AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Portwyn dors na beter bemarking

Portprodusente moet met slim bemarkingsplanne portwyn se beeld as 'n "sterwende wyn vir ou here" verander om dit vir wynprodusente finansieel die moeite werd te maak om in dié bedryf te belê en om portwyn langer te laat verouder.

Portprodusente moet met slim bemarkingsplanne portwyn se

beeld as 'n "sterwende wyn vir ou here" verander om dit vir wynprodusente

finansieel die moeite werd te maak om in dié bedryf te belê en om portwyn langer

te laat verouder.

Suid-Afrikaanse portwyn se gehalte het die afgelope paar jaar baie verbeter, maar die plaaslike mark is steeds klein.

Op die portsimposium, wat as deel van vanjaar se Calitzdorp-portfees aangebied is, het verteenwoordigers van die bedryf oor portstyle en die bemarking van port wêreldwyd gepraat. Hieruit het dit geblyk dat port se beeld wêreldwyd verbeter moet word.

Mnr. Tim Stanley-Clarke, 'n bekende wynkenner van Brittanje, sê in daardie land, wat een van die grootste markte vir port is, word dit gesien as 'n "sterwende wyn vir ou here." Verlede jaar het net 20 % van die Britte port gedrink.

Mnr. Boets Nel, wynmaker en eienaar van De Krans-kelder op Calitzdorp, sê dit is moeilik om syfers oor die portbedryf in Suid-Afrika te kry, aangesien port en ander gefortifiseerde wyn, soos sjerrie, in amptelike statistiek saam gegroepeer word.

In 1996 is sowat 38 miljoen liter gefortifiseerde wyn in Suid-Afrika verkoop. Verlede jaar was dit 30,4 miljoen liter. Uit die sowat 217,7 miljoen liter wyn wat verlede jaar uitgevoer is, was gefortifiseerde wyn se aandeel net sowat 520 000 l, of sowat 0,24 %. Maar mnr. Tony Mossop, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Portprodusente-assosiasie, reken port het aan die neiging van dalende wynverbruik in Suid-Afrika ontkom. Só het port se aandeel van die mark vir gefortifiseerde wyn vanaf 12 % in 1990 tot 26 % in 1996 gestyg, veral ten koste van sjerrie. Meer onlangse syfers is nie beskikbaar nie.

Volgens mnr. Colin Frith, 'n lid van die Instituut van Kaapse Wynmeesters, is port waarskynlik die mees onderwaardeerde spiritus in die land. Wynmakers het die afgelope 10 tot 15 jaar deur die maak van goeie wyn 'n "portrevolusie" in die land begin. Die generiese beeld van port moet nou aandag kry om dit vir wynprodusente finansieel die moeite werd te maak om in die bedryf te belê en om portwyn langer te laat verouder.

Een manier waarop port se beeld onder jonger mense verbeter kan word, is deur meer moderne etikette en geskenkpakke. Etikette moet egter nie oordoen word nie, aangesien dit weer die beeld van stylvolheid kan benadeel, sê mnr. Stanley-Clarke.

Kleiner bottels sal ook meer mense aanmoedig om port tuis te drink. In die restaurantbedryf is dit beslis 'n behoefte, aangesien port nie te lank gebêre moet word nadat die bottel oopgemaak is nie. Restaurante moet ook aangemoedig word om dit as 'n dessertwyn op hul spyskaarte te erken.

Mnr. Stanley-Clarke sê nóg 'n idee wat werk, is om tanige port in deursigtige bottels te bemark.

Die plaaslike portbedryf beskou navorsing as 'n belangrike deel van die uitbouing van die bedryf. Winetech gaan vir die bedryf navorsing doen oor wynspiritus in 'n nuwe styl wat meer gepas is vir die fortifisering van port. Navorsing gaan ook gedoen word oor die faktore wat kleuronttrekking en -ontwikkeling raak by druiwekultivars wat gebruik word om port te maak. Oor die kwessie van die uitfasering van die naam port sê mnr. Dave Hughes, 'n erelid van die Intistuut van Kaapse Wynmeesters, dat produsente dit maar moet aanvaar. Suid-Afrika moet eerder baklei vir die behoud van benamings wat op portstyle gegrond is, soos "Ruby", "Tawny" en "Vintage", in kombinasie met "Cape". Die EU wil hierdie benamings ook verbied wanneer dit op gefortifiseerde wyn van toepassing gemaak word. Die datum vir die uitfasering hiervan is tot begin volgende jaar uitgestel, wat die Suid-Afrikaanse Portprodusente-assosiasie meer tyd gee om sy riglyne vir die vyf vernaamste portstyle deur die Wyn- en Spiritualieëraad erken te kry. Dit, tesame met die feit dat Suid-Afrikaanse produsente hierdie terme al etlike jare lank gebruik, sal volgens mnr. Mossop die land se saak in onderhandeling met die EU versterk. 5 September 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bietjie van 'n Romantikus wat graag geselsdap soek
Ek is vriendelike mens wat nie baie issues het nie. Ek is 'n 'software developer' en as sulks baie lief vir tegnologie. Ek hou daarvan om lekker te lag word ook...
Passionate.
Hou van eerlikheid. Is nog jonk van gees. Hardwerkend. Passionate vir ware liefde. Hou van shopping en uiteet. See vakansies
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot