AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Rosyntjies: Rekord-oes vir SA

Die grootste rosyntjie-oes nog, is hoe Droëvrugte Tegniese Dienste die bedrywighede vanjaar in dié bedryf beskryf.

Die rosyntjie-oes van 2010 was die grootste nog en net meer as 50 000 ton is deur al die verwerkers gesamentlik ingeneem.

Mnr. Johannes Fourie, voorsitter van Droëvrugte Tegniese Dienste (DTD) en boer van Groblershoop, sê dit verteenwoordig meer as 200 000 ton vars pitlose druiwe.

‘n Rekord van 16,7 miljoen kartonne tafeldruiwe is boonop uit die Benede Oranjerivier uitgevoer, wat hoofsaaklik toegeskryf kan word aan baie gunstige weerstoestande. Die Oranjerivier Wynkelders het ongeveer 17 500 ton Sultana en Merbein Seedless, die vernaamste rosynekultivars, ingeneem.

Fourie sê dit dui in die algemeen op ‘n besonder groot produksie van pitlose druiwe in die Benede Oranjeriviergebied. Die hoeveelheid Thompson pitlose rosyne het redelik konstant gebly op ongeveer 46% van die oes, of 23 270 ton.

“Die uitstekende gehalte Goue Sultanas van die Oranjerivier het egter stelselmatig gegroei en beslaan 35% (17 700 ton) van die oes, terwyl 7 270 ton as ongebleikte rosyne ingeneem is. Daar is dus in die afgelope seisoen meer as 300 000 ton vars pitlose druiwe in die Oranjeriviergebied geproduseer wat aan verskillende bemarkingskanale gelewer is.”

Nuwe pitlose kultivars gevestig

Die ongeveer 7 500 ha Sultana-aanplantings toon ‘n afnemende neiging, terwyl al hoe meer nuwe pitlose druiwekultivars gevestig word. Meeste van hierdie aanplantings verteenwoordig tafeldruiwe, hoewel meer as 1 000 ha Merbein Seedless reeds vir rosyne gevestig is.

Volgens Fourie beloop die totale oppervlakte onder pitlose druiwe langs die Oranjerivier ongeveer 11 000 ha, wat daarop dui dat ‘n hoër gemiddelde oes as normaalweg verkry is en elke hektaar het sy kant gebring. Die rosynebedryf se stok-sensus dui aan dat die Sultana-stokke reeds baie oud is en grootskaalse vervanging sal oorweeg moet word om oeste van hierdie omvang vol te hou.

Die DTD het ‘n soektog geloods na verbeterde kultivars vir die droogbedryf, wat meer weerstandbiedend teen ongunstige weersomstandighede is en gereelde groter drag lewer om die winsgewendheid van die bedryf te verhoog. Hierdie kultivars word tans veral langs die Benede Oranjerivier geëvalueer, terwyl vermeerdering van die materiaal vir voortplanting terselfdertyd geskied.

Goeie bemarkingsmoontlikhede vir goeie gehalte rosyne bestaan steeds, terwyl pryse vanweë die globale resessie effens onder druk is. Hoewel kopers steeds gretig is om die goeie gehalte Suid-Afrikaanse droëvrugte te koop, koop hulle minder op ‘n slag en wil hulle nie tans groot voorrade dra nie. Die wisselkoers van die rand teenoor al die groot geldeenhede bly sterk wat ook ‘n ongunstige uitwerking op winsgewendheid van die plaaslike bedryf het.

9 Augustus 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot