AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Produseer so kopkool

Meer as 'n halfmiljoen ton kopkool word jaarliks in Suid-Afrika geproduseer.

Weens hierdie gewas se ekonomiese belangrikheid behoort groenteboere alles in die stryd te werp om neergelegde produksieriglyne te volg sodat die oes se grootte en gehalte die beste moontlik kan wees.

As dit by voedingswaarde kom, het kool nog nooit baie gehad om oor te spog nie. Dit het relatief min kalorieë en proteïen, maar dit is 'n belangrike bron van vitamiene A en C en verskeie minerale, veral kalium, sê mnr. Kobus van Heerden, produkbestuurder van MayFord.

Kopkool is 'n gewas wat die beste in 'n koel, vogtige klimaat aard. Dit is redelik teen ryp bestand en kan minimum temperature van so laag as -3 °C weerstaan, mits daar nie skielike verskille tussen die dag- en nagtemperatuur is nie.

Die gewas kan dus dwarsdeur die jaar verbou word. In dele met koue winters, soos die Hoëveld en ander koue dele van die binneland, behoort kool egter nie van April tot Julie geplant te word nie, want dan is dit te koud vir normale plantontwikkeling.

Waar uitermatig hoë somertemperature voorkom, soos in die Laeveld, is die koppe geneig om weens bakteriese siektes te bederf. Xanthomonas campestris , wat swartwortelvrot veroorsaak, is waarskynlik die bakteriese siekte wat die grootste geldelike verliese meebring.

Dié probleem kan gedeeltelik oorkom word deur kultivars te gebruik wat goeie weerstand teen dié siektetoestand bied, sê mnr. Van Heerden.

Dit is algemene praktyk om saailinge by 'n kwekery te koop. Boere moet egter seker maak dat die plantjies nie ouer as ongeveer vyf weke is nie. Saailinge wat te oud word in die saailaaie, ontwikkel baie stadig nadat dit uitgeplant is.

Insekbestryding by die saailinge is baie belangrik. Saailinge se groeipunte word dikwels deur insekte beskadig en sulke plante ontwikkel in hartlose plante, wat nie koppe vorm nie. Koolboere streef na 'n eenvormige oes. Daarom moet saailinge wat baie swak is of abnormaliteite het, nie geplant word nie.

Volgens navorsing moet plantjies tydens warm, nat toestande, en nie te diep nie, geplant word. Verskeie stam- en wortelsiektes kan ontwikkel as die saailing se stammetjie met grond toegegooi word.

Plantspasiëring hang af van die mark waarvoor die boer produseer. As sy mark groot koppe verkies, moet die boer 'n plantestand van sowat 35 000 plante per hektaar gebruik. 'n Tipiese ryspasiëring vir groot koppe is 600 mm tot 700 mm tussen die rye, met die plante ongeveer 450 mm van mekaar af. Vir die produksie van kleiner koppe kan die plantestand tot ongeveer 45 000 plante per hektaar verhoog word.

Kopkool kan op 'n groot verskeidenheid grondsoorte verbou word, maar goed gedreineerde leemgrond lewer die beste resultate. Die pH moet 5,5 tot 7 wees.

Koolgewasse het hoë voedingsvereistes (veral stikstof en kalium) en haal baie voedingstowwe uit die grond. Dit is altyd goed om gewasse se basiese onttrekking van voedingstowwe in aanmerking te neem by die samestelling van 'n bemestingprogram. Dertig ton koolkoppe onttrek byvoorbeeld 120 kg stikstof, 20 kg fosfaat, 100 kg kalium en 85 kg kalsium. Dit is egter nie moontlik om 'n spesifieke bemestingprogram vir die produksie van kopkool op te stel sonder om die grond te ontleed nie. Die besonderhede in tabel 1 is dus net 'n algemene riglyn.

Mnr. Van Heerden sê boere moet ook op koolgewasse se behoeftes vir mikro-elemente ag slaan. Kool is gevoelig vir 'n tekort aan die mikro-elemente boor, molibdeen en yster. 'n Tekort kan plante swak laat ontwikkel.

Daar is verskeie kritieke stadiums in die ontwikkeling van die plant wanneer genoeg water noodsaaklik is vir die plant om optimaal te kan produseer. Oormatige besproeiing is egter net so nadelig as te min. Kool wat gedurende die warm tye van die jaar geproduseer word, moet verkieslik op walle geplant word om die afloop van oortollige water en goeie dreinering te verseker. Te nat toestande kan tot ernstige wortelsiektes bydra, waarvan swartwortelvrot sekerlik die belangrikste is.

Met die vestiging van die saailinge is dit belangrik om die grond tot op ongeveer 400 mm diep goed nat te maak. Dit sal sterk groei in die begin stimuleer en goeie wortelontwikkeling tot gevolg hê. Die plante moet ook gedurende die kopvormingstadium genoeg water kry.

Die aantal dae tot oesgereedheid word deur die kultivar bepaal. Kopgrootte en kophardheid is twee belangrike eienskappe waarvolgens oesgereedheid bepaal kan word. Gewoonlik neem 'n land met 'n potensiaal van 60 ton tot 80 ton kopkool 70 tot 160 dae om oesgereed te word. In tabel 2 word verskillende koolgewasse se oesgereedheid met mekaar vergelyk.

Waar koolgewasse oor lang afstande vervoer moet word of vir 'n tyd lank opgeberg moet word, moet dit in die regte toestande gedoen word. In tabel 3 verskyn temperatuur- en humiditeitsriglyne vir die opberging en vervoer van die verskillende koolgewasse. Die verwagte raklewe van die gewasse word ook gegee.

Die sukses van koolverbouing word grootliks deur die keuse van die regte kultivar bepaal. Koolkultivars verskil drasties in hul vermoë om by hitte en koue aan te pas. Dit verg oordeelkundige bestuur. Die boer moet ook bedag wees op siektes wat op verskillende tye van die jaar kan uitbreek.

29 November 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.52
+0.3%
Rand - Pond
21.18
-0.1%
Rand - Euro
18.82
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
986.30
-0.0%
Palladium
1,665.66
+0.8%
Goud
1,879.89
+0.3%
Silwer
22.44
+1.2%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,852
+0.6%
Alle aandele
79,902
+0.5%
Hulpbronne 10
75,107
+0.7%
Industriële 25
103,309
+0.6%
Finansiële 15
16,335
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
[removed]
eks eerlik opreg en lojaal teenoor my maar. ek geniet die buite lewe is avontuur lustig Hou van mense wat eerlik en opreg is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot