AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Rooi Raku reg vir SA

Raku Raku, 'n kloon van die bekende Japanse Fuji-appelkultivar, is onlangs die eerste keer kommersieel in Suid-Afrika geplant nadat dit in 2003 vrygestel is.

Die groot voordeel van dié kloon is dat die ryp vrugte se kleur reg rondom uitstekend is, wat sy uitpakpersentasie bevoordeel

Die Raku Raku-kloon van die appelkultivar Fuji — wat in dié stadium nog merendeels in die Verre-Ooste verbou word — is in 2003 die eerste keer in Suid-Afrika vrygestel. Die eerste sowat 22 ha is in 2003 en 2004 kommersieel op plase in die Wes-Kaap gevestig.

Anders as wat allerweë aanvaar word, is Fuji nie oorspronklik 'n Chinese appelkultivar nie, maar eintlik 'n Japanse kultivar wat later deur die Chinese aangeplant is. Soveel so dat sowat 40 % van die wêreld se Fuji-appels vandag in dié land geproduseer word. Die ander 60 % word grootliks in ander lande in die Verre-Ooste verbou, waaronder Japan en die Korea's. Dit is steeds die kultivar wat verreweg die meeste in die Ooste geproduseer word, sê mnr. Charles Hughes, hoofbestuurder van die plaaslike vrugte-uitvoermaatskappy Tru-Cape in Somerset-Wes.

Wat maak Raku Raku anders as ander Fuji-klone? Terloops, Raku Raku is Japanees vir "maklik-maklik". Mnr. Buks Nel, 'n kultivarontwikkelingskonsultant by Tru-Cape, sê eerstens is dit die appel se egalige, natuurlike rooi kleur wat reg om die vrug sigbaar is en nie net aan die een kant, soos die meeste ander Fuji-klone, nie. Dié eienskap maak die appel se uitpakpersentasie dus heelwat hoër as dié van die meeste ander klone — tot 80 % en meer. Dit beteken beter pryse vir die boer.

Die gemiddelde suikergehalte is 14 &grad; brix tot 16 &grad; brix. Dit maak dit 'n besonder soet en lekker eetappel. Die vrugte is groot, wat 'n beter prys in die mark verseker. Die oestyd is week 14 tot vroeg in April.

Die houvermoë van Raku Raku is uitstekend. Een van die vereistes om Raku Raku suksesvol te vestig, is om dit teen die koeler suidelike en suidoostelike hellings te plant, sê Nel.

Hughes sê in Suid-Afrika word 800 000 tot een miljoen kartonhouers Fuji-appels van verskillende kloontipes jaarliks geoes. Fuji is die kultivar wat die vyfde meeste ter wêreld geproduseer word. Dit word beraam dat dit teen 2010 die vierde mees geproduseerde appelkultivar ter wêreld sal wees.

Raku Raku maak deel uit van Tru-Cape se program om appels met 'n groter uitpakpersentasie aan die mark te lewer. Benewens Raku Raku, is daar nog vyf ander Fuji-klone wat in kwarantyn is en waarmee in 2006 proefaanplantings gedoen sal word, sê Hughes.

Raku Raku sal vir eers tot 'n maksimum van 200 ha beperk word totdat Tru-Cape sal besluit of die produksie daarvan uitgebrei moet word of nie. Nadat aanvanklik net 15 ha van die nuwe kloon gevestig is, is dit tot 22 ha in 2004 vermeerder. Ál die bome is op Tru Cape-plase in Grabouw, die Langkloof en Ceres gevestig.

Vanjaar sal die aanplantings verder uitgebrei word. Die plan is om Raku Raku onder 'n spesiale handelsmerk uit te voer, sodat dit losgemaak kan word van sy ander Fuji-familielede. Die handelsmerk sal in 'n later stadium bekend gemaak word. Die eerste kommersiële oes sal waarskynlik teen 2006 vir uitvoer gereed wees.

Hughes sê omdat in China vandag groot waarde aan gehalte en voorkoms van appels gegee word, word elke appel in daardie land as 't ware afsonderlik in 'n spesiale sakkie aan die boom "grootgemaak". Elke sakkie bestaan uit 'n binneste en buitenste laag: Die binnekant is groen plastiek wat deur 'n bruin kardoes omhul word.

Die vrugte aan 'n boom word soveel uitgedun dat net enkele van die grootstes aan 'n tak agterbly en hulle word met die sakke bedek. Dit lei daartoe dat die vrugte besonder groot word.

Die voordele van die sakkiemetode is eerstens dat die appel uit die staanspoor teen insekskade beskerm word. Tweedens is die vrugte se skille baie dun omdat dit kunsmatig beskerm word, wat die eetbaarheid daarvan verbeter.

Sowat 10 dae voor pluktyd word die buitenste deel van elke sakkie afgehaal sodat net die plastiekdeel oorbly. Tinfoelie word terselfdertyd onder die bome geplaas om sonlig ook van die grond af boontoe na die appels te kaats. Vier dae voor pluktyd word die plastiekdeel van die sakkie afgehaal en dit gee aan die vrugte die geleentheid om egalig reg rondom rooi te verkleur.

Hoewel die sakkiemetode baie arbeidsintensief is, is die resultate baie bevredigend. Arbeidskoste in China is egter baie laer as in Suid-Afrika, en só 'n praktyk sou te duur wees om plaaslik toe te pas, meen hy.

Die appels in China word nie organies gekweek nie, en chemikalieë word gebruik. Net sowat 15 ton/ha word afgehaal omdat die vrugte so kwaai uitgedun word. In Suid-Afrika is die gemiddelde oes 45 ton/ha vir appels.

21 Januarie 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.05
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.82
+0.2%
Silwer
22.19
-0.3%
Palladium
1,856.14
-1.1%
Platinum
991.00
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot