AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Plantasies verseker gehalte en voortbestaan

Die verbouing van fynbos in plantasies waar dit reg bestuur kan word, kan boere help om aan die streng gehaltevereistes van die uitvoermark te voldoen. Riglyne en inligting is beskikbaar om welslae te verseker.

Die verbouing van fynbos in plantasies waar

dit reg bestuur kan word, kan boere help om aan die streng gehaltevereistes van

die uitvoermark te voldoen. Riglyne en inligting is beskikbaar om welslae te

verseker.

Die gehalte-bewuste buitelandse kopers van fynbosprodukte sal net tevrede gehou kan word as fynbos soos proteas, Leucospermums en Leucadendrons in plantasies verbou word. Spesiaal geselekteerde plantmateriaal sal hiervoor gebruik en behoorlik versorg moet word, sê dr. Gail Littlejohn, spesialis-navorser by die Landbounavorsingsraad se Fynboseenheid.

Volgens die eenheid kan die inkomste uit fynbosplantasies van R25 000/ha tot soveel as R100 000/ha wissel. Hierdie riglyn is egter uiters konserwatief. Verskeie produsente wat goeie bestuur en bemarking toepas, vaar aansienlik beter. Dit kan algemeen aanvaar word dat plantasie-verbouing van Proteacea dieselfde inkomste as vrugte sal gee.

Die eerste fynbosblomme is 40 jaar gelede al per vliegtuig uitgevoer. Al was dit meestal direk uit die veld geoes, was oorsese kopers tevrede met die nuweling wat weens sy besondere uniekheid gou 'n treffer geword het. Dit het grootliks vir die tekortkominge in die gehalte vergoed.

Sommige van die eerste uitvoerders het destyds al besef oorsese kopers sou nie vir altyd met die dikwels laer gehalte van veldgeoeste blomme tevrede wees nie. Amptenare van die destydse departement van landbou het ook die potensiaal van fynbos as uitvoerproduk raakgesien en het navorsingsprojekte geloods om onder meer te probeer verseker dat fynbosprodukte van 'n aanvaarbare gehalte op die duur geproduseer word.

Hul versiendheid is bewaarheid toe oorsese kopers begin aandring het op beter produkte, wat vry is van siektes, insekte en insekbeskadiging. Dit sou net moontlik wees as kontrole oor die verbouing van fynbos uitgeoefen kon word. Die verbouiing van sekere fynbossoorte in plantasies het hieruit voortgevloei.

Dr. Littlejohn sê fynbosplantasies lewer reeds 40 % van die vars fynbosblomme wat vir uitvoer bestem is. Dit is veral die houtagtige soorte, soos sommige lede van die Proteacea-familie, wat toenemend in plantasies verbou word. Landwye aanplantings beloop effens minder as 1 000 ha. Hoewel fynbos grootliks 'n Kaapse bedryf is, geskied baie van die plantasie-tipe aanplantings elders in die land waar fynbos nie endemies is nie.

Dit is egter nie maklik om hierdie plantsoorte uit die natuur te verwyder en in plantasies te vestig nie. Een van die vernaamste redes hiervoor is dat bepaalde spesies by sekere grondtoestande aangepas is, met ander woorde by die bepaalde fisiese eienskappe van die grond, soos die grootte van die sandkorrels daarin, die vermoë van die grond om water en voedingstowwe te hou, en die chemiese balans van die grond. Hierdie eienskappe hou regstreeks verband met die plante se vermoë om voedingstowwe in bepaalde soorte grond op te neem.

Fynbosgrond is oor die algemeen arm aan voedingstowwe en skiet meestal ver te kort om optimale groei by tradisionele landbougewasse te verseker. Natuurlike fynbos het egter die probleem oorkom deur bepaalde aanpassings aan hul wortelstelsels te ondergaan om sodoende skraps voedingstowwe doeltreffender op te neem en/of het groeiwyses ontwikkel wat die konserwatiewe gebruik daarvan moontlik maak.

By proteas, byvoorbeeld, vorm bykomende fyn worteltjies op die vlak sywortelstelsel. Dit is algemeen as troswortels bekend. Hulle is gespesialiseerde worteltjies wat organiese sure in die grond afskei en só die plant in staat stel om voedingstowwe te benut wat andersins nie beskikbaar sou wees nie.

Die implikasie hiervan is dat fynbosplante in die algemeen goed aangepas is op grond waarvan die voedingstatus oënskynlik laag is, maar hierdie eienskap kan 'n las word wanneer sulke plante op ryker grond gevestig word, soos grond waarop landbougewasse verbou is.

Sulke grond was meestal goed bemes en is gevolglik ryk aan daardie voedingstowwe wat optimale opbrengste by kontantgewasse verseker. In sommige gevalle is meer bemesting toegedien as wat die betrokke gewasse kon benut en bly die bemesting vir jare daarna nog in die grond agter.

Probleme ontstaan wanneer proteas op sulke grond verbou word, veral as daar te veel fosfaat is. 'n Ooropname van fosfaat, danksy die ywer waarmee die spesialiteitswortels hul taak verrig, is giftig vir die plant en dit kan uiteindelik vrek.

Die besoedeling van oulande met veral bemestingstowwe van chemiese oorsprong is een van die vernaamste redes waarom boere dikwels glo dat net onbewerkte grond vir die verbouing van fynbos geskik is.

Boere verkies ook onbewerkte grond vir die vestiging van kommersiële fynbosplantansies omdat hulle verkeerdelik onder die indruk is dat proteas en ander fynbossoorte laer insetkoste en bestuursvereistes het. Niks is verder van die waarheid nie, sê dr. Littlejohn.

Die praktyk het dit egter vir produsente moontlik gemaak om proteas en ander fynbossoorte op 'n uiters ondoeltreffende wyse op arm marginale grond te verbou. Die eindproduk was wel van beter gehalte as dié wat direk in die veld geoes was.

Die Europese markte was destyds nog bereid om veldgeoeste fynbosprodukte van 'n lae gehalte te aanvaar bloot omdat dit uitsonderlik en moeilik bekombaar was - maar nie meer nie.

Fynbos moet nou aan dieselfde gehaltevereistes voldoen soos wat vir enige ander uitvoerproduk geld. As dit nie vry van gebreke, soos vlekke, insekskade en misvormhede, is en 'n lang potlewe het nie, gaan dit nie winsgewend verkoop word nie. "Met lugvragkoste wat 60 % van die uitvoerprys beloop, kan niemand bekostig om op gehalte af te skeep nie."

'n Ontleding van die verkoopsvolumes toon dat produsente al hoe meer gehaltebewus raak. Produkte afkomstig van nuwe verbeterde kutivars se markaandeel groei skerp ten koste van daardie produkte wat nog in die veld geoes word, sê dr. Littlejohn.

Plantasieverbouing is dus hier om te bly vir daardie boere wat uitvoer-georiënteerd is. Een van die belangrikste keuses wat hulle egter moet maak, is waar om fynbos te verbou. Moet dit op nuwe grond of voorheen bewerkte (en dus besoedelde) grond wees?

Wat die keuse ook al mag wees, moet boere die volgende in gedagte hou:

Grondontledings moet gedoen word voor met voorbereiding begin word. Genoeg kennis is met navorsing ingewin wat riglyne verskaf oor hoe die chemiese samestelling van die grond daar behoort uit te sien om fynbos optimaal daarop te verbou.

Vir uitvoerblomproduksie moet net die beste beskikbare grond ten opsigte van diepte, dreinering en voedingstowwe gebruik word. Dit sal risiko's verminder en help om die hoogste moontlike inkomste te verkry. Op sulke grond moet die plantdigtheid hoog wees om die kapitaalkoste van die grond so laag moontlik te hou.

Waar nodig, moet die nuwe verbeterde kruisings gebruik word. Dit is kultivars wat onder meer geselekteer is vir hul vermoë om te presteer in plantasietoestande waar die grond se voedingstatus gewoonlik hoër is. Die kultivars sal ook goed groei op voorheen bewerkte grond. Dit geld veral vir Leucospermum, Leucadendron en Brunia.

Produsente moet op hoogte wees van die inhoud van alle regulasies wanneer om permitte vir die ploeg van "rou" grond en heuwelhange aansoek gedoen word sowel as moontlike impakstudies wat van die omgewing gedoen is. Kundiges met die nodige opleiding kan produsente van die nodige riglyne en inligting voorsien.

In gevalle waar die uitstrooi van saad die enigste ekonomies vatbare metode van verbouing is, moet verkieslik minimum bewerking gedoen en plaaslik aangepaste spesies gebruik word. Nie-endemiese plante moet verkieslik intensief op ou lande verbou word.

Ander landbougewasse moet nie oorbemes word nie. Dit verkwis net geld en besoedel grond en ondergrondse water. Veral fosfaat moet spaarsamig gebruik word omdat dié mineraal stadig oor 'n lang tydperk vrygestel word en skadelik vir sekere fynbossoorte kan wees. Dr. Littlejohn sê boere moet deeglik besin voor grond in natuurlike fynboshabitat geploeg word - al is dit vir die vestiging van fynbosplantasies. Regulasies bestaan wat sekere fynbosgebiede beskerm. Daarom is dit belangrik om eers by die betrokke owerhede sekerheid te kry alvorens enige stappe gedoen word. Sy ontken dat die koms van plantasietipe fynbos-aanplantings 'n nuwe soort bedreiging vir natuurlike fynbos inhou. Bewerings word gemaak dat die natuurlike fynbosplantsoorte deur hul "mak" eweknieë verbaster kan word namate laasgenoemde se gene buite die grense van die plantasies versprei. Daar is egter geen wetenskaplike bewyse wat hierdie bewering staaf nie. Wat wel waar is, is dat 'n nuwe geslag kunsmatig geteelde plante benodig word om by die ewe kunsmatige verbouingsmetodes in plantasies aan te pas, sê dr. Littlejohn.

Navorsing nodig vir

welslae

'n Tekort aan geld vir navorsing en die wye

verskeidenheid plantsoorte wat nagevors moet word, plaas 'n demper op die

fynbosbedryf. Dit kan meebring dat dié bedryf, wat 'n belangrike werkskepper en

verdiener van buitelandse valuta is, sy voorsprong op uitvoermarkte kan

verloor.

Die fynbosbedryf is grootliks uitvoergedrewe, hoewel die plaaslike mark nou in belangrikheid begin toeneem. Die bedryf staan op twee bene, waarvan een die uitvoer van vars blomme en vullermateriaal is. Laasgenoemde word as loof in rangskikkings gebruik en staan oorsee as Cape Greens bekend.

Volgens me. Maryke Middelmann, voorsitter van die Suid-Afrikaase Vereniging vir Proteaprodusente en -uitvoerders, is in 2001 sowat 3 500 ton vars produkte per lugvrag uitgevoer. Dit het R46 miljoen gelewer. Die ander been is gedroogde fynbosprodukte, wat in daardie jaar R41 miljoen in die buiteland verdien het.

Volgens haar word 'n groot aantal fynbossoorte steeds in die veld geoes, waaronder die uiters gewilde Cape Greens (Brunia, Metalasia, Erika en verskeie ander). As loof gee hulle 'n besondere tekstuur en kleur aan rangskikkings en sy verwag dat hierdie marksegment in die toekoms sterk gaan groei.

Hiervoor word navorsing benodig - iets wat ondervoorsien is weens die Regering se aandrang op vennootskappe waarvolgens die nywerheid deels tot die finansiering moet bydra. Volgens me. Middelmann doen hulle as bedryf hul bes, maar weens die bedryf se klein omvang en gepaardgaande geldtekorte is dit moeilik om hul navorsingsdoelwitte te bereik.

Volgens haar is dit die vereniging se strewe om die fynbosbedryf tot voordeel van almal in Suid-Afrika uit te brei. Fynbos is eie aan die land, 'n goeie valutaverdiener, en miskien belangriker, 'n goeie werkverskaffer. Navorsing is egter broodnodig. Navorsing op die protea-familie is byvoorbeeld nog in hul kinderskoene vergeleke met ander blomboerderye. Daarbenewens beslaan fynbos 'n groot verskeidenheid plantsoorte wat bykomende eise aan navorsing stel.

Sy vrees dieselfde sal met die ander plantsoorte in die fynbosryk gebeur as wat met die Suid-Afrikaanse bolplante, soos freesias, swaardlelies en talle ander, gebeur het. Ander lande het hul waarde besef en dit met teling verder verbeter. Hulle word nou wêreldwyd as gesogte bolplante verbou en bemark. "Dit het hoofsaaklik gebeur omdat ons destyds nie die nodige kundigheid gehad het nie."

Die Landbounavorsingsraad se Fynboseenheid het al in 1996 beraam dat hierdie taamlik klein, dog unieke bedryf vir voortgesette ontwikkeling van navorsing afhanklik was. Die bedryf is egter nie in staat om uit eie geledere geld vir navorsing bymekaar te maak nie.

12 September 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.01
+0.9%
Rand - Pond
20.32
+1.0%
Rand - Euro
17.56
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.37
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,749.51
+0.5%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,839.50
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot