AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Regte olyfkultivars stoot wins op

Olyfboerdery kan 'n winsgewende alternatief vir kontantgewasse in die somerreëngebied wees.

Olyfboerdery kan 'n winsgewende alternatief vir kontantgewasse in die somerreëngebied wees mits die regte kultivars, wat by die omgewing aangepas is, geplant word. Dit word bewys deur omvattende private kultivarproewe deur 'n boer van Hartswater.

In sy kultivarproewe met meer as 50 verskillende olyfkultivars het 'n olyfboer van Hartswater al drie kultivars geïdentifiseer wat uitstekend in die somerreëngebied vaar. Sy navorsing is egter nie afgehandel nie. Proewe met verskeie kultivars kan moontlik nóg geskiktes oplewer.

Tien jaar gelede het mnr. Ben Visser van Hartswater begin soek na alternatiewe om kontantgewasse te vervang. Nadat hy ál die moontlikhede deeglik ondersoek het, het hy op olywe besluit.

Hy het sy eerste olywe in 1995 geplant en was een van die eerste boere in Vaalharts om olywe te vestig. Die eerste aanplantings was hoofsaaklik Mission, die kultivar wat in daardie stadium algemeen in die land geplant is. Die kultivar het egter nie na wens gepresteer nie. Omdat dit klaarblyklik nie die geskikste kultivar vir die gebied was nie.

Daar het toe 'n verkeerde siening ontstaan dat olywe nie suksesvol in die somerreëngebied verbou kan word nie. Hy het egter in die potensiaal van olywe geglo en begin navorsing doen na ander kultivars.

In 1999 het hy met proewe begin om nog kultivars vir sy streek te selekteer. Hy het aanvanklik 100 bome van elke kultivar geplant, maar dit tot 10 verminder om vinniger te kan selekteer.

Verskille was van vroeg af waarneembaar. Van hulle het al in die tweede jaar heelwat vrugte gedra. Die nuwe kultivars het hulself ook bewys as beter bestand teen koue toe baie lae temperature laat in 2003 ervaar is.

Een van die grootste verskille tussen die kultivars is dat sommiges vegetatief baie sterk groei. Dit is nie noodwendig 'n aanduiding van 'n goeie kultivar nie, want dit verhoog die onderhoud, soos snoeiwerk, aan die bome. Dié kultivars lewer ook nie almal 'n goeie opbrengs nie.

'n Paar kultivars, Frantoio, Coratina en Favolosa het hulle egter al onderskei. Dié drie se eienskappe is baie eenders en hulle het uitstekende olie-eienskappe. Omdat die proef nog nie afgehandel is nie, is hy nog nie seker of hy reeds die heel beste kultivars het nie. Hy het al self meer as 50 kultivars getoets, maar daar is wêreldwyd meer as 2 000 verskillende kultivars.

'n Fout wat hy aanvanklik in die proef gemaak het, was dat hy kultivars geplant het wat in die Wes-Kaap en Mediterreense gebiede presteer. Hy het besef die kultivars wat in sy gebied presteer, is heeltemal anders as dié in die ander streke.

Van die verskille waarna Visser opgelet het, is die persentasie en gehalte olie wat die kultivars lewer. Dit is 'n belangrike eienskap, want nie alle bome wat 'n hoë opbrengs het, lewer noodwendig 'n hoë persentasie of goeie gehalte olie nie. Die olie-opbrengs van kultivars kan van 3 % tot 15 %, en selfs meer wissel, na gelang van hoe ryp die olywe is.

Alle olywe is aanvanklik groen en word uiteindelik swart. Groen olywe gee min olie. Soos die olywe ryper word, ontwikkel die olie tot 'n maksimum net voor die olyf van die boom afval. Die beste gehalte olie word egter van halfryp olywe gemaak.

Oorryp olywe het 'n hoër persentasie olie, maar van 'n swak gehalte. Halfryp olywe het 'n laer persentasie olie, maar die olie het uitstekende aromatiese en organoleptiese eienskappe. Die graad van rypheid van olywe wanneer dit geoes word, is dus baie belangrik.

Benewens die toets vir kouebestandheid, persentasie en gehalte olie, speel die grootte van die vrugte ook 'n belangrike rol. Dit kos meer om 'n swaar drag klein vruggies te oes as 'n kleiner drag groter vrugte.

Sekere kultivars kom vroeër in drag, maar hy het bevind dit is nie noodwendig beter nie. Kultivars wat later in drag kom, kan moontlik meer vrugte of vrugte van 'n beter gehalte dra. Dit is belangrik om in aanmerking te neem dat 'n mens nie sogenaamde "dubbeldoel"-olyfkultivars kry nie.

Daar is oliekultivars wat ook as tafelolywe verwerk kan word en tafelkultivars kan ook gepars word. Dit is egter beter om vooraf te besluit wat jy met die olywe wil doen en dan op kultivars te konsentreer wat spesifiek vir daardie doel geskik is.

Bestuiwing is baie belangrik. Om dit te verbeter, is dit goed om 'n verskeidenheid kultivars te plant wat mekaar kan bestuif. 'n Verspreide oestyd is ook een van die voordele van meer as een kultivar.

Die afgelope paar jaar het die nuwe olyfkultivars hulself begin bewys as 'n volwaardige en winsgewende alternatief vir kontantgewasse. Die vestigings- en onderhoudskoste is nominaal laer, min werktuie is nodig en ook minder water en kunsmis. Diefstal is glad nie ter sprake nie. Suid-Afrika produseer tans sowat 400 ton olywe per jaar, terwyl die verbruik sowat 3,5 duisend ton per jaar is.

Visser bedryf die enigste verwerkingsaanleg in sy streek en die grootste binnelandse aanleg waar olie gepars word. Hy glo met sy proewe lewer hy 'n bydrae tot die vergroting van die Suid-Afrikaanse olyfbedryf.

Die sukses van sy proewe is dat hy in 'n groot behoefte voorsien - om kultivars te identifiseer wat in die somerreënstreek van die land aard en presteer.

Voornemende olyfboere is welkom om Visser te kontak vir raad en inligting oor olyfverbouing en toerusting. Hy help onder meer met die opstel van 'n sakeplan.

Op Olives South Africa se webwerf www.olivessouthafrica.co.za is baie inligting beskikbaar.

  • Navrae: sel 082 555 7968.

    Grootste aanleg in binneland

    Suiwer olyfolie van die heel beste gehalte word deesdae by 'n verwerkingsaanleg in Hartswater gemaak. Boonop word 'n jong vrou tans opgelei en sal sy uiteindelik een van die min vroue in die land wees wat só 'n aanleg kan bestuur.

    Die aanleg, een van min in die land wat olyf-olie én tafelolywe produseer, is ver van die tradisionele olyfproduserende gebiede geleë. Olives South Africa in Hartswater is die enigste aanleg in sy soort in die streek en die grootste in die binneland.

    Me. Elize White, is onlangs aangestel en word opgelei deur mnr. Ben Visser, eienaar en bestuurder van die aanleg, in die hantering van die parsproses en die verwerking van tafelolywe.

    Sy is reeds aan die stuur geplaas van 'n nuwe bedryf wat Visser etlike maande gelede begin het - die maak van olyfolieseep.

    Dié seep word van hul ekstra suiwer koudgeparste olyfolie gemaak en gegeur met suiwer olies. Dit is 'n unieke en 100 % natuurlike seep met bevogtigende eienskappe.

    Die aanleg is nou drie jaar in bedryf. Dit was aanvanklik 'n klein bedryf wat in 'n pakhuis op die plaas aangepak is, maar 'n groter gebou is intussen eiehandig gebou en toerusting ingevoer. Vyf mense is heeltyds in diens.

    Tydens oestyd, wat oor 'n tydperk van vier maande strek, word 'n groot aantal seisoenswerkers gebruik omdat alle olywe met die hand geoes word.

    'n Moderne Pieralisi-pers met die nuutste tegnologie in die bedryf is van Italië ingevoer. Wat die pars van olie sowel as die verwerking van tafelolywe betref, word hoë standaarde van higiëniese deurlopend in die fabriek gehandhaaf.

    Olywe vir die pars van olie word so ver moontlik binne 24 uur gepars om goeie olie te verseker. Ekstra suiwer koudgeparste olyfolie beteken dat die olywe tydens die parsproses nooit aan temperature hoër as 28 grade Celsius blootgestel word nie en die olie 'n vrye vetsuurinhoud van minder as 0,8 % moet hê.

    Olyfolie van 'n puik gehalte word aan Woolworths gelewer. Olie is ook al na Amerika uitgevoer.

    Hoewel die aanleg alle olywe inneem wat verskaffers kan bied, is dit steeds nie genoeg om in die plaaslike vraag te voorsien nie. Boere in 'n omtrek van sowat 400 km asook uit die onmiddelike omgewing lewer olywe aan die aanleg.

    Die aanleg is reg deur die jaar oop vir besoekers wat meer te wete wil kom van olywe en die prosesse wat gebruik word om olyfolie te maak en tafelolywe te verwerk.

    Die tafelolywe ondergaan 'n natuurlike fermentasieproses wat 9 maande tot 12 maande duur voordat dit gereed is om verpak te word. Dit verseker dat ál die natuurlike eienskappe van die vrugte behoue bly en lewer 'n produk van puik gehalte.

    Die olie en tafelolywe word reg deur die jaar verpak. Die olie word in ideale toestande in tenks van vlekvrye staal teen die ideale temperatuur (tussen 18 ° C en 23 °C) opgeberg en word net op aanvraag gebottel. Sodoende word verseker dat die olie se goeie eienskappe behoue bly en dat dit lank vars bly.

    Visser sê buiten dat die aanleg 'n groot bydrae tot werkskepping in die streek lewer, is hy ook by 'n gemeenskapsprojek betrokke. Sowat 3 000 olyfbome is al vir lede van die plaaslike gemeenskap geplant.

  • Navrae: Ben Visser, sel 082 555 7968 of faks 053 474 0061.

    22 Julie 2005

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.46
    +0.5%
    Rand - Pond
    21.27
    +0.3%
    Rand - Euro
    18.31
    +0.0%
    Rand - Aus dollar
    11.69
    +0.8%
    Rand - Jen
    0.13
    +1.3%
    Goud
    1,767.24
    -1.7%
    Silwer
    22.22
    -4.1%
    Palladium
    1,874.00
    -1.4%
    Platinum
    999.50
    -2.0%
    Brent-ruolie
    85.57
    -1.5%
    Top-40
    68,543
    +0.5%
    Alle aandele
    74,693
    +0.5%
    Hulpbronne 10
    74,781
    +1.0%
    Industriële 25
    91,501
    -0.1%
    Finansiële 15
    15,595
    +1.3%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Kok will Jou lewe bietjie geur gee
    Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
    Watter land volgende?
    I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot