Mnr. Don Westcott, uittredende voorsitter van die SA Avokadokwekersvereniging (SAAKV), het op die vereniging se jaarvergadering op Tzaneen in Limpopo gesê 'n bykans rekordvolume van 12,81 miljoen kartonne is na Europa uitgevoer.
Pryse was onder druk vanaf laat-Agustus tot laat-September weens 1,34 miljoen kartonne per week wat gesamentlik deur Suid-Afrika en Peru op die Europese markte gelewer is.
Op die plaaslike terrein is 4, 8 miljoen kartonne deur die 17 varsproduktemarkte verkoop teenoor die sowat 5,1 miljoen kartonne wat in 2006 en in 2007 gelewer is.
18 Februarie 2009