Die Sandveld - die noordwestelike
hoekie van die Kaapse planteryk
wat geseën is met minstens nege
unieke fynbostipes - is al bestempel
as 'n mensgemaakte woestyn van
aartappelboerdery.
Omgewingsdrukgroepe sonder dikwels
die plaaslike landbousektor (wat darem nie
net die aartappelboere is nie, maar ook die
rooibosteebedryf en selfs die 4x4-bedryf) as
sondaar uit vir die oormatige onttrekking
van water en onoordeelkundige (selfs onwettige) ontbossingspraktyke in die streek.
Die Sandveld het die afgelope twintig
jaar, veral ná die koms van Eskom-krag en
spilpunte in die 1980's, ontplof as aartappelproduksiestreek.
Die ekologie betaal nou die duurste vir dié ekonomiese vooruitgang,
want daar is duidelike tekens dat
natuurlike hulpbronne onder druk raak
weens die vinnige ontwikkeling in die
landbousektor.
Die afgelope drie jaar is elke jaar gemiddeld
6 591 ha aartappels geplant vir die produksie
van saadaartappels, aartappels vir
die varsmark en aartappels vir die voedselverwerkingsbedryf
in 'n gebied tussen die
Cederberge (oostelike grens), dieAtlantiese
Oseaan (wes), die Darling-streek (suid) en
Strandfontein (noord).
Die bedryf se totale omset is 'n geskatte
R400 miljoen per jaar en dit verskaf werk
aan sowat 3 250 werkers. Die Sandveld is
dus een van die belangrikste voedsel- en
werkverskaffingsgebiede in dieWes-Kaap.
Bykans alle besproeiing is van grondwater
afhanklik. Sommige onttrekkingspunte
se watergehalte versleg voortdurend,
terwyl ander se gehalte goed bly. Hoewel
die omvang van die waterbron onbekend
is, is die kans goed dat dit krimp.
Satellietbeelde toon 1 773 spilpunte in
die aartappelproduksiegebied van die
Sandveld. Dit het 'n gesamentlike oppervlakte
van 30 740 ha. Om die risiko's met
aartappelgewasse te beperk en siektedruk
teen te werk, word die sirkels elke vier tot
vyf jaar geroteer. Nuwe lande word dus
gereeld benodig om in die groeiende markvraag
te voorsien.
Die getal spilpuntsirkels in die kern van
die produksiegebied van Wadrif tot Paleisheuwel
tot Moutonshoek tot Elandsbaai het
die afgelope tien jaar toegeneemvan 599 tot
1 355 ('n toename van 126%). Die oppervlakte
onder sirkels het van 12 384 ha tot
22 871 ha gestyg ('n toename van 84%).
In die 12 jaar voor 2006 is jaarliks gemiddeld
974 ha inheemse habitat omgeploeg
om plek te maak vir spilpunte en aanplantings.
Dit is gemiddeld 2,7 ha veld per dag.
Die beraamde waterverbruik in die
Sandveld is 46,9 Mm3 per jaar. Die Departement
van Waterwese en Bosbou reken
die gemiddelde grondwateraanvulling is
234 Mm 3 per jaar. Sowat 20% van die jaarlikse
aanvullingword dus vir aartappelproduksie
onttrek. In party opvangsgebiede is
die onttrekkingspersentasie egter al 80.
Mnr. Sean Ranger, nuwe bestuurder van
Die Aartappels Suid-Afrika se projek vir die
beste praktyke om biodiversiteit te verseker,
sê volhoubaarheid staan op drie pilare:
Die omgewing, die ekonomie en die sosiale
aspekte van die gemeenskappe wat in die
gebied leef.
"'n Volhoubare toekoms is net moontlik
as ons as gemeenskap daarop fokus
om ons ekonomiese ambisies te ontwikkel
en bestuur binne die beperkings wat die
omgewing bied. Die drie bene van volhoubaarheid
is interafhanklik en daarom kan
die oorbeklemtoning van een van hulle 'n
onvolhoubare situasie veroorsaak.
"Grootskaalse ekonomiese ontwikkeling
ondermyn ekostelsel-gesondheid en
lei tot vervalle omgewings. Oorbeklemtoning
van die omgewing sal ekonomiese
volhoubaarheid ondermyn en dit sal lei
tot bankrot ondernemings en 'n ernstige
impak op mense se lewensgehalte hê. Die
geheim is om balans te vind in die soeke na
'n volhoubare toekoms."
Met die opstel van die gids met biodiversiteitsriglyne
vir aartappelproduksie in
die Sandveld is die drie pilare in gedagte gehou. Die projek is deur Aartappels Suid-
Afrika en Cape Nature aangevoor. Dit bevat
'n aantal aanbevelings om algemene boerdery-
en biodiversiteitspraktyke te verbeter
en fokus spesifiek op goeie grondbestuur,
besproeiing, bemesting en geïntegreerde
plaagbestryding.
"Die landbou kan nie suksesvol wees
sonder die handhawing van 'n gesonde
balans met die omgewing waarbinne dit
beoefen word nie. Om vennootskappe met
boere, natuurbewaring, die handel, regerings-
en nieregeringsorganisasies, internasionale
beleggers en die verbruiker te
vorm, is 'n eerste in sy soort," sê mnr. Joos
Engelbrecht, taakspanvoorsitter van die
biodiversiteitinisiatief.
Aartappels Suid-Afrika, Conservation
International, Woolworths, Cape Action for
People and the Environment, Critical Ecosystems
Partnership Fund, Cape Nature en
Pick n Pay finansier die projek op die oomblik.
Die toekoms daarvan hang van voortgesette finansiering af.
Die Groter Cederberg-biodiversiteitkorridor
(GCBK) verbind die Groter Cederberg-
bewarea met die laagland en die kus.
Meer as 40 boere het hulle verbind om 'n
deel van hul eiendom volgens 'n vrywillige
ooreenkoms vir dié projek te laat oormerk.
Dit bied die eerste keer amptelike
beskerming aan sowat 2 300 ha van die Leipoldtville-
sandfynbos en die Graafwatersandsteenfynbos.
Volgens Ranger is die redes vir die krisis
die verwydering van inheemse plante
en die oorbenutting van water. "Sowat drie
jaar gelede het die GCBK die aartappelbedryf
as een van die grootste aandrywers
van ontbossing uitgewys," sê hy.
In 'n mindere mate dra die rooibostee en
4x4-bedryf in dié omgewing ook tot verwoesting
by.
"Die GCBK het besef as hy 'n inisiatief
vir die beste praktyke vir biodiversiteit begin,
skep dit die geleentheid om sulke praktyke
in die hoofstroom van die ekonomiese
en landbousektor te laat opneem. Dit beteken
die bedryf sal die natuurlike hulpbronne
op 'n volhoubare manier as deel van sy
sakepraktyke bestuur. Dit rus die boer dus
toe om op 'n meer omgewingsvriendelike
manier te boer en só die impak van die
boerdery op die omliggende natuurstelsels
te versag.
"Daar is ook na bewering onwettige ontwikkeling
van natuurlike veld in die noorde
van die Sandveld. Dit moet reggestel word
as deel van die beste praktyke. Die bedryf
moet bo verdenking staan en wettig raak,"
sê Ranger.
Die onwettige praktyke waarna verwys
word, is boere wat versuim om 'n omgewingsevaluering
of bestekopname en omgewingsimpakstudie
te laat doen ingevolge
Aktiwiteit 12 van Staatskennisgewing Nr.
R. 386 van 21 April 2006. Dit geld wanneer
meer as 3 ha inheemse plantegroei verwyder
word.
"Die verwydering van natuurlike plantegroei
vir nuwe lande is die belangrikste
enkele bedrywigheid wat tot die verlies
aan biodiversiteit in die Sandveld lei. Die
ontbossing van grond moet slegs oorweeg
word as daar geen alternatiewe grond beskikbaar
is nie," staan in die gids tot beste
praktyke.
Sowat 24 boere het aangedui hulle oorweeg
die beste praktyke. Die meeste van
die praktyke wat in die gids beskryf word,
is in elk geval verpligtend ingevolge statutêre
regulasies en wette,maar Ranger beklemtoon
dit gaan nie nét oor voldoening
aan die voorskrifte van die wet nie. Die uitgangspunt
is dat boere meer moet doen as
wat die wet van hulle vereis.
"Ons ontwikkel die gereedskap wat ons
na die boere moet neem," sê Ranger.
Dit sluit in 'n omgewingsplan met die
beste praktyke en 'n ouditvorm (telkaart).
Hiervoor is goeie rekordhouding nodig om
eerlike selfbeoordeling te doen. "Na aanleiding
van die resultaat van die oudit sal ek 'n
omgewingsplan en spesifieke projekplanne
vir die boer se unieke situasie skryf."
Oudits word jaarliks gedoen en ná elke
suksesvolle oudit kry die boer 'n sertifikaat.
Die sertifikaat sal aandui of die boer in die
kandidaat-, goue of platinum-kategorie
kwalifiseer.
Voorts het dr. Anton Haverkort, sakeeenheidbestuurder
van Plant Research International
by die Universiteit van Wageningen
in Nederland, voorgestel dat sekere
plase waar die praktyke toegepas word, as
normwaardes gestel word.
"As een boer water of stikstof doeltreffend
gebruik, kan dit as 'n voorbeeld dien
vir ander boere. Sodoende kan ons uitvind
watter praktyke gee goeie opbrengste."
Dit is totaal vrywillig om die beste praktyke
op 'n plaas toe te pas, maar in die toekoms
kan druk van die kleinhandel en verbruikers
verwag word.
Me. Sophie Suzman, sake- en biodiversiteitskoördineerder
van Conservation International,
is in die proses omdie beste praktykemet
die handel te verbind. Dit beteken
die beste praktyke kan eersdaags waarde
tot produkte toevoeg.
Ranger sê markte beweeg in 'n rigting
waar omgewingsvriendelike boerderypraktyke
beloon sal word.
Is daar ander voordele om deel te neem
aan die beste praktyke?
"As jy 'n plaas koop waarop onwettige
bedrywighede plaasgevind het, word jy
daarvoor verantwoordelik gehou. Omgewingswetgewing
maak voorsiening vir 'n
boete van R5 miljoen of 10 jaar tronkstraf
of albei. Daar is ook 'n kans dat die batebeslagleggingseenheid
beslag kan lê op die
hoeveelheid geld wat jy uit die onwettige
praktyk gemaak het," sê Ranger.
Kry dus jou huis in orde en verminder
die finansiële risiko wat onwettige praktyke
vir jou onderneming inhou.
Nóg 'n voordeel van die beste praktyke
Is dat heelparty daarvan ook goeie bestuursriglyne
is. Dit kan bestuurskoste verminder
en doeltreffendheid verhoog.
'n Gesonder ekologie sal ook beter by
klimaatsverandering aanpas, sê Ranger.
Ses uit sewe modelle wat deur dr. Emma
Archer van die Universiteit van dieWitwatersrand
se Skool vir Geografie, Argeologie
en Omgewingstudies ontwikkel is, toon 'n
droër klimaat met warmer minimum en
maksimum temperature vir die Sandveld.
Wanneer 'n gebied ryk is aan diere- en
plantsoorte,word sulke veranderingemakliker
verwerk.
Ranger beklemtoon hulle wil boere nie
beperk om 'n winsgewende onderneming
te hê nie, maar hulle eerder help om dit in
oorleg met die omgewing reg te kry.
"Die meeste voordele van die toepassing
van die beste praktyke sal nie in hierdie stadium onmiddellik
sigbaarwees nie. Onverantwoordelike
boerderypraktyke, selfs net
deur 'n paar individue, sal onteenseglik 'n
potensieel vernietigende uitwerking op die
hele Sandveld-aartappelbedryf, die streek
se biodiversiteit en die breër gemeenskap
hê," lui die gids.
Sommige kritici meen egter die riglyne is
'n geval waar te min te laat gedoen word.
Mnr. Charl deVilliers, leier van die Suid-
Afrikaanse Botaniese Vereniging se projek
vir biodiversiteit in omgewingsassessering,
het die aartappelbedryf geloof vir dié inisiatief.
Hy is egter bekommerd dat twee
belangrike aspekte nie aandag kry nie.
"Eerstens kan jy nie van beste praktyke
praat as jy slegs van boere verwag om aan
wetgewing te voldoen nie. As jy van beste
praktyke praat, moet jy hoër standaarde
stel. Wat 'hoër standaarde' is, is waarskynlik
debatteerbaar.
"Ons sal beslis wil sien dat die aartappelboere
altyd daarna streef om die doelwitte
van die GCBK te ondersteun. Met sulke
standaarde wil ons die produksiedoelwitte
in pas bring met die groter streeksbewaringsdoelwitte. Ons koppel dus die sektor
se verwysingsraamwerk aan 'ngroter perspektief.
"Tweedens, die riglyne skiet erg tekort
omdat dit nie voldoende erken dat die ongereguleerde
verandering van grondbewerking
die grootste verlies aan biodiversiteit
in die Sandveld veroorsaak het nie."
Volgens De Villiers is hier met "tonnelvisie"
te make. "Daar is 'n eng fokus op
individuele handelinge sonder om terug
te staan en te kyk wat die som van die impakte
is."
Maar mnr. Mark du Plessis, uitvoerende
hoof van Aartappels Suid-Afrika, hoop die
projek plaas hulle aan die voorpunt van 'n
landbousektor wat meer aan die omgewing
teruggee as wat dit daaruit vat.
"Die wêreld raak benoud en die druk is
groot. Die doel met die projek is om aan te
hou om die natuurlike hulpbronne te bewaar.
Die landbou moet voorkomend optree
en begin teruggee."
Dr. Ben Pieterse, bestuurder van navorsing,
ontwikkeling en tegnologie-oordrag
by Aartappels Suid-Afrika, sê: "Ons is by
'n punt waar die verantwoordelike gebruik
van hulpbronne die enigste manier is om
boerdery-potensiaal vir die volgende geslag
te ontsluit."
Belangrike biodiversiteitskenmerke van die Sandveld
korridor, die Groter Cederberg-biodiversiteitskorridor wat
die kus met die berge wes van die Olifantsrivier sal verbind.
(dit is dus van wêreldbelang).
bedreigde dieresoorte kom in die gebied voor.
Sandveld voor.
kom hoofsaaklik daar voor. Ál nege plantegroeitipes word op
'n nasionale vlak as bedreig beskou.
belangrikste bedreigde habitatte in die streek. Ongeveer 50 %
is reeds aan bewerking afgestaan. Enige verdere verlies sal die
voortbestaan van dié unieke plantegroei onherroeplik beïnvloed.
Dit ondersteun minstens 40 bedreigde plantsoorte, waarvan ten
minste 15 net in hierdie plantegroeitipe voorkom.
Pas minstens dié maatreëls op jou plaas toe
Om die beste praktyke op jou plaas in
te stel, is heeltemal vrywillig. Volgens
mnr. Sean Ranger is daar 'n paar kritieke
maatreëls wat boere gerus kan oorweeg,
selfs al wil hulle nie ál die praktyke gebruik
nie.
skep 'n grondslag waar alles wat op jou
plaas gedoen word, wetlik aanvaarbaar
is.
projekte op die plaas om te keer.
Dit kan die oorbenutting van water help
bekamp.
toekomstige ontwikkeling, soos om ongebraakte
grond skoon te maak, beoog.
wat jou plaas met 'n korridor verbind.
Sluit 'n vennootskap met die Groter
Cederberg-biodiversiteitskorridor as jou
eiendom binne een van die kernkorridors
val.
Mik vir goud en tref dalk platinum
Die kandidaat-kategorie is die intreevlak
vir boere met histories onwettige
praktyke op hul plase, wat onderneem
om die situasie reg te stel.
"As hierdie inisiatief alle boere met
histories onwettige praktyke uitsluit, sal
die voordeel daarvan verlore gaan," lui
die gids vir biodiversiteitspraktyke.
Boere wat vir hierdie kategorie in
aanmerking kom, moet bewys lewer
dat hulle die onwettige praktyke aan
die Departement van Omgewingsake
en Ontwikkelingsbeplanning of
die Departement van Waterwese en
Bosbou verklaar het en met 'n regstellingsproses
begin het. Dié proses
behels aansoeke om permitte vir grond
wat reeds ontbos is, en lisensiëring vir
wateronttrekkings.
'n Boer wat 50% op die telkaart behaal
en alle ontbossings- en wateronttrekkingsbedrywighede
wettig gemaak
het, kry goue status.
Platinum-status word aan boere toegeken
wat 75% op die telkaart behaal
het, ontbossings- en waterontrekkingsbedrywighede
wettig gemaak het en
instem om 'n ooreenkoms met Cape Nature aan te gaan om natuurlike veld
van meer as 100 ha te bewaar.
Landbouweekblad, 16 Mei 2008