AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Plein koeler red lietsjies

'n Eenvoudige koeler van ogiesdraad en houtskoolmure waarop water gespuit word, beteken heelwat voordele vir 'n lietsjie-oes.

'n Eenvoudige koeler van ogiesdraad en houtskoolmure waarop water gespuit word, het nie net voorkom dat die lietsjie-oes ná pluk verbruin nie, maar 'n langer pluktyd moontlik gemaak ondanks versengende hitte.

Sy liefde vir geskiedenis het Theuns Botha 3 aan sy oupa, ook Theuns, se lippe laat hang wanneer hy van die ou dae vertel het. So het die outydse koeler dikwels ter sprake gekom.

Dit was 'n klein houtraamwerk met houtskool tussen twee lae ogiesdraad. Dit is nat gehou en só is kos koel gehou. Van die ouer mense het dit 'n "safe" genoem.

Hy heet Theuns 3 omdat, waar hulle boer, vier manne met die naam Theuns Botha is. Hulle word sommer so aan die nommer uitgeken om verwarring te voorkom.

Sedert Theuns 3 sowat sewe jaar gelede saam met sy neef Theuns Botha 1 begin boer het, was een van die groot probleme van die Lapland-boerdery digby Tzaneen in die Limpopo-provinsie om sy lietsjies wat aan kettingwinkels bemark word, met 'n mooi rooi kleur op die winkelrakke te kry.

En hoe warmer dit met oestyd was, hoe erger was die probleem. Vanjaar het Theuns 3 onthou van die koeler waarvan sy oupa vertel het en gedink dit kan die oplossing wees.

Ondanks die besonder warm weer het dit so goed gewerk dat hulle die hele dag deur kon pluk. Vroeër kon hulle net soggens pluk en die vrugte het steeds erg verbruin ten spyte van nat komberse en groot sorg om die vrugte so gou moontlik in die koelkamers van die verpakkers te kry.

Die afgelope seisoen het hulle 'n brief van die verpakkers gekry waarin hulle gelukgewens word met die goeie gehalte van hul vrugte.

Verbruining word grootliks veroorsaak deur die vogverlies nadat die lietsjies eers van die boom en daarna van die tros afgepluk word.

In die afgelope oestyd was die temperatuur party dae 35 grade Celsius en hoër en dan is dit feitlik onmoontlik om 'n lietsjie rooi in die pakhuis te kry.

Binne 'n uur nadat die vrugte gepluk is, begin die eerstes verbruin. En omdat die probleem in die boord begin, het hy daar na die oplossing gesoek.

Hy het 'n betonblad van 2,5 meter by 2,5 meter in die boord gegiet en 'n skuurtjie daarop gebou met 'n dubbelmuur van ogiesdraad. Tussen die twee ogiesdraadpanele wat sowat 15 cm uit mekaar is, het hy houtskool ingegooi. Die houtskool is self gemaak van boomstompe in die omgewing.

Die dak van die skuurtjie is sowat 2 meter hoog en van skadunet en polistireenplate gemaak wat verhinder dat die son daardeur skyn. Sowat 100 plukkiste vol lietsjies kan op 'n keer in die skuurtjie gepak word.

Sewe sproeiers is buite aan die mure geheg om die houtskool nat te spuit. Sodra die houtskool lekker nat is, koel die skuurtjie af sodat dit sowat 5 grade Celsius koeler binne is as buite.

Die koel vogtige toestande in die skuur vertraag die verbruiningsproses so goed dat hulle feitlik nie meer bruin vrugte sien nie.

In die verlede het hulle ligdag begin pluk en teen elfuur moes hulle ophou, want dan het dit te warm geword en het die vrugte te vinnig verbruin. Nou kan hulle deur die dag pluk sonder probleme.

Die plukspan pluk die trosse lietsjies af en bring dit na ander werkers wat dit in die koelte onder bome weer van die tros afpluk en die vrugte in plukkiste pak.

Die plukkiste word so vinnig moontlik in die koelskuur gepak en sodra daar 'n bakkievrag reg is, word dit gelaai, met nat komberse en skadunet toegemaak en na die pakhuis gebring waar dit afgekoel, gegradeer en in koelvragmotors na 'n verpakkingsaanleg aan die Rand gebring word waar dit vir die kettingwinkels volgens bestelling verpak word.

Met die verkoelingsgerief in die boord kon hulle vanjaar self 'n klein gedeelte van die oes vir die mark vooraf verpak en het hulle feitlik dieselfde pryse behaal as wat hulle vir die vrugte vir die kettingwinkels gekry het.

Hulle het ook 'n brief gekry van me. Lorette Pretorius, die pakhuisbestuurder van Geldenhuys-boerdery, waar die vrugte gesorteer word, waarin hulle gelukgewens word met die feit dat hulle deur die dag vrugte van so 'n besondere gehalte lewer.

Sy skryf dat hul lietsjies rooier as enige van die ander produsente s'n is en dat hul uitpakpersentasie besonder hoog is.

Die skuurtjie het skaars R1 500 gekos en die hele lietsjie-oes van sowat 40 ton is daardeur. Aangesien die meeste van dié vrugte gelewer word aan bekende kettingwinkels wat net rooi vrugte vat, het die eenvoudige patent hulle duisende rande meer in die sak gebring.

Die skuurtjie was eintlik net 'n proefneming, sê Theuns 3. Hy beplan nou om die hele pakskuur op die plaas met sulke sifdraad en houtskool mure toe te maak en sproeiers op die dak te sit. Die water wat die dak koeler hou, sal met die afloop die houtskool in die mure ook natmaak.

Hulle verbou sowat 8 ha lietsjies. Die bome is 15 jaar oud en lewer 'n baie goeie opbrengs. Daarby is hul vrugte besonder vroeg ryp wat hulle toeskryf aan die noordwestelike helling waarteen die boord aangelê is.

Hul welslae om baie goeie lietsjies te oes, skryf hulle verder toe aan 'n uitstekende klimaat en goeie bestuur. Hulle maak seker die bome kry genoeg water (sowat 700 liter per boom per week deur mikrosproeiers) en die regte bemesting na gelang van die resultate van blaarontledings en die grootte van die vorige oes. Die reënval is sowat 800 mm per jaar.

Verder het hulle sowat 80 000 mango en 6 000 avokadobome.

Landbouweekblad, 2 Maart 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
+1.8%
Rand - Pond
21.11
+1.0%
Rand - Euro
18.14
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,795.36
-0.2%
Silwer
23.01
-0.6%
Palladium
1,914.91
+0.8%
Platinum
1,023.63
+0.4%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,173
+1.4%
Alle aandele
75,334
+1.4%
Hulpbronne 10
75,189
+1.6%
Industriële 25
92,282
+0.8%
Finansiële 15
15,820
+2.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Altyd sonnig en vol pret
Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot