AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Riebeek-kelder wen met Viognier

Die gesogte Genl. Smuts-trofee vir Suid-Afrika se kampioen jongwyn, is aan ’n gehoute Viognier, ’n seldsame wit kultivar, toegeken.

Die gesogte Genl. Smuts-trofee vir Suid-Afrika se kampioen jongwyn, is aan ’n gehoute Viognier, ’n seldsame wit kultivar, toegeken.


Die “Jannie”, soos die trofee op Vrydag se funksie gedoop is, sal vanjaar in Riebeek-kelder se proelokaal spog. Mnr. Zakkie Bester en sy span het ook die kampioen-Pinotage ingeskryf.


Ou bekendes

’n Ou bekende op die Nasionale Jongwynskou-verhoog, Goudini se Badsberg Koöp Wynkelder, het vir die derde jaar in ’n ry die Pietman Hugo-trofee, vir die meeste punte behaal met vyf inskrywings, huis toe gevat.


Ander silwerware wat ook vanjaar in hul stal pryk, is die trofees vir Suid-Afrika se kampioen-edellaatoeswyn en die kampioen-dessertwyn.


Die trofeë is tydens ’n plesierige Weskus-makietie by die Muisbosskerm op Lambertsbaai uitgedeel. Al om die ander jaar kry ’n wynstreek kans om die toekenningsgeleentheid aan te bied en vanjaar was dit die Weskus-wynroete se beurt.


Verlede jaar se Genl. Smuts-wenner, Flagstone-wynkelder, se Sémillon is vanjaar weer as SA se kampioen-Sémillon bekroon. Flagstone het ook die land se beste wit-versnit (’n Sauvignon blanc/Sémillon) opgelewer. 


Toonvenster vir goeie wyne

Volgens mnr. Duimpie Bayly,voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging,  is die Jongwynskou ’n toonvenster van hoe ’n spesifieke oesjaar se wyne presteer.


“Dit gee ook jong wynmakers die kans om te sien hoe hulle teen die ou manne opweeg. Dit is ook ’n geleentheid vir wynmakers om met nuwe kultivars te eksperimenteer en spoor jou aan om beter gehalte wyne te maak. En in ’n mate gaan die Jongwynskou ook oor bemarking.”


Vanjaar se Nasionale Jongwynskou het altesame 1 911 inskrywings van 145 deelnemers gelok. Hoewel die Jongwynskou die oudste wynskou in die land is, het Bayly tog die bedryf op die hart gedruk om met voorstelle vorendag te kom om nuwe asem in die kompetisie te blaas.


“Ons moet gaan dink hoe ons dit kan uitbou en beter maak.”


Die volledige lys van kampioene is as volg:  Die SBW-trofee vir SA se kampioen-wit-versnit – Flagstone-wynkelder vir ’n Sauvignon blanc/Sémillon; die Frank Myburgh-trofee vir SA se kampioen-Sémillon – Flagstone-wynkelder; Les Tastevins du Cap-trofee vir SA se kampioen-Chennin blanc – Nuy-wynkelder; die John McDonald-trofee vir SA se kampioen-Sauvignon blanc – Cederberg private kelder; die J.G. Graue-trofee vir SA se kampioen-Chardonnay – Slanghoek-wynkelder; die H.A. Conradie-trofee vir SA se kampioen ander wit kultivar – Riebeek-kelder vir ’n gehoute Viognier; die Agri Expo silwer skinkbord vir SA se kampioen natuurlike soet witwyn – Bon Courage; die Agri Expo goue skinkbord vir SA se kampioen-edellaatoeswyn – Badsberg Koöp Wynkelder vir ’n gehoute edellaatoeswyn; die Vine Products-trofee vir SA se kampioen-rooi-versnit – Namaqua-wyne (Spruitdrift) vir ’n Pinotage/Malbec; die Dr. A.I. Perold-trofee vir SA se kampioen-Pinotage – Riebeek-kelder;  die Burgoyne-trofee vir SA se kampioen-Shiraz – KWV vir ’n gehoute Shiraz; die Roberto Moni-trofee vir SA se kampioen-Cabernet sauvignon – Windmeul-kelder; die Libertas-trofee vir SA se kampioen-Merlot – Beyerskloof; die Stephan Smit-trofee vir SA se kampioen ander rooi kultivar – Uniwines Marketing vir ’n Ruby Cabernet; die SAWFA-trofee vir SA se kampioen-port – Calitzdorp-wynkelder; die H.J. Etchell-trofee vir SA se kampioen-dessertwyn – Badsberg Koöp Wynkelder vir ’n rooi Muskadel Jerepiko; die Agri Expo silwer-trofee vir SA se kampioen-muskadel – De Krans vir ’n wit Muskadel Jerepiko.


22 Augustus 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.94
+0.7%
Rand - Pond
19.29
+0.2%
Rand - Euro
17.26
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,636.57
+0.9%
Silwer
18.69
+1.8%
Palladium
2,104.00
+3.0%
Platinum
861.50
+1.0%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,565
+0.5%
Alle aandele
63,960
+0.5%
Hulpbronne 10
56,998
+1.4%
Industriële 25
79,129
-0.5%
Finansiële 15
14,206
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maatjie
Ek is afgetree in Kleinmond en soek iemand om dinge mee te deel. Ek speel tennis en gholf en hou van langs die see stap en waardeer die eenvoudige klein dingetjies wat saak maak
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot