AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Raad met klein vrugte by Hass

Hoewel daar steeds nie 'n klinkklare oplossing vir die kleinvrugprobleem by Hass-avokado's is nie, kan boere hierdie verskynsel deesdae beter tot hul eie voordeel bestuur.

Hoewel daar

steeds nie 'n klinkklare oplossing vir die kleinvrugprobleem by Hass-avokado's

is nie, kan boere hierdie verskynsel deesdae beter tot hul eie voordeel

bestuur.

Die probleem van klein vrugte by Hass-avokado's is nie iets nuuts nie. Meer as 'n dekade gelede is dit as die belangrikste saak vir navorsing deur die Suid-Afrikaanse Avokadokwekersvereniging aangedui.

In die 1980's het droogte die avokadoproduksiegebiede geteister en die kleinvrugprobleem het ernstige afmetings aangeneem. Wat hierdie situasie destyds werklik kommerwekkend gemaak het, was die feit dat daar nie 'n uitvoermark vir klein Hass-avokado's was nie en dat die klein getal verwerkingsaanlegte vir puree en olie nie die hele aanbod kon hanteer nie.

Die klein vrugte was dus vir die meeste avokadoboere 'n probleem, het mnr. Derek Donkin, bestuurder van die kwekersvereniging, op die Levubu-avokadostudiegroep se jongste boeredag gesê.

Vanaf 1996 tot 2002 het goeie reën in die produksiegebiede geval. Nog goeie nuus was dat 'n uitvoermark vir die "Baby Hass" in Engeland ontwikkel is. Dit stem ongeveer ooreen met die groeiende gewildheid van baba-groentesoorte, soos suikermielies, kool, groenboontjies en skorsies.

Die rypmaak en vooraf verpakking van die "Baby Hass" is in die buiteland onderneem, waar dit goed ontvang is.

Hierdie mark is nog nie so groot dat dit ál die beskikbare klein vrugte kan absorbeer nie, maar intussen neem dit 'n redelike deel daarvan op.

Mnr. Donkin sê nóg goeie nuus is dat meer nuwe verwerkingsaanlegte vir olie en puree onlangs in bedryf gestel is, wat die mededinging tussen die plaaslike aanlegte verstewig het en beter pryse vir klein Hass-vrugte bewerkstellig het.

Die afgelope jaar is gekenmerk deur 'n baie warm en droë somer, veral in Januarie en Februarie. 'n Groot persentasie klein vrugte is tydens die oes en uitpak opgemerk. Volgens mnr. Piet Muller, bestuurder van Amondel Pakkers by Levubu, het sommige Hass-boorde in dié gebied tot 80 % vrugte onder die telling 22 (klein) gelewer.

Mnr. Donkin sê hierdie seisoen het die kleinvrugprobleem by Hass dus weer baie duidelik te voorskyn gekom. Gelukkig is die uitvoermark vir olie, puree en baba-Hassvrugte gevestig, maar ongelukkig is daardie mark nog beperk en was dit vanjaar nie só sterk soos die uitvoermark vir vars, groot vrugte nie. Boere sou vanjaar baie meer geld gemaak het as dit nie vir die kleinvrugprobleem was nie.

'n Interne ondersoek toon dat die saadhuid by klein vrugte dood is, terwyl dit by 'n vrug van die gewone grootte nog leef. Navorsing wat aan die Universiteit van Natal gedoen is, het aan die lig gebring dat die saadhuid belangrik is vir die ontwikkeling van die vrug en dat wanneer die saadhuid in strestoestande doodgaan dit die verdere vrugontwikkeling beperk. Stres speel dus 'n belangrike rol in die vorming van klein vrugte by die kultivar Hass.

Mnr. Donkin sê elke boer moet self besluit of Hass se klein vrugte 'n struikelblok of 'n geleentheid is. Die kern van die saak is dat elke boord winsgewend moet wees en die hele plaas oor vyf tot tien jaar steeds winsgewend bedryf moet word.

Baie avokadoprodusente verbou dikwels ook piesangs, makadamianeute en selfs mango's. Daarom moet die boer krities kyk na sy "besigheid" en sy boorde indeel volgens dié wat winsgewend is, dié wat nie winsgewend is nie en dié wat nie winsgewend is nie, maar die potensiaal het om winsgewend te word.

"Om die kleinvrugprobleem by Hass te beperk, sal tyd, moeite en goeie bestuur kos. Nie alle boere sal kans sien om die ekstra myl te loop nie, en juis daarom is daar geleenthede vir dié wat wel daarvoor kans sien," sê mnr. Donkin.

Die vernaamste

oorsake

Die Levubu-studiegroep het deeglik na die probleem van klein vrugte by die kultivar Hass gekyk. Die volgende sake is as moontlike of bydraende oorsake gelys: Die grond, genetiese samestelling van die plantmateriaal, boom-ouderdom, klimaat en boomgesondheid.

Wat boomgesondheid betref, is gesonde wortels baie belangrik. As 'n boom se wortels nie gesond is nie, kan die boom bokant die grond ook nie gesond wees nie. Dit is meer dikwels ongesonde bome wat die grootste persentasie klein vrugte dra. Inspuitings is beskikbaar om wortelvrot teen te werk. Navorsing oor drie jaar in KwaZulu-Natal het getoon dat die gebruik van 'n deklaag die vorming van klein vrugte verminder.

Die rol wat voeding in vrugvorming en vrugontwikkeling speel, moet nooit onderskat word nie. Die grootte van die oes wat van die bome afgehaal is, moet in ag geneem word wanneer besluit word oor bemestingspeile. Hierdie bemesting moet voldoende wees om boomreserwes op te bou én die huidige vrugte aan die boom groot te maak. Produsente moet ook in gedagte hou dat onkruid en gras in 'n boord nie net water nie, maar ook voedingstowwe van die bome weghou.

Jonger bome dra gewoonlik groter vrugte. Ouer bome kan deur die regte snoeipraktyke 'n "verjongingskuur" ondergaan. Blomsnoei, tot soveel as 25 %, stimuleer die vorming van groter vrugte en boomjeugdigheid en dit gaan die bome 'n kans op 'n groter oes die volgende jaar gee. In hierdie proses kan groeireguleerders ook 'n rol speel, maar dit is belangrik om te onthou dat dit slegs op gesonde bome gebruik moet word. Dit is belangrik om 'n gesonde balans tussen die vrugte en blare aan elke boom in 'n boord te handhaaf.

Die klimaat is een van die faktore waaraan boere self nie veel kan doen nie. Tog bestaan elke plaas uit verskillende mikroklimaatsones. Hass-avokado's hou byvoorbeeld van 'n matige klimaat en daarom sal dit beter wees om dié kultivar op van die koeler hellings op 'n plaas aan te plant. In 'n mate kan besproeiing gebruik word om die klimaat binne perke te beheer.

Hass hou van diep, goed gedreineerde grondsoorte met baie klei en organiese materiaal. Dit is feitlik onmoontlik om die genetiese eienskappe van 'n spesifieke plant te wysig. 'n Teelprogram sal moontlik eers ná baie jare resultate lewer - intussen is daar geen waarborg dat dít die probleem van klein vrugte sal oplos nie.

24 Oktober 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot