.1%
Rand - Pond
20.06
+0.6%
Rand - Euro
16.90
+0.9%
Rand - Aus dollar
10.87
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,770.48
+0.3%
Silwer
23.67
+2.0%
Palladium
2,096.78
+3.7%
Platinum
1,043.75
+0.5%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,190
-0.1%
Alle aandele
66,776
-0.0%
Hulpbronne 10
63,288
-0.5%
Industriële 25
84,981
+0.6%
Finansiële 15
14,022
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe, no pic, no chatnaked chef
Want ek is n aanganame persoon en ek weet wat ek wil he, leer my ken dan sal jy weet.
Last trilogy..... voltyds gelukkig
Malkop kaalvoet kind wat ligvoets en laggend deur die last trilogy dans. hoekom alleen die lewensdans aanpak. Lief die natuur, skilder, dans, kook, lag en lewe!!!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot