As die eerste werklike
nuwe vrug wat op die
wêreldmark verskyn
het sedert die kiwi
meer as 30 jaar gelede,
is die verhaal van die
PEPPADEW® piquanté-rissie
nét so prikkelend
en fassinerend soos
sy smaak.
EPPADEW® piquanté-rissie is 'n
uiters veelsydige soetrisse, wat
plaaslik kommersieël verbou word.
Dit word hoofsaaklik in Mpumalanga
(in die omgewing van Burgersfort
en Ohrigstad) en in Limpopo (by Tzaneen,
Mokopane en Vaalwater) geplant,
terwyl Peppadew International dit verwerk,
botteleer en onder die handelsmerk
PEPPADEW® bemark.
Die internasionale maatskappy Peppadew
is Trots Suid-Afrikaans en het die
onderneming in 2000 by die oorspronklike
eienaar gekoop. Sedertdien het die maatskappy
op groot skaal belê in die verbetering
van die vervaardigingsproses en -fasiliteite,
in innoverende produkontwikkeling
rondom die piquanté-rissie en in die bemarking
van die handelsmerk PEPPADEW®.
Die vrugte word nou in meer as 20 lande
onder dié handelsmerk verkoop, waar verbuikers
skynbaar nie genoeg kan kry van
die unieke smaak van die PEPPADEW®
piquanté-rissie nie. Feitlik 80 % van die
plaaslike produksie word uitgevoer -
hoofsaaklik na Amerika, Brittanje, die Europese
vasteland, Australië en Nieu-Seeland.
Peppadew International fokus sterk
op gehalte. Sy gepatenteerde proses en
geheime resep het gesorg vir die perfek
gebalanseerde soet en pikante smaak en
kenmerkende kraakvars tekstuur. Met
geen preserveermiddels, kleurmiddels of
geneties aangepaste bestanddele nie, en 'n
rakleeftyd van 24 maande, is dit juis wat
verbruikers soek - in 'n era van al hoe meer
verbruikerseise en 'n aandrang op natuurlike,
voedsame produkte.
Die gehaltesiklus begin reeds by die
PEPPADEW®-kontrakkwekers, wat vrugte
van die beste moontlike gehalte kweek.
"Ons afdeling vir landbounavorsing waarborg
die verskaffing van saad en saailinge
van slegs die beste gehalte aan ons kwekers,
terwyl die afdeling vir vrugte-aankope uitgebreide
steun verleen deur kwekers reg
deur die groeitydperk gereeld te besoek. Dit
verg 'n spesiale soort boer om hierdie soetrissie
te kweek, maar met goeie bestuur
en noukeurige navolging van advies wat
deur die PEPPADEW®-landbouproduksiebeamptes
gegee word, is dit moontlik
om uitstekende opbrengste te kry. En die
kweker het gemoedsrus in die wete dat
vrugtepryse in die begin van die seisoen
vasgestel word en nie aan markskommelinge
onderhewig is nie."
Die oes van piquanté-rissies is baie arbeidsintensief
en verg ongeveer elf werkers
per hektaar sodra die oestyd 'n spits
bereik. Dit beteken dat die maatskappy onregstreeks
heelwat werksgeleenthede skep
- volgens raming groei dit met 45 % per
jaar, met inagneming van die toenemende
plaaslike en internasionale vraag.
PEPPADEW® se moderne produksieaanleg
is geleë op Tzaneen. Wanneer die
produksie op 'n hoogtepunt is, skep dié
maatskappy direkte werksgeleenthede vir
1 200 tot 1 400 tydelike loonwerkers. Hierdie
werkers sorteer en ontpit die vrugte met
die hand, terwyl 'n verdere 180 tydelike
werkers met die produksieproses help. Afgesien
van die tydelike loonpersoneel het
die fabriek 105 vaste werknemers, van wie
85 uit voorheen agtergeblewe gemeenskappe
kom. Die aanleg het die afgelope ses jaar
gereeld verbeterings ondergaan namate
die besigheid uitgebrei het, insluitend die
aankoop van nuwe verpakkingstoerusting
van wêreldgehalte.
By die aanleg ondergaan die vrugte 'n
unieke proses - gradering, ontpitting, sortering
met die hand en 'n deeglike was, gevolg
deur blansjering, verpakking en verdere
hittebehandeling om deurgaans die
hoë gehalte van die produk te verseker.
Die gewildheid van die geur van die
PEPPADEW® piquanté-rissie blyk voorts
uit die feit dat daar nou sowat 50 waardetoevoegingsprodukte
is waarvoor hierdie
spesiale piquanté-rissie gebruik word (byvoorbeeld
vir 'n sekere soort aartappelskyfie,
slaaisous, fetakaas, Mediterreense
doopsouse, tramezzini, kooksouse en vir 'n
reeks Woolworths-produkte, om maar net
'n paar te noem).
Volgens die uitvoerende hoof, mnr. Phil
Ovens, is die markpotensiaal van hierdie
Suid-Afrikaanse suksesverhaal wêreldwyd
aan die groei. "Die sterk fokus op gehalte,
tesame met vernuwende bemarkingsveldtogte
onder verbruikers, het werklik die
handelsmerk plaaslik en internasionaal gevestig.
Ons is baie opgewonde
oor die toekomsvooruitsigte
vir hierdie handelsmerk."
Lees ook die Peppadew-resep in ons Kos en resepte-afdeling, of klik hier.
jockdavie@soft.co.za; of met mnr. Abrie van
Tonder, sel. 082 886 5065, epos: avantonder@icon.co.za
3 Julie 2007