AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Propolis stoot bye-inkomste op

Byeboerdery beteken vir die meeste mense net die produksie van heuning en die lewering van bestuiwingsdienste. Min byeboere weet egter dat daar ook goeie geld te maak is uit nóg 'n korfproduk wat tot dusver as nutteloos beskou is en weggegooi word.

Byeboerdery beteken vir die meeste mense net die produksie van heuning

en die lewering van bestuiwingsdienste. Min byeboere weet egter dat daar ook

goeie geld te maak is uit nóg 'n korfproduk wat tot dusver as nutteloos beskou

is en weggegooi word.

Byeboere ken propolis waarskynlik as "bywerk", maar min vermoed dat daar heelwat geld uit dié "afvalstof" te maak is. Só sê mnr. André de Jager, meestersgraadstudent in Landboubestuur aan die Technikon Port Elizabeth (Saasveld).

Propolis is 'n harsagtige stof wat bye van die blomknoppe en groeipunte van plante versamel om hul korf waterdig, steriel en infeksievry te hou. Dit bestaan uit 60 % hars, 30 % was en 10 % stuifmeel en ander vreemde materiale. Propolis besit antibiotiese, antivirale, antibakteriese en antifungale eienskappe wat bye teen siektes beskerm.

Dié eienskappe maak dit ook vir menslike gebruik gesog - veral met die toenemende gewildheid van natuurlike produkte. Propolis word reeds in verskeie medisinale produkte gebruik, waaronder hoesstrope, suigtablette, verkouemiddels, tandepasta, mondspoelmiddels, velrome en sjampoe. In Suid-Afrika word dit al sedert die dae van die Anglo-Boereoorlog op sny- en brandwonde gebruik.

Propolisprodukte vorm deel van die snel groeiende gesondheidsmark in Suid-Afrika wat reeds op R35 miljoen per jaar geraam word. Die meeste propolisprodukte word nog ingevoer.

Navorsing het egter al getoon dat propolisproduksie wel 'n ekonomiese impak op die winsgewendheid van 'n byeboerdery kan hê, en selfs geleenthede vir uitvoer bied.

Asiatiese lande is die grootste verbruikers van propolis, en met sy miljoene mense maak daardie wêrelddeel alleen 'n feitlik onbeperkte mark uit. Die prys hou egter verband met gehalte en kopers verkies om eerder per kilogram hars of vaste stowwe te betaal as per kilogram rou produk, sê mnr. De Jager.

Gehalte word onder meer gemeet aan die harspersentasie, hoeveelheid was en ander vaste stowwe. Hoe hoër die harsinhoud, hoe hoër is die prys gewoonlik.

Propolis se gehalte word veral deur twee faktore beïnvloed, naamlik die tipe plantegroei en die metode van produksie.

Die tipe plantegroei bepaal onder meer die flavenoïed-samestelling van hars, asook die hoeveelheid. Hoe meer flavenoïed saam met die hars voorkom, hoe beter word die gehalte geag.

Die metode van produksie is ook belangrik. Gewoonlik word propolis van die korfopeninge en van rame afgeskraap. Dit is dan meestal vol was, houtsplinters, sand en ander onsuiwerhede. Deur egter 'n propolisval te gebruik, kan die produksie en gehalte verhoog word omdat kontak met onsuiwerhede só vermy word.

Hy sê navorsing toon dat verskillende tipes valle 'n invloed op die gehalte en produksie van propolis het. 'n Bekende metode om propolis te versamel, is om 'n gaasnet te gebruik. Dit is goedkoop, maar minder doeltreffend.

Bye is geneig om baie was daarin te deponeer, en propolisproduksie is heelwat laer. Die leeftyd van die net is beperk en bye is geneig om gate deur sekere soorte te vreet.

In nuwe navorsing is verskillende ander valle getoets. Mnr. De Jager het met geringe aanpassings aan 'n Amerikaanse val 'n nuwe val ontwerp wat 40 % doeltreffender is as die bestaande netvalle.

Dié buigbare plastiekval lewer verreweg die suiwerste en meeste propolis van alle valle wat getoets is. Boonop word dit teen 25 % van die ingevoerde prys in Suid-Afrika vervaardig en kos dit sowat R34.

Die val is van 'n harde, voedselveilige en duursame plastiek wat herhaaldelik gebruik kan word. Dit is ook só ontwerp dat dit as vervoerskerm gebruik kan word om korwe te ventileer wanneer bye vervoer word.

Hy het terselfdertyd navorsing gedoen om te bepaal of propolis kommersieel produseerbaar is, en of verhoogde propolisproduksie enige nadelige invloed op korfproduktiwiteit het. 'n Kontrolegroep is behandel soos in 'n tipiese byeboerderystelsel waar propolis net van die rame en korfopening geskraap is.

Die eksperimentele groep se korwe is toegerus met die nuwe propolisval wat die binnedeksel van die korf vervang. Dit veroorsaak dat die bye die holtes van die val toemaak om dit teen omgewingsfaktore te beskerm. Die propolis is maandeliks geoes deur die val te verwyder en met 'n skone te vervang.

Warm propolis is baie taai en moeilik om te hanteer. Die gebruikte val word daarom oornag in 'n vrieskas geplaas om die propolis tot vriespunt te verkoel. Sodra dit koud is, word die propolis hard en bros, en word dit verwyder deur die val te buig. Die buigbaarheid van dié val laat die meeste van die propolis afspring.

Uit proewe het dit geblyk dat propolisproduksie betekenisvol hoër was. Mnr. De Jager meen dit kan toegeskryf word aan die val wat bye stimuleer om meer propolis te produseer. Die skoonopbrengs-harspersentasie was 11 % hoër in die behandelde groep weens minder kontak met was en onsuiwerhede.

Daar was nóg 'n voordeel: Die groep met die val het in die tydperk van Februarie tot Maart 8 % meer heuning geproduseer as die ander groep. Dit kan toegeskryf word aan die beter ventilasie wat die val in korwe veroorsaak.

In Augustus was daar feitlik geen verskil in heuningproduksie tussen die twee groepe nie. 'n Positiewe korrelasie is ook gevind tussen heuningvloei en propolisproduksie, wat beteken dat die meeste propolis gedurende die heuningseisoen afgehaal is.

Gemiddeld 28 g propolis en 22,12 kg heuning per korf is in die kontrolegroep geoes, terwyl die groep met die val 260,2 g propolis en 24,25 kg heuning per korf gelewer het.

Die inkomste per korf het met 22 % gestyg - van R355,33 tot R461,22 oor die 9 maande. Die inkomste uit propolis alleen was verantwoordelik vir 80 % van die styging in inkomste.

Die aantal rame met bye (swermsterkte) en oppervlakte broed (jongby-larwes) is ook maandeliks gemeet om te sien of daar verskille voorgekom het tussen die kontrolegroep en dié wat met die val toegerus is.

Mnr. De Jager sê die gebruik van die propolisval het 'n

minimale invloed op broedproduksie en swermsterkte gehad (tabel

1). Propolisproduksie het heelwat gewissel - van 52 g (swakste) tot 760

g (beste) per korf oor die nege maande van die proef. Dit dui aan dat genetiese seleksie vir propolis 'n moontlikheid is om produksie te verhoog. 'n Gemiddelde produksie van 500 g per korf per jaar is maklik haalbaar.

TABEL 1: Heuning-, propolis- en broedproduksie, sowel
as die hoeveelheid rame vol bye oor 'n periode van nege
maande in korwe sonder en met 'n propolisval

 Korwe sonder val Korwe met val
Heuning (kg)

24,60

26,50

Broed (cm)

1 267,30

1 085,40

Rame vol bye

10,00

9,80

Propolis (g)

38,20

361,80

Inkomste per korf (R)

353,80

467,00

Gestel 'n boer kry R200/kg vir propolis, produseer 500 g propolis per korf per jaar en hy skryf die propolisval oor drie jaar af, sal sy wins R85,67 per korf per jaar beloop. 'n Boer met 100 korwe sal dan R8 567 per jaar ekstra verdien sonder veel moeite en koste.

Op die plaas Swartklip, tussen Riversdal en Albertinia, waar hy boer, het heuningproduksie die afgelope vyf jaar van gemiddeld 19 kg per korf tot 12,3 kg per korf per jaar gedaal. Die redes hiervoor is die ernstige droogte in die Suid-Kaap, die voorkoms van siektes soos Varroa, en nuwe byeboere wat baie korwe uitplaas sonder om eers te bepaal hoeveel byeboere en bye daar reeds in die omgewing is.

Op dié plaas met 1 200 ha fynbos word slegs 140 korwe aangehou omdat op naburige plase ook baie bye is. Dit lei tot "oorbeweiding'' van die beskikbare nektarbronne en laer opbrengste.

Dit het hom laat besluit om na 'n alternatief soos propolis te kyk. Sy beste 50 produserende korwe is toegerus met propolisvalle. 'n Gemiddelde produksie van 610 g per korf is die afgelope seisoen behaal, wat teen sowat R200/kg verkoop is. Dit het vir 'n ekstra inkomste van R122 per korf gesorg, wat gelykstaande is aan die waarde van 9,04 kg heuning, sê hy.

Hy fokus nou op die genetiese seleksie vir propolis en heuning om winsgewendheid verder te verhoog. Met die uitvoermoontlikhede is propolis 'n goeie manier om waarde toe te voeg tot byeboerderye, meen hy. Mnr. De Jager is ook besig met 'n markondersoek na uitvoergeleenthede. Mense wat meer wil weet, kan hom bel by 082 922 6756.

TABEL 2: Die finansiële voordeel van die
nuwe propolisval

 R/korf
Inkomste:
500 g propolis per korf @ R200/kg

100,00

Uitgawes:
Val (R34 7 3 jaar = R11,33)
Arbeid (R3)

14,33

Wins

85,67

23 Augustus

2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.67
-0.6%
Rand - Pond
21.34
-0.8%
Rand - Euro
18.96
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
980.15
-0.7%
Palladium
1,647.04
-0.4%
Goud
1,877.13
+0.2%
Silwer
22.38
+0.9%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,742
+0.4%
Alle aandele
79,767
+0.3%
Hulpbronne 10
74,651
+0.1%
Industriële 25
103,408
+0.7%
Finansiële 15
16,314
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Prinses Kosmos soek haar Prins Kakiebos💕
Kreatief en vriendelik, hou van die see son. en gesond leef dis altyd lekker in die buitelig, maar as daar gewerk word is dit eerste. 100% is my moto. Lief vir Mense en diere....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot