AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Presisie-wingerdkunde stoot gehalte op

Presisie-wingerdboerdery met die hulp van afstandswaarneming kan die gehalte van wyn dramaties verbeter. Hoewel dit 'n nuwe konsep in Suid-Afrika is, het dit gekom om te bly danksy die talle voordele daarvan.

Presisie-wingerdbestuur word reeds wyd in ontwikkelde lande, soos Amerika (Kalifornië) en Australië, toegepas en baie geld en tyd word bestee om dié tegnologie te verbeter, sê mnr. Stephan Joubert van Perdeberg Wynboere in die Paarl.

Hy en mnr. Kobus Louw, hoof van die afdeling grondkunde by die Landbounavorsingsraad (LNR) se Infruitec-Nietvoorbij-Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn op Stellenbosch het op 'n werksessie van die SA Wingerd en Wynkunde-vereniging op Upington oor presisie-wingerdbou gepraat en gesê Suid-Afrika het 'n unieke en uiteenlopende samestelling van verskillende grondsoorte en klimaatsones binne 'n klein gebied. Dit lei tot talle verskillende wynstyle wat die land se wyne spesiaal maak teenoor dié van ander lande waar kommersiële wyn op groot skaal gemaak word sonder werklik groot stylverskille.

Dié diverse samestelling het egter 'n nadeel, naamlik die voorkoms van verskillende grondsoorte binne dieselfde blok wat lei tot verskille in groeikrag en druifsamestelling. Vroeër is die grondverskille meestal geïgnoreer en moes wynmakers daarmee saamleef, maar in 'n uiters mededingende wynmark is dit nou nodig om wyngehalte deurlopend en op lang termyn te verbeter om mededingend te bly.

'n Tipiese probleem in die meeste wynkelders is dat grondverskille tot verskillende rypwordingstye lei. Ten spyte daarvan het die gehalte van Suid-Afrikaanse wyn die laaste vyf jaar met rasse skrede verbeter en ding nou met die bestes ter wêreld mee. Van die redes hiervoor is die verbetering in wingerdboupraktyke en die pars van druiwe by optimum-rypheid.

As verskille binne 'n blok voorkom, is dit egter onmoontlik om ál die druiwe by optimum rypheid te pars as alles op dieselfde dag geoes moet word. As ál die optimum ryp druiwe op dieselfde dag gepars kon word, sou wyne van betekenisvol beter gehalte geproduseer word.

Een van die belangrikste hulpmiddels vir presisie-wingerdbestuur is afstandswaarneming, meen mnre. Louw en Joubert. Deur lugfoto's te gebruik, is dit moontlik om verskille binne blokke te identifiseer en met infrarooifoto's is dit moontlik om verskille in plantstres binne blokke en tussen verskillende stokke vas te stel. Dit is nie altyd met die blote oog waarneembaar nie.

Sekere besluite is egter vooraf nodig, sê hulle. Kwotasies moet aangevra word by betroubare instansies met spesifieke kennis van wingerdbestuur, soos AfriMap Geo-Information Services en die LNR.

Daar moet besluit word op die formaat van die inligting. Die inligting moet in digitale formaat wees omdat dit vinniger verwerk word. Die noukeurigheid van die inligting is belangrik en daarom is dit nodig dat die beelde skaalgetrou met die regte geografiese projeksie gemaak word. Die resolusie van die beelde moet ook gespesifiseer word omdat dit die koste en benutbaarheid affekteer.

Mnre. Louw en Joubert sê by wingerd kan die resolusie 0,3 meter tot 3 meter wees, na gelang van die doel waarvoor die beelde gebruik gaan word. Dit is ook nodig om vooraf te spesifiseer watter beelde nodig is, byvoorbeeld kleur, infrarooi of groeikragindekse (NDVI's). Kleur- en infrarooifoto's behoort redelik standaard te wees.

NDVI-beelde word van sagteware verkry deur infrarooi beelde en 'n eenvoudige formule. Die wyse waarop die NDVI-beelde saamgestel word, moet ook vooraf gespesifiseer word. Dit is meer betekenisvol as elke blok afsonderlik verwerk word, eerder as 'n verwerking vir die plaas in sy geheel, meen hulle.

Navorsing toon die beste tyd vir afstandswaarneming vir wyndruiwe in die Wes-Kaap is in die deurslaanperiode - van begin tot middel Januarie. Die data moet reeds beskikbaar wees tydens rypheidsmonitering.

Alle betrokkenes by die wingerd behoort die verwerkte beelde te bestudeer sodat gebiede met groot verskeidenheid uitgewys en gemerk kan word. Die grense van die seksies kan vasgestel word deur satellietnavigasiestelsel-koördinate te gebruik wat in die wingerd afgemeet word. Anders kan sagteware, soos ER Viewer, gebruik word om die afstande op die rekenaar te meet en dan in die wingerd die grense van die verskillende seksies uit te meet.

Daarna moet die oorsaak van die wisseling vasgestel word. Een van die algemeenste oorsake van die wisseling is grondverskille. Profielgate moet gegrawe word om te kyk na grondverskille. Grond moet ontleed word om moontlike chemiese oorsake te identifiseer. Alle aksies en waarnemings moet volledig aangeteken word omdat dit op die lang duur heelwat tyd en geld kan bespaar.

Die voordele van presisie-wingerdkunde is legio, meen

mnre. Louw en Joubert. Dit sluit in:

  • Bemesting kan aangepas word vir geiler en yler seksies.
  • Snoei-aksies kan ook aangepas word sodat minder draer-oë in die yler, en

    meer in die geiler seksies gelaat word.

  • Besproeiing kan aangepas word om wisseling binne blokke te verminder. Dit

    is een van die doeltreffendste maniere om variasie binne blokke te

    verminder.

  • Lowerbestuur, groentrosverwydering en oesbeheer-aksies kan ook aangepas

    word vir die verskillende seksies.

  • Beter en noukeuriger rypheidsmonitering.

Dit is met dié tegnologie moontlik om meer druiwe binne elke blok by optimum rypheid te pars, wat 'n betekenisvolle verbetering in wyngehalte op kort en lang termyn asook 'n beter inkomste per hektaar teweegbring.

As bestuurspraktyke aangepas word, kan groter eenvormigheid mettertyd binne 'n blok bewerkstellig word.

'n Belangrike voordeel is die benutbaarheid van hierdie tegnologie met hervestiging. Hervestiging is die ideale geleentheid om veranderinge aan te bring op grond van groeikragverskille, soos die rekenaarbeelde aandui. Dit kan beteken dat die blokuitleg drasties kan verander op grond van vorige groeikragverskille, soos uitgewys op die beelde. Een blok kan nou dalk in twee of drie kleiner blokke opgedeel word. Dit mag ook beteken dat daar selfs binne dieselfde blok verskille kan wees in die keuse van onderstokke, plantspasiëring, opleistelsel en besproeiingstelsel.

Mnre. Louw en Joubert meen die presisie-benadering gaan al hoe belangriker in wingerdboerdery word. Suid-Afrika is egter agter teenoor ander lande as dit kom by hierdie tegnologie en dit is nodig dat die navorsingsbehoeftes op hierdie gebied dringend geïdentifiseer en geld daarvoor gevind word.

Boere behoort ook meer ingelig te word oor hierdie tegnologie en ál sy voordele. Dit moet egter altyd onthou word dat hierdie tegnologie nooit basiese wingerdboupraktyke gaan vervang nie, maar eerder net waarde sal toevoeg as die res goed bestuur word, waarsku hulle.

24 Oktober 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot