AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Rooi reuse verower trofee

Wat doen 'n mens om druiwekorrels amper so groot soos pruime te kweek?

Wat doen 'n mens om van 'n blok Red Globe 'n uitstekende wenblok met druiwekorrels amper so groot soos pruime te maak? Die man wat daarvoor verantwoordelik is, vertel hier hoe hy dit reggekry het.

Trosgrootte en oeslading is die kern waarom alles draai in 'n suksesvolle wingerd, sê mnr. Morné Ellis, plaasbestuurder op die plaas Buffelskraal in die Hexvallei.

Dié plaas, wat aan mnr. Pierre Joubert behoort, het vanjaar die wenblok tydens die Hexvallei-Wingerdblokkompetisie opgelewer. Hulle het met 'n blok Red Globe met die louere weggestap. Die gemiddelde deursnee van die korrels was 28 mm, en party was selfs groter as 32 mm in deursnee.

Die vraag is egter hoe 'n mens só 'n blok produseer waar die korrels aan die bykans eenvormige trosse amper soos 'n tros pruime lyk.

Dit is nie maklik om 'n wingerdblok van dié gehalte te produseer nie, want om die korrekte trosgrootte en oeslading te kry, moet die groei en drag in fyn balans wees, sê Ellis. Dit is iets wat nie in een seisoen alleen reggekry word nie, maar eintlik 'n langtermyn-aanloop het.

Die besonderse blok Red Globe is in 1998 op Ramsey-onderstokke aangeplant. Die plantwydte is 3,5 m by 1,5 m, en dit is op walle van gemiddeld 600 mm hoog en 1,2 m breed gevestig. Die rede hiervoor is dat die grond waarop die blok gevestig is, redelik vlak is en die walle dus nodig was om meer volume vir wortelvorming te vorm.

Die draers is kort gesnoei op die onderste stam, met twee lang draers na bo om die druiwe te versprei oor die prieel.

Ellis sê met die voorbereiding van die oes is baie noukeurig te werk gegaan. Direk ná set is die trosse terwyl van die agterste trosse nog in blom was ingekort tot op 'n lengte van 100 mm. Die boonste twee skouerstingels aan elke tros is eerste verwyder omdat hulle meestal 30 mm of meer vanaf die volgende (2de) stel korreldraende stingels is. Hierna is die onderste deel van elke tros op presies 100 mm verwyder. Enkele stingels wat nog verby die 100 mm merk hang, word ook verwyder sodat al die trosse 'n plat voorkoms aan die onderkant het.

Die rede hiervoor is eenvormigheid in die wingerd. Die oeslading word op 45 000 trosse per hektaar vasgepen by Red Globe, waarvan daar 1,2 ha op die plaas is. Met die plant- en rywydte van 3,5 m X 1,5 m en met gesplete groei (die stok word gemanipuleer sodat die twee heltes na die verskillende kante van die prieel groei) beteken dit dat 12 trosse per kant 24 per stok dus gelaat word. Sowat 80 korrels per tros word deurentyd gehandhaaf. As meer as dit toegelaat word, kan die korrelgrootte benadeel word. Dit gee 'n gemiddelde trosmassa van 650 g tot 750 g, wat die ideale trosgewig is waarna daar met Red Globe op die plaas gestreef word.

Die 45 000 tros-perk word deurentyd gehandhaaf. Dit beteken dat in ander blokke waar die plant- en rywydte 3 m by 1,5 m is en daar dus meer stokke per hektaar is, die trosgetalle afgebring word na 20 trosse per stok.

Gedurende hierdie aksie word oortollige blare ook om die trosse verwyder om skaafmerke aan die trosse te voorkom.

Ellis sê die meeste boere wat hul trosse só inkort, skat en doen die meetwerk sommer met die oog, maar op Buffelskraal is spesiale "meet-draadjies" van presies 100 mm gemaak wat teen die sentrale stingel gehou word om die trosse almal op presies daardie lengte af te sny.

Die volgende wat gedoen word, is om wanneer die korrels tussen 10 mm en 14 mm groot is (een tot twee weke ná set), die trosse te doop in 'n mengsel van 20 dele gibbereliensuur en 1,5 dele van die groeihormoon CPPU. Dié mengsel word in 'n houer na die trosse in die wingerd geneem en elke tros word volledig daarin gedoop.

Die rede hiervoor is om 'n goeie korrelgrootte en egaligheid in grootte aan te help. 'n Korreldeursnee van gemiddeld 27 mm plus word as 'n goeie en ideale korrelgrootte beskou veral vir die uitvoermarkte van die Verre Ooste, sê Ellis. Die wenblok se gemiddelde korrelgrootte was 28 mm plus daar was selfs korrels wat groter as 32 mm in deursnee was!

Hy waarsku egter dat daar drie vereistes is vir enige groeihormoon om te werk, naamlik die wingerd moet geil groei, die temperatuur moet 28 °C of hoër wees die dag ná die doopaksie, en die korrels moet die regte grootte hê, naamlik 10 mm tot 14 mm in deursnee.

Ellis sê hierdie drie vereistes is proefondervindelik bepaal en nie uit die lug gegryp nie. Hy gaan so ver om te sê as net een daarvan nie reg is nie, is die resultate nie na wense nie.

By deurslaan - wanneer die korrels begin verkleur en effe sagter begin word word die trosse uitgedun totdat die verlangde getal korrels (sowat 80 korrels per tros) oorbly.

Wat die spuitprogram betref, word 'n basiese program gevolg. àl ekstra spuitaksie wat hulle op die plaas toepas, is 'n spesiale spuitproses wanneer die korrels begin sag raak (met 'n suikergehalte van 3 grade Balling tot 5 grade Balling). Die druiwe word dan bespuit met 'n mengsel van 5 appelasynsuur, gemeng met 1 000 water per hektaar vir beter opkleuring. Dit maak nie die Red Globe-korrels donkerder nie, maar help dat die verkleuring oor die hele korrel tot by die stingel strek en dit nie byvoorbeeld net aan die een kant verkleur terwyl die ander kant van die korrel groenerig bly nie.

Ellis sê dié proses word egter nog beproef. Dit is in 2003 vir die eerste keer op die plaas gedoen en hy kon dadelik die verbetering in opkleuring merk.

Wanneer die korrelkleur 10 % tot 15 % deurslaan, word 'n middel met die aktiewe bestanddeel ethapon op die druiwe gespuit. Die rede is omdat die wingerd op Buffelskraal op 'n swaar dupleksgrond gevestig is. Dit help ook met goeie kleurvorming. As die blok byvoorbeeld op meer sanderige en klipperige grond gevestig was, sou só 'n bespuiting waarskynlik nie nodig gewees het nie. Dit is altyd goed om 'n blok se “geskiedenis” te ken todat 'n boer 'n idee het van watter dele van die blok goed kleur en watter nie, meen hy.

Wat seker is, is dat die kombinasie van die twee spuitprogramme (asynsuur en ethapon), beslis beter verkleuring veroorsaak het. In 2002 is die appelasyn-bespuiting nie gedoen nie, en die kleur van die druiwe was beslis nie so goed soos in 2003 nie.

Ellis sê Red Globe word eers in week sewe op Buffelskraal gepak weens die grondtipe en die ligging van die plaas. Op heelwat Hexvallei-plase word dié kultivar reeds van week drie af gepak.

àl die Red Globe- en ander kultivars waarvan Dauphine en Sultana die hoofkultivars is word uitgevoer, hoofsaaklik na die Europese Unie en die Verre-Ooste. Veral Japannese verbruikers verkies die groot Red Globe-korrels.

Altesame 20,5 ha op die plaas is onder varsmark-kultivars. Geen wyndruiwe word geproduseer nie.

Besproeiing fyn beplan

Wat die besproeiing van die Red Globe-druiwe betref waarmee mnr. Morné Ellis, plaasbestuurder op Buffelskraal in die Hexvallei, die Hexvallei-Wingerdblokkompetisie gewen het, word die wingerdblok per mikrobesproeiing teen 32l per uur besproei. Die voginhoud en waterbehoefte word deur tensiometers bepaal. Die maksimum besproeiing is 40 mm tot 45 mm per week, en omdat die wingerd op walle gevestig is, word die besproeiing opgedeel in twee tot drie sessies per week.

Ellis sê dit is bekend dat Red Globe baie gevoelig is vir hitte en sonbrand. Wanneer temperature in die somer dus tot bo 30 °C klim, word 'n ekstra uur se besproeiing vir daardie dag gegee om hittestres te voorkom. Wanneer dit baie warm word, verloor die wingerd baie water deur sy blare en die stok begin dan vog van die korrels te trek 'n situasie wat bekend staan as hitte-insinking.

Om die wingerd juis teen die hitte en sonbrand te beskerm, word die wingerd só gesnoei dat dit 'n toe blaredak tussen die rye vorm. Wanneer die trosse begin deurslaan, word dié dak oopgesny omdat sonbrand dan nie meer so 'n groot gevaar inhou nie en omdat die son ook nodig is vir kleurvorming. Verdere blarebreke word dan ook gedoen om meer sonlig by die trosse self te kry.

Alle bemesting word deur middel van besproeiing gegee. Dit gebeur selde dat die wingerd net water kry, want die verskillende kunsmistoedienings word volgens aanbevelings saam met die besproeiing toegedien.

12 Maart 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
The fragerance stays on the hand that gives the rose
Leer my ken en jy sal sien jy sal nie sonder my kan klaarkom. hoogs verslawende persoonlikheid wat weet hoe om jou oë te laat omdop. getrainde hande wat jou goosebumps orals...
Opsoek na lekker geselskap
As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot