AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Rooibosplae voor bors gegryp

Die rooibosteebedryf span nou wetenskap in in die bestryding van insekte.

Rooibosteeboere verloor jaarliks 'n groot deel van hul oes as gevolg van insekskade. Die wetenskap en tegnologie word nou op 'n geïntegreerde wyse ingespan om 'n omgewingsvriendelike program vir die bestryding van insekte te ontwikkel.

Die vraag na rooibostee op buitelandse markte het sedert 2001 met meer as 50 % toegeneem, maar streng vereistes van die Europese Unie (EU) ten opsigte van chemiese oorblyfsels in landbouprodukte plaas nuwe druk op die bedryf.

Die geïntegreerde bestrydingsprogram wat nou met die samewerking van Nederlandse navorsers ontwikkel word, sal moet voldoen aan die omgewings- en gesondheidseise om te verseker dat dié eg Suid-Afrikaanse bedryf oorleef, sê dr. Justin Hatting, senior navorser by die Landbounavorsingsraad (LNR) se Instituut vir Kleingraangewasse (KGI), onder wie se leiding die navorsing gedoen word.

Geïntegreerde plaagbestryding beteken dat twee of meer strategieë ingespan word om die betrokke plaag op 'n ekonomies regverdigbare wyse te onderdruk met die kleinste moontlike impak op die omgewing. Hatting sê dié benadering sluit nie noodwendig die gebruik van chemiese insekdoders uit nie.

"By rooibos word meer klem gelê op biologiese opsies omdat internasionale markte besonder hoë eise ten opsigte van chemiese oorblyfsels stel. Die feit dat die meeste probleme met insekte kort voor en gedurende oestyd ondervind word, beklemtoon die belangrikheid van nie-chemiese opsies binne hierdie program."

Om 'n geïntegreerde bestrydingsprogram te ontwikkel, is 'n komplekse uitdaging en noodsaak navorsing binne verskeie insektekundige studierigtings. Die beginsel is volgens Hatting eenvoudig: Hoe groter die span kundiges, hoe groter die kans op welslae. Met hierdie uitgangspunt het Hatting 'n groep Nederlandse navorsers om hulp genader.

Hatting sê omdat twee van die belangrikste insekplae van hierdie gewas motte is, is die gebruik van feromone (reukstowwe wat wyfiemotte uitskei om mannetjies te lok tydens paring) 'n uiters belangrike komponent van die navorsing.

"Die tegnologie vir die identifisering en kunsmatige formulering van hierdie reukstowwe is reeds ver gevorder in Europa. Trouens, die maatskappy Pherobank (wat deel vorm van die Nederlandse navorsingsinstituut Plant Research International) in Wageningen besit die wêreld se grootste versameling motferomone."

Die KGI het in verbinding getree met dr. Frans Griepink van Pherobank en 'n projekvoorlegging aan die Nederlandse ministerie van ekonomiese sake (Senter) gemaak om gedeeltelike finansiering vir hierdie navorsing te bekom.

Twee ander Nederlandse maatskappye wat by hierdie voorlegging ingesluit was, is Syntech (wat te make het met die formulering van feromone) en Entocare (wat natuurlike vyande op groot skaal teel). Die Suid-Afrikaanse medewerkers is die KGI (biologiese insekdoders) en Rooibos Bpk. (proefmonitering). Die projek het amptelik in September 2002 begin.

Die verskillende strategieë wat getoets word, sluit in feromone, natuurlike vyande, en biologiese insekdoders.

Hatting sê twee feromoon-strategieë word ondersoek, naamlik die versteuring van die paringsgedrag van die glasvlerkmot en die grootskaalse aanlok en eliminering van die landmetermot.

"Om paringsgedrag te versteur, word 'n groot hoeveelheid van die reukstof kunsmatig in die omgewing vrygestel. Hierdie reukstof lok die mannetjies nader, maar omdat daar 'n oormaat reukstof in die omgewing is, kan die mannetjie nie 'n wyfie opspoor vir paring nie. Die wyfie word dus nie bevrug nie en sy bly steriel."

By landmetermotte is die plaagbevolkings geweldig hoog en is dit beter om soveel moontlik motte na 'n sentrale punt te lok waar chemiese, biologiese of fisiese metodes gebruik kan word om hulle uit te skakel.

Aangesien die reukstowwe soort-spesifiek is, moet die reukstof vir elke mot geidentifiseer word. Hiervoor is 'n hele aantal motte in die papiestadium versamel en na Pherobank in Wageningen gestuur.

Een van die tegnieke wat Pherobank gebruik, is om die mannetjiemot self in te span om te verklap watter reukstowwe hom stimuleer, sê Hatting. In hierdie geval word die antenna van 'n mannetjiemot tussen twee elektrodes gekoppel waarna verskeie chemiese reukstowwe afsonderlik oor die antenna vrygestel word.

Sodra die antenna 'n spesifieke reukstof herken, genereer dit 'n elektroniese impuls wat met behulp van 'n rekenaar gelees kan word.

Ná verskeie toetse het Griepink en sy span drie stowwe geïdentifiseer waarop die glasvlerkmot reageer, terwyl twee stowwe positief getoets het vir gebruik by die landmetermot.

Hatting sê verdere navorsing is nou nodig om vas te stel wat die verhouding van hierdie enkelkomponente tot mekaar moet wees om die mannetjies optimaal aan te lok.

Gedurende die somerseisoen in 2003 is twee formules van hierdie stowwe getoets vir doeltreffendheid teen die glasvlerkmot. Hierdie formules sluit in 'n spuitbare vloeistof en 'n spesiale tipe plastiek (polimeer) wat met die reukstof geïmpregneer is.

Die vloeibare formule word eenvoudig met water gemeng en met 'n trekkerspuit toegedien. Die geïmpregneerde plastiek word op paaltjies of aan takke aangebring in die plantasie wat beskerm moet word. Hierdie proewe is uitgevoer op jong rooibostee-plantasies wat in 2002 gevestig is. Opnames sal 'n paar maande ná die motvlugperiode uitgevoer word om vas te stel of die reukstowwe wel die vlakke van besmetting beperk het of nie.

Die gebruik van natuurlike vyande 'n insekte wat ander insekte as gasheer of voedselbron benut 'n word ondersoek as 'n bestrydingsopsie teen die landmeterwurm.

Opnames deur die KGI sedert 2000 dui daarop dat veral drie soorte natuurlike vyande effektief jag maak op die landmeterwurm. Hierdie voordelige insekte sluit in 'n parasitiese vlieg (Tachinidae), 'n parasitiese wesp (Braconidae) en 'n predatoriese myt (Anystidae).

Die spesialiteitsveld van die maatskappy Entocare is juis die teel van natuurlike vyande met die oog op die grootskaalse vrystelling daarvan om plaaslike vyandbevolkings aan te vul, veral vroeg in die seisoen. Dié strategie word reeds op groot skaal in die sitrus- en suikerrietbedrywe toegepas.

"Die kundiges by Entocare lê veral klem op die parasitiese vlieg, aangesien dit heel waarskynlik op meer as een alternatiewe gasheer geteel kan word," sê Hatting.

Die volwasse vlieg lê haar eiers op die landmeterwurm. Nadat dit uitgebroei het, dring die maaier die landmeterwurm binne om aan die ingewande te vreet totdat die wurm vrek. Hoewel dit soms gebeur dat die geparasiteerde wurm wel 'n papie vorm, vrek die papie binne 'n paar dae. Die maaier vorm dan 'n papie in die grond en uit die papie kom die volwasse parasitiese vlieg weer te voorskyn.

Hatting sê hulle het reeds twee soorte parasitiese vlieë aangeteken wat die landmeterwurm as voedselbron benut.

In natuurlike toestande word verskeie patogene organismes of siektes, soos swamme, bakterieë, virusse en selfs nematodes, by insekte aangetref. Hierdie mikro-organismes kan ingespan word as biologiese insekdoders en pas goed in by 'n geïntegreerde bestrydingsprogram.

Hatting se eie spesialiteitsveld is die gebruik van swamme wat insekte kan besmet om 'n siektetoestand by die insek te bewerkstellig.

Sedert 2000 is verskeie swamme al versamel wat die larwe van die glasvlerkmot besmet. Hierdie swamme is voordelig deurdat dit geen skade aan plante veroorsaak nie en slegs insekte gebruik vir groei en voortplanting. Die swam produseer duisende klein spore wat, indien dit in aanraking kom met die insek, kan ontkiem en die insek binnedring. Dit groei en vermeerder dan in die insek, waarna die insek vrek.

Volgens Hatting kan dié spore op 'n kunsmatige voedselmedium gekweek word waarná dit geoes en geformuleer word as 'n biologiese of miko-insekdoder. "Die korrekte formulering van 'n miko-insekdoder is uiters belangrik ten einde die spore te beskerm teen uitdroging en ultravioletbestraling."

Die gebruik van 'n bakterie genaamd Bt (Bacillus thuringiensis) teen die landmeterwurm hou ook groot potensiaal in. "Die belangrikste aktiewe bestanddeel van alle Bt-produkte is 'n toksien wat deur die bakterie geproduseer word. Die produk word op die plant gespuit waar die insek dit inneem terwyl hy daaraan vreet en dan vrek."

Hoewel daar reeds Bt-produkte plaaslik beskikbaar is, is nie een vir gebruik teen die landmeterwurm op rooibos geregistreer nie. Hatting sê die ontwikkeling van 'n plaaslike Bt-produk met registrasie vir gebruik op hierdie gewas kan koste bespaar. Dit sal ook 'n meer omgewingsvriendelike alternatief wees as die piretroïed-gifstowwe wat tans gebruik word.

"Daar is boonop geen probleme met chemiese oorblyfsels op die gewas nie en daarom is die gebruik van Bt-produkte ook aanvaarbaar vir die organiese verbouing van rooibos."

Die KGI en die onderneming Plant Health Products in KwaZulu-Natal is besig om biologiese insekdoders te ontwikkel wat swamme en bakterieë as grondslag het.

2 April 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
+0.4%
Rand - Pond
21.26
+0.4%
Rand - Euro
18.33
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.7%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,769.02
-1.6%
Silwer
22.25
-3.9%
Palladium
1,877.00
-1.2%
Platinum
999.00
-2.1%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bietjie van 'n Romantikus wat graag geselsdap soek
Ek is vriendelike mens wat nie baie issues het nie. Ek is 'n 'software developer' en as sulks baie lief vir tegnologie. Ek hou daarvan om lekker te lag word ook...
Passionate.
Hou van eerlikheid. Is nog jonk van gees. Hardwerkend. Passionate vir ware liefde. Hou van shopping en uiteet. See vakansies
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot