AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Rooibostee gedy op navorsing

Volgehoue navorsing en voorligting help die rooibosteebedryf om aan die eise van sy kopers, produsente en verbruikers te voldoen.

Sedert die oorspronklike Sederbergers meer as 'n eeu gelede ontdek het dat die plant Aspalathus linearis 'n smaaklike, aromatiese tee lewer as dit gesny, gekneus, in hope gefermenteer en in die son gedroog word, het die bereiding van rooibostee min verander.

Verbouingsmetodes, produkontwikkeling, bemarking en die organisasie van die bedryf, aan die ander kant, het met rasse skrede vernuwe en ontwikkel.

Met wortels in die bedryf wat so diep is soos dié van 'n gesonde rooibosplant en 'n markaandeel van 95 % in Suid-Afrika en sowat 60 % in die buiteland, is dit vir Rooibos Bpk. lewensbelangrik om te verseker dat die bedryf dinamies en volhoubaar uitbrei.

Daarom bied die maatskappy volgens mnr. Johan Brand, tegniese bestuurder, aan sy kliënte onder meer die volgende:

  • Groot volumes en 'n unieke vermengingstelsel wat volgehoue gehalte verseker. Omdat Rooibos Bpk. se verwerkingsaanleg heeltemal gerekenariseer is, kan die maatskappy se 12 verskillende vermengings keer op keer volgens spesifikasies geskied; en word elke kliënt se "resep" gebêre vir toekomstige gebruik.

  • Gewaarborgde voorsiening, gegrond op 'n streng beleid om reserwevoorrade te hou.

  • Kortproduksie-leweringstye en gesofistikeerde opbergplekke om stiptelike aflewering te verseker.

  • 'n Uitgebreide reeks produkte.

  • Voortdurende produknavorsing en -ontwikkeling.

  • Dienste soos versnyding, die toevoeging van geur, die maak van ekstrak, en grootmaat- en kontrakverpakking.

  • Rooibos Bpk. het HACCP-sertifisering. Dit bied aan kliënte gemoedsrus deurdat die verwerkte tee van konstante gehalte en veilig is.

    Sonder rooibosteeprodusente, die voorsieners van die produk, kan die bedryf kwalik bestaan, en volgens Brand span die maatskappy 'n verskeidenheid strategieë in om volhoubare teeproduksie en -gehalte te verseker.

    Navorsing oor beter verbouings- en grondbewerkingsmetodes, biologiese boerderymetodes, geïntegreerde plaagbestryding en die verbetering van plantmateriaal vind deurlopend plaas.

    Die projekte wat daarop gemik is om oeste te vergroot en chemiese oorblyfsels te verminder, fokus op die volgende:

  • Minimumbewerkingsmetodes wat dalk die oplossing is vir 'n gebied met 'n windprobleem en sanderige grond.

  • Vogbestuur om plantasies se oorlewingsvermoë in droë jare te verbeter.

  • Geïntegreerde plaagbestryding om rooibostee so natuurlik moontlik te verbou. Rooibos Bpk. het onlangs met die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Kleingraangewasse en Nederlandse navorsers begin saamwerk om omvattende insekbestryding te ontwikkel — 'n projek wat genoodsaak word deur insekskade en druk op die bedryf om meer organies te produseer.

  • Grondvoorbereiding, verbeterde plantmateriaal en goeie rotasiepraktyke. Brand sê doeltreffende rooibosteeproduksie begin met goeie, siektevrye plantmateriaal. Om te verseker dat plante goeie wortelstelsels ontwikkel en beter oorleef, moet teeplante in die tweede jaar net "getop" of gesnoei en eers van die derde jaar af geoes word.

  • 'n Steggieprogram om "superbosse" voort te plant.

  • Beter bemesting om uitgeputte grond op te bou en die bekamping van onkruid om kompetisie om vog te verminder.

  • 'n Ondersteuningsdiens vir saailingkwekers.

    Daar is ook hulp aan boere om hul plase te beplan deur die geografiese inligtingstelsel. As die persoon wat regstreeks met die boere werk, het Brand 'n gesofistikeerde inligtingstelsel en databasis vir die 70 000 ha rooibosgrond ontwikkel. Alle rooibosteelande is gekarteer en hy het akkurate inligting oor oppervlaktes en reënval. Met die hulp van dié inligting en satellietfoto's word akkurate oesbepalings in Oktober en November gedoen. "Produsente se wagwoord behoort stabiliteit in produksie te wees. Volhoubare rooibosteeproduksie is net verseker as 60 % van 'n produsent se grond deurlopend onder rooibos is.

    "Ons langtermyndoelwit is om 'n rooibosplant daar te stel wat droogteverdraagsaam is, met die hand én meganies geoes kan word en insek- en swamdruk kan hanteer," sê Brand.

    "As alle navorsing en voorligting ook vir produsente — wat nou vier oeste per plantasie kry — een ekstra oes kan bewerkstellig, het ons die stryd gewen."

    Wurms boor wins weg

    In teenstelling met die bladspringer en landmeterwurm wat duidelik op die boonste dele van die rooibosplant sigbaar is, is die glasvlerkmot se wurmstadium goed versteek in die wortelstelsel van die plant.

    In sy wurmstadium boor die glasvlerkmot tonnels in die rooibosteeplant se wortels en beperk sodoende die plant se vermoë om voedingstowwe na die boonste dele van die plant te vervoer.

    Nóg 'n probleem is sekondêr van aard, sê dr. Justin Hatting, senior navorser by die LNR se Instituut vir Kleingraangewasse. Dit ontstaan deurdat dié leë tonnels van die glasvlerkmotwurms veral deur miere gebruik word, terwyl ander mikro-organismes, soos swamme en bakterieë, hierdie tonnels koloniseer en die plant verder benadeel.

    "Die omvang van die probleem kan gemeet word aan die hand van opnames wat op die plaas Ysterfontein van mnr. Willie Nel uitgevoer is. Die gemiddelde vlak van besmetting in lewende plante daar (gemeet ten opsigte van boorder- en/of tonnel-teenwoordigheid) is op 27 % bereken binne die eerste seisoen nadat dit uitgeplant is."

    In die plantasies wat twee en drie jaar oud is, het hierdie vlak gestyg tot 50 % en 70 % onderskeidelik. In plantasies van vier tot vyf jaar oud is besmettingsvlakke van tot 90 % gemeet. "Die probleem is veral kommerwekkend in die sin dat soveel lewende plante hierdie insekte huisves sonder dat die produsent daarvan bewus is."

    Hatting sê die regstreekse verlies aan plante (sterftes) as gevolg van die glasvlerkmot is op verskeie plantasies van twee tot vier jaar oud gemeet en bereken op gemiddeld 24 %.

    "As ons hierdie insek doeltreffend onderdruk, behoort ons 'n beduidende oesverhoging asook verlengde oorlewing van die plantasies te sien," sê Hatting.

    Eg Suid-Afrikaans en gesog

    Met 'n produksiegebied in die Wes-Kaapse distrikte Clanwilliam, Citrusdal, Piketberg en Nieuwoudtville, is die rooibosbedryf in 'n unieke situasie.

    Dit vorm deel van die Kaapse Botaniese Koninkryk, een van die wêreld se ses botaniese koninkryke, en rooibos word nêrens anders ter wêreld geproduseer nie.

    Die vraag na dié geurryke gesondheidsdrankie wat gemaak word van 'n plant wat oorspronklik natuurlik in die veld gegroei het, neem jaarliks toe — plaaslik en in die buiteland. Tussen 1998 en 2003 het uitvoerverkope met 400 % toegeneem. Trouens, na raming sal daar vanjaar in Duitsland meer rooibostee as in Suid-Afrika verkoop word.

    Ná verlede jaar se droogte en 'n kleiner as verwagte oes is die bedryf egter in 'n voorraadposisie wat op die duur probleme kan veroorsaak.

    Rooibos Bpk., wat jaarliks sowat 80 % van alle rooibostee aankoop, is die enigste bemarkingsmaatskappy van rooibos wat oor 'n reserwevoorraad beskik.

    "Met 'n verwagte oes van 7 500 ton en reserwevoorraad van 2 500 ton sal die bedryf vanjaar in die vraag na rooibostee kan voorsien," sê mnr. Johan Brand, tegniese bestuurder van Rooibos Bpk. op Clanwilliam. "Maar as die weer vanjaar nie saamspeel nie, gaan ons beslis volgende jaar probleme hê".

    Hy sê die voortbestaan van die bedryf eis deurlopende en konstante voorsiening van tee. Tot dusver was die grootste oes 9 500 ton in 2003.

    26 Maart 2004

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.23
    +1.8%
    Rand - Pond
    21.11
    +1.0%
    Rand - Euro
    18.14
    +0.9%
    Rand - Aus dollar
    11.72
    +0.5%
    Rand - Jen
    0.13
    +1.6%
    Goud
    1,795.36
    -0.2%
    Silwer
    23.01
    -0.6%
    Palladium
    1,914.91
    +0.8%
    Platinum
    1,023.63
    +0.4%
    Brent-ruolie
    85.57
    -1.5%
    Top-40
    69,173
    +1.4%
    Alle aandele
    75,334
    +1.4%
    Hulpbronne 10
    75,189
    +1.6%
    Industriële 25
    92,282
    +0.8%
    Finansiële 15
    15,820
    +2.7%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Wees net jouself
    Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
    Watter land volgende?
    I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot