AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Radikale besluite wag op wynboere

Boere in die wyngebiede aan die kus sal hul wingerdpraktyke onder die vergrootglas moet plaas.

Boere in die wyngebiede aan die kus sal hul wingerdpraktyke onder die vergrootglas moet plaas as hulle deurlopend in die behoeftes van verbruikers wil voorsien. Sekere ingrypende en vernuwende besluite en denkskuiwe sal nodig wees, meen 'n wingerdboukundige.

In 2004 was wyndruifwingerde op altesaam 43 086 hektaar in die kusgebiede van die Wes-Kaap - dit is die omgewings van die Paarl, Stellenbosch en Malmesbury - gevestig. Dit maak 51 % uit van die totaal van 85 331 hektaar waarop wyndruiwe in Suid-Afrika gevestig is. Tog is net 27 % oftewel 358 226 ton van die land se totale wyndruiwe-opbrengs van sowat 1,312 miljoen daardie jaar in die kusgebiede geproduseer.

Die kusstreke se gemiddelde opbrengs was 8,3 ton/ha, teenoor die 22,6 ton/ha in die res van die land. Die bedryfsgemiddelde was 15,4 ton/ha.

Hoekom is daar so 'n groot verskil?

Mnr. Francois de Villiers, 'n wingerdboukundige van Omnia Wyne, Stellenbosch, sê die kusstreke se swak opbrengs is grootliks toe te skryf aan klimaats- en grondfaktore.

Tog is daar heelwat wat gedoen kan word, meen hy. Boere in dié gebiede staan voor 'n kruispad. Hulle moet besluit of hulle in die toekoms wyndruiwe wil produseer wat in moontlike verbruikers se behoeftes sal voorsien, en of hulle op hul gewone manier wil probeer aangaan.

Daar is 'n paar neigings in die wynbedryf waaraan aandag gegee behoort te word. Wat grootmaatwyn betref (tabel 1), het die geleidelike prysgroei wat rooi kultivars tot 2003 beleef het, nou omgekeer.

In Augustus verlede jaar was die prys heelwat laer as in 1999. Ook wat grootmaat-witwyn betref, het die skerp groei wat tussen veral 2001 en 2003 in die prys ervaar is, afgeplat. Anders as in die geval van rooiwyn, het die prys egter nie gedaal nie.

Dieselfde neiging is in die kusstreke se druiwepryse ervaar, hoewel daar steeds 'n effense groei in die prys van witwyndruiwe te bespeur is.

Kostedruk knel die wynbedryf, net soos die meeste ander landboubedrywe. Die belangrikste kostefaktore waarmee geworstel word, is die wisselkoers wat uitvoer strem, owerheidsdruk, heffings, die koste van kapitaal, marktoegang, die prysdruk wat deur oorproduksie veroorsaak word, en stygende eenheidskoste per ton.

In 2004 het arbeid byvoorbeeld 39 % van die koste van wyndruifproduksie in die kusgebiede uitgemaak, teenoor 33 % van die koste in die res van die produksiegebiede. Die gemiddelde totale uitgawes vir die kusstreek beloop R20 900/ha teenoor R18 818/ha vir die bedryf in sy geheel (tabel 2).

In 2004 is wyn van 68,6 % van die totale wyndruifoes gemaak. Die res is gebruik vir druiwesap, stookwyn en druiwesapkonsentraat. In dieselfde jaar is 308,7 miljoen liter wyn (54 %) plaaslik verbruik en 266,5 mijoen liter uitgevoer, volgens die Suid-Afrikaanse Wynbedryfinligting en -stel-sels (Sawis) se inligting.

De Villiers sê 'n wêreldwye neiging is dat wyne in segmente of klasse verdeel word. Daar is nie so iets soos 'n "gemiddelde wyn" nie, want elke segment het sy eie karaktertrekke en vereistes. Verreweg die grootste hoeveelheid wyn val in die segmente basies, populêr-premium en premium.

Basiese wyn se prys is gewoonlik onder 3 euro (sowat R21,81 teen 'n wisselkoers van R7,27 per euro) per bottel, populêr-premiumwyn se prys tussen 3 euro en 5 euro per bottel en premiumwyn se prys tussen 5 euro en 7 euro per bottel. In die hoër segmente - superpremium en ultrapremium - wissel die pryse onderskeidelik tussen 7 euro en 14 euro en 14 euro en 150 euro. Ikoonwyn kos meer as 150 euro per bottel.

In Suid-Afrika word die prysvlakke (rand per kis van 12 bottels van 750 ml elk) en hul markaandeel soos volg geraam:

  • Wyn in die hoë prysklas kos meer as R150 per kis. Die verkope beloop 37,5 miljoen liter wyn (11 %).

  • Die mediumprysklas is van R85 per kis tot R150 per kis. Die verkope is 122 miljoen liter wyn (37 %).

  • Wyn in die standaardprysklas - onder R85 per kis - maak 52 % van die verkope uit (173,5 miljoen liter).

    Na watter lang- en korttermynpraktyke moet boere in die kusstreke kyk om hul markaandeel te vergroot?

    De Villiers noem die volgende aspekte op die lang termyn:

  • Leweringskontrakte. Baie koöperasies skakel oor na maatskappye, en vertroue moet geskep word en behoue bly deur die sluiting van kontrakte. Dit is ook belangrik dat inligting oor alle sake vrylik deur albei partye oorgedra word.

  • Kultivarkeuses moet met insig gemaak word - ook tussen rooi- en witwynkultivars. 'n Algemene verandering wat tans plaasvind, is dat meer wit- as rooiwynkultivars geplant word. Boere moet kyk of spesifieke kultivars geskik is vir die terrein en of hulle in harmonie met die omgewing is. Verfynde klimaatsmodelle bestaan om die geskiktheid van terreine vir wingerdverbouing te bepaal. Temperatuur is egter die belangrikste klimaatselement. 'n Boer se besluit oor watter kultivar hy op watter stuk grond wil vestig, is die enigste element wat hy kan beheer ten opsigte van die terrein. Enige kultivar kan op enige plek groei, maar sal nie noodwendig druiwe van goeie gehalte lewer nie. Elke kultivar het bepaalde vereistes ten opsigte van die terrein, verbouing en die wyse waarop dit tot wyn berei word.

  • Prysdoelwitte is altyd belangrik. 'n Boer moet realisties wees wanneer hy sulke doelwitte stel.

  • Wanneer 'n wingerd gevestig word, moet 'n boer die allerbeste praktyke volg. Ontwikkel die bo- en ondergrondse hulpbronne ten volle. Maak volledig van meganisasie gebruik. Dit is 'n duur langtermynbelegging, en dit sou baie dom wees om hierop te probeer bespaar.

  • Vermy die algemeenste probleme. Die kultivar en onderstok moet in harmonie met die omgewing wees. 'n Fout wat dikwels gemaak word, is om die afstand tussen die stokke in 'n ry te nou te maak. Die aantal rye per hektaar het 'n groot impak op die hoeveelheid druiwe per hektaar. Dit is belangrik dat die rye so na as prakties moontlik aan mekaar gevestig word. Met 'n afstand van 3 m tussen rye kan 33 rye per hektaar geplant word, met 'n afstand van 2,5 m tussen rye kan 40 rye per hektaar geplant word en met 'n afstand van 2 m tussen rye kan 50 rye per hektaar geplant word. Dit is logies dat die opbrengs hoër sal wees as die afstand tussen die rye kleiner is. Nog 'n probleem is dat prieëlstelsels dikwels te klein is omdat die pale te kort is. Die algemeenste paallengte is 2,4 m. Dié pale word 600 mm diep ingeplant. Dit sou ook dom wees om hierop te probeer bespaar.

  • Langtermynfoute lei tot buitengewoon hoë produksiekoste (veral arbeid) ten opsigte van korttermynpraktyke.

    De Villiers meen die kus-wynboer moet homself afvra of die kusstreke goeie wyn vir die laer pryssegmente lewer, wat die verbruiker van wyn in die laer segmente verwag en of verbruikers regtig "ernstige" wyne wil hê eerder as maklik drinkbare "leefstyl-wyne". Hy moet homself ook afvra of die wyne in die hoër pryssegmente aan internasionale standaarde voldoen.

    Die kusstreke se koeler, gematigde klimaat maak dit moontlik om vol wyne met 'n goeie struktuur en vrugtige boeket te berei, mits die trosse kan ryp word in toestande met voldoende lig en gematigde temperature.

    Wat korttermynpraktyke betref, het De Villiers die volgende raad:

  • Een kostefaktor waarop 'n boer kan bespaar, is arbeidsintensiewe snoei en loofbestuur (tabel 3). Handsnoei is 'n duur praktyk. Met minimumsnoei - 'n praktyk wat in Australië ontstaan het - is dit moontlik om selfregulerende wingerde te verkry wat omtrent geen hande-arbeid verg nie. Net die lote wat laag is en naby die grond hang, word teruggesnoei. Nadat die raamwerk daargestel is vir die vestiging van 'n blok waarin minimumsnoei gedoen word, hou die boer op om die lote aan die kante en bokante van die lower te snoei. Genoeg water en voedingstowwe moet egter beskikbaar wees om só 'n selfregulerende wingerdblok suksesvol te laat produseer. Dit is bevind dat sulke blokke se waterbehoefte, veral in die begin van die groeitydperk, hoër is as dié van gewone, handgesnoeide blokke.

  • 'n Probleem wat dikwels voorkom, is lower wat te dig is. Dit word veroorsaak deur onder meer oormatige groeikrag, draer-spasiëring wat nie reg is nie, stokke wat naby aan mekaar geplant is, onvoldoende suiering, swak lootmanupilasie en oormatige bemesting en besproeiing.

  • Volg altyd die beste praktyke en riglyn en doen dinge betyds, want dit is dinge wat wetenskaplik bepaal is. Dit kos minder om vroegtydig op te tree as om brouwerk agterna te probeer regmaak.

    De Villiers sê wingerdboere wat besluit het hulle wíl goeie wyndruiwe in die kusstreke produseer, sal saam met hul druiwekoper radikaal vernuwende besluite moet neem om in die behoeftes van die verbruiker te voorsien. Die koper koop die boer se druiwe aan, en daarom behoort hy ook insette te kan lewer oor praktykaanpassings. Hulle moet koppe bymekaar sit oor wat wanneer gedoen moet word.

    10 Februarie 2006

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.09
    -0.4%
    Rand - Pond
    20.66
    +0.0%
    Rand - Euro
    17.80
    -0.1%
    Rand - Aus dollar
    11.54
    +0.0%
    Rand - Jen
    0.12
    -0.0%
    Goud
    1,754.60
    0.0%
    Silwer
    21.61
    0.0%
    Palladium
    1,856.61
    0.0%
    Platinum
    984.00
    0.0%
    Brent-ruolie
    83.63
    -2.0%
    Top-40
    66,754
    -0.0%
    Alle aandele
    73,151
    +0.0%
    Hulpbronne 10
    71,441
    -0.1%
    Industriële 25
    87,347
    -0.2%
    Finansiële 15
    16,370
    +0.4%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    The fragerance stays on the hand that gives the rose
    Leer my ken en jy sal sien jy sal nie sonder my kan klaarkom. hoogs verslawende persoonlikheid wat weet hoe om jou oë te laat omdop. getrainde hande wat jou goosebumps orals...
    Opsoek na lekker geselskap
    As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot