AFGRI
BEAN
02 Des
-
9239,2
-125,80
CORN
02 Des
-
4530
-15,00
SOYA
02 Des
-
10500
-100,00
SUNS
02 Des
-
10930
-100,00
WEAT
02 Des
-
6840
-37,00
WMAZ
02 Des
-
5015
-112,00
YMAZ
02 Des
-
4450
-56,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Planne vir steenvrugte

Daar is geleenthede in die steenvrugtebedryf, maar daar is ook gebreke.

Die kans vir 'n drastiese toename in steenvrugtepryse is skraal. Daarom is samewerking tussen verskillende rolspelers in die bedryf nou belangriker as ooit. Elkeen sal die beskikbare inligting moet gebruik om geleenthede te benut en leemtes uit te skakel.

Om die beste resultate te behaal, sal belanghebbendes, soos boere en uitvoerders, dringend nouer moet saamwerk.

Sommige van die uitvoerders is byvoorbeeld nie lid van die Steenvrugte-uitvoerdersforum (SEF) nie en het dus nie ál die beskikbare kennis nie. Daar ís inderdaad baie inligting beskikbaar, sê dr. Marius Huysamer van die Universiteit van Stellenbosch. Hy is ook die bedryfsbestuurder van die Suid-Afrikaanse Steenvrugte-produsentevereniging (SASPA).

Vrugtepryse vir boere gaan nie in die toekoms beduidend styg nie. Die sterk rand is ook ongunstig vir uitvoer. Die boer het net een manier om kop bo water te hou, naamlik om op gehalte te let.

Dit alles, asook geleenthede en gebreke wat in die steenvrugtebedryf bestaan, is op 'n strategiese beplanningsessie by Joostenberg, naby Stellenbosch, deur dié bedryf uitgewys. Afgesien van die SASPA, het verteenwoordigers van die SEF, die tegniese forum vir steenvrugte (SFTF) en die gesamentlike bemarkingsforum vir steenvrugte (SFJFM) aan die beplanningsessie deelgeneem en insette gelewer.

Huysamer sê verskillende planne van aksie, asook wie daarvoor verantwoordelik sal wees, is in die vooruitsig gestel. Terugvoering sal in September op die Allfresh-konferensie by Spier, buite Stellenbosch, gegee word. Boere en uitvoerders sal deur ander kanale op hoogte gehou word van die vordering met dié planne.

Afgesien van die gemeenskaplike kwessie van sinvolle en gereelde strategiese beplanning binne elke bedryfsorganisasie, is verskillende sake aan spesifieke organisasies opgedra vir optrede.

Die SFTF moet aandag gee aan:

  • Rypheidsbepaling by appelkose (vrugkleur teenoor die wringtoets of fermheid).

  • Brix-standaarde by pruime. Die standaarde is verlede seisoen strenger gemaak en moet nou heroorweeg word aan die hand van die afgelope seisoen se resultate.

  • Onderskeid tussen kultivars met betrekking tot hantering en verpakking. Die generiese protokolle vir vrughantering moet meer spesifiek wees per kultivar.

  • Bystand aan boere oor aanplantingsriglyne. Dit moet nie voorskriftelik wees nie. Relevante kultivarinligting moet eerder beskikbaar gemaak word om plantbesluite te vergemaklik.

  • Alternatiewe fitosanitêre beheermaat-reëls vir nuwe markte. Steenvrugte kry tans nie veel aandag nie weens die groot druk van kernvrugte en tafeldruiwe.

    Die SASPA moet die volgende doen:

  • Spel die verskillende aspekte van die kosteketting uit om boere te bemagtig om sinvoller met uitvoerders oor uitbetalings en koste te kan onderhandel.

  • Gee aandag aan kommunikasie binne boerderygeledere. Onbetrokkenheid binne die bedryf lei tot 'n gebrek aan inligting.

  • Kyk na bedryfsnorme vir die bedryf.

    Die SFJFM moet na verskeie sake kyk. Eerstens het die skedulering van skepe veral in die laaste seisoen heelwat probleme veroorsaak. Só het die geskeduleerde skip wat net voor Kersfees in Brittanje moes aflaai, te laat daar aangekom en groot finansiële verliese teweeggebring.

    Tweedens is beter inligting nodig oor mededingers wat in dieselfde mark bedrywig is, veral van Chili.

    Die konsultasiemaatskappy Frudata (lees "Chili klop SA met pruime" op bl. 21) het ontledings gedoen waaruit sekere aspekte na vore gekom het wat aandag verdien. Dit sluit in die tyd van lewering (kultivarspektrum) en kollektiewe beplanning vir 'n vrye mark.

    Die vierde saak is die implikasies van die boomsensus. Dit het byvoorbeeld aan die lig gekom dat 60 % van pruimbome ouer as 10 jaar is. Wat behels die aanplantingstrategie vir steenvrugtebome? 'n Boer kan moeilik besluit oor nuwe aanplantings as hy nie weet wat elders in die bedryf geplant en uitgehaal word nie.

    Die volgende punt is die benutting van die Raad van Toesig op die Uitvoer van Bederfbare Produkte (PPECB) se statistieke. Word dit reg benut en bestuur? Dié inligting kan 'n kragtige hulpmiddel wees om besluitneming te vergemaklik met betrekking tot byvoorbeeld die hoeveelheid vrugte wat na 'n spesifieke mark gaan.

    Die bedryf moet inligting hê oor oesskattings in Suid-Afrika en in die buiteland. Sonder akkurate skattings kan die uitvoerders nie sinvolle bemarkingsprogramme saamstel nie.

    Die verbruik van steenvrugte moet bevorder word en die bedryf se bedrywighede moet bekend gestel word.

    Meer kan dalk gedoen word om die besluite van oorsese diensverskaffers en kleinhandelaars op 'n manier te beïnvloed. Boere is geneig om boodskappe vanaf hul ontvangers goedsmoeds te aanvaar en doen weinig om hul denke te bestuur.

    Die laaste saak waaroor dié forum moet besluit, is of die bedryf iets kan doen om supermarkte te oortuig om boere beter te betaal. Daar is ontevredenheid dat supermarkte 'n groot wins maak, terwyl die boer, wat die grootste risiko dra, met baie minder tevrede moet wees. Tesco het byvoorbeeld 'n wins van 2 miljard pond (sowat R23,3 miljard) gemaak in die vorige finansiële jaar.

    Die SEF behoort eerstens onbetrokke uitvoerders aan te moedig om lid te word van dié forum. Onbetrokkenheid lei tot 'n gebrek aan inligting. Hoewel die groot uitvoerders almal lid is van die SEF en meer as 80 % van die uitvoervolume verteenwoordig, is daar talle uitvoerders wat nie hierby inskakel nie. Dié uitvoerders kan nie dieselfde diens aan hul boere lewer nie.

    Tweedens moet uitvoermarkte verder ontwikkel word. Die tradisionele manier van markpenetrasie is nie meer doeltreffend nie en die bedryf sal nuwe maniere moet vind. Uitvoerders moet self oorsee gaan om dit te ondersoek en kopers te motiveer. Politici se hulp is ook nodig. Die finansiering daarvan, die keuse van markte en tegniese aspekte word ondersoek.

    Die vereiste van minimum 20 palette vir houers skep groot probleme en sal in die komende seisoen aandag moet kry. Veral in die begin van die seisoen is volumes nog klein en sal uitvoerders sukkel om aan hierdie vereiste te voldoen sonder om met ander uitvoerders wat aan dieselfde ontvangers lewer, saam te werk. Boere behoort hul uitvoerders te vra wat hul planne in hierdie opsig is.

    Die Vrugtebedryfsplan (FIP) moet geïmplementeer word. Die plan is nie noodwendig spesifiek vir steenvrugte nie, maar dit gee aan talle van dié bedryf se probleme aandag.

    'n Verdere saak waarna gekyk moet word, is die groot aantal uitvoerders. Daar is meer as 90 uitvoerders wat steenvrugte van sowat 1 400 boere uitvoer. Is daar regtig plek vir almal? Moet hulle getalle eerder bestuur word deur self-akkreditasie? Dit is in elke boer se eie belang om te sorg dat sy uitvoerder die nodige ondersteuningsbasis het op byvoorbeeld tegniese gebied. Dit is 'n skande dat daar vandag nog pruime, soos Songold, onder 'n enkeltemperatuur verskeep word as data van meer as 20 jaar se proewe bo enige twyfel bewys dat dit nadelig vir die vrug se gehalte is.

    Op logistieke vlak moet die forum kyk of koste gemeenskaplik bestuur kan word sonder om individuele mededingende voordele in te boet. Daar is beslis meer bedingingsmag in 'n gesamentlike benadering as in individuele gesprekke met diensverskaffers, soos skeepsrederye.

    Die strukturering van kommissie om waardetoevoeging te reflekteer, verdien ook aandag. Boere vra graag vir vaste pryse of gewaarborgde minimum pryse, maar die bederfbaarheid van steenvrugte maak só 'n benadering baie riskant.

    Laastens behoort die uitvoerders boere beter by te staan met aanplantingsriglyne. Die uitvoerders is in 'n ideale posisie om goeie inligting oor die betrokke markte te kry. Inligting oor byvoorbeeld markvoorkeure sal die bedryf help om markgedrewe eerder as produksiegedrewe te wees. Só sal boere die regte kultivars kan plant waarvoor daar 'n vraag is.

    Chili klop SA met pruime

    Chili is Suid-Afrika se grootste mededinginger in die Europese mark wat pruime betref. Eersgenoemde se uitvoervolumes het oor die afgelope vyf jaar tot verlede jaar indrukwekkend met meer as 100 % gestyg. Terselfdertyd het Suid-Afrika se uitvoer met sowat 60 % toegeneem.

    Mnr. Piet van der Merwe van die konsultantefirma Frudata SA op Somerset-Wes het die effek van Suid-Afrikaanse én Chileense pruimvolumes op die uitbetalings aan Suid-Afrikaanse boere van 2002 tot 2004 bespreek. Volgens hom het Chili nie net meer pruime uitgevoer nie, maar sy markverspreiding het ook verander. Hy fokus nou meer op Suid-Afrika se tradisionele mark, die Europese Unie (Brittanje ingesluit).

    Hy het gesê dit is interessant om daarop te let dat Chili reeds 10 % van sy pruime in die Verre-Ooste bemark, wat duidelik wys dat daar wel markmoontlikhede vir pruime in daardie deel van die wêreld is. Dit is beslis 'n moontlike geleentheid vir Suid-Afrikaanse boere.

    Die vernaamste Chileense pruimkultivars is Angeleno, Black Amber en Larry Anne wat saam meer as 60 % van dié land se totale uitvoer uitmaak.

    Hierteenoor bestaan Suid-Afrika se uitvoer uit hoofsaaklik twee kultivars, naamlik Laetitia en Songold, wat byna 60 % van die uitvoer uitmaak. Dié twee kultivars word kort ná mekaar in die middel van die pruimseisoen ryp, wat bemarking gereeld bemoeilik.

    Die styging van Suid-Afrikaanse en Chileense uitvoer na Suid-Afrika se tradisionele mark het 'n uitwerking op pryse gehad. In 2003 en verlede jaar het Suid-Afrikaanse produkte se pryse onder druk gekom.

    Hiermee saam was die Suid-Afrikaanse oes verlede jaar later as gewoonlik. Daar was dus nog meer pruime in die spitstyd. Dit het die prys beduidend laat daal tot op 'n vlak waar dit vir boere onekonomies was.

    Wat is die afleidings wat hieruit gemaak kan word? Van der Merwe glo:

  • Die totale pruimuitvoer (volumegewys) uit Chili en Suid-Afrika neem toe.

  • Chili stel sy visier toenemend op Suid-Afrika se grootste mark.

  • Daar sal ernstig gekyk moet word om Suid-Afrika se afhanklikheid van die Europese Unie te verminder en eerder Chili se voorbeeld te volg en nuwe markte in die Verre-Ooste te ontgin.

  • Suid-Afrika se uitvoer is onder meer druk tydens die hoogtepunt van Laetitia en Songold se produksie as vroeër in die seisoen.

    Volgens hom is die analise gedoen op die grondslag van die afgelope drie seisoene se gemiddelde uitvoer van en uitbetalings vir Suid-Afrikaanse pruime. Die doel was om die moontlike verband tussen die pruimverkope van Suid-Afrika en Chili en die prys wat Suid-Afrikaanse boere ontvang, te bepaal. Die effek van ander vrugte wat in die mark meeding, die wisselkoers, invoerheffings, weerstoestande tydens die verkoopseisoen en die prysbeleid van die supermarkte is geïgnoreer.

    3 Junie 2005

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.36
    +1.1%
    Rand - Pond
    21.29
    +1.0%
    Rand - Euro
    18.27
    +1.0%
    Rand - Aus dollar
    11.84
    +0.9%
    Rand - Jen
    0.13
    -0.0%
    Goud
    1,801.45
    -0.1%
    Silwer
    22.77
    +0.1%
    Palladium
    1,923.50
    -1.1%
    Platinum
    1,042.00
    -0.2%
    Brent-ruolie
    86.88
    -0.1%
    Top-40
    68,345
    -0.8%
    Alle aandele
    74,500
    -0.7%
    Hulpbronne 10
    74,056
    -2.5%
    Industriële 25
    91,484
    -0.7%
    Finansiële 15
    15,581
    +2.0%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Eks n maklike man. Soek vrede liefde en eerlikheid. Soek 'n vrou wat als saam kan doen en lewe genie
    Eks n insperasie vir ander wat saam werk. En saam 'n pad kan stap. Ek verneuk nie op my maat nie so verwag ek dit ook
    Sexy kat wil jou bekoor
    Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot