AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

SA blomme gesog op Hollandse mark

Suid-Afrikaanse blomme op 'n mark in Holland klink vergesog, maar dit is presies wat gebeur.

Vyf vennote voorsien pragtige varkoorblomme van uitstekende gehalte in die winter aan Holland — juis wanneer produksie in dié land gestaak het.

Die pragtigste varkore (Zantedeschia) in 'n verskeidenheid kleure uit die Oos-Vrystaat is deesdae gesog op die bekende Hollandse blommemarkte. Dié blomme kom van die plaas Umpukane naby Clocolan, die Vrystaatse vennoot in 'n groep kwekers. Hulle voer die blomme saam met vier telers van Mpumalanga uit en hulle het 'n bemarker en plantteler in Holland.

Mnr. Hans van Rooyen en sy vrou, Christa, is al sowat 10 jaar lank met die kweek van varkore besig. Die boerdery het gegroei van die gewone wit, groen en pienk varkore tot die veelkeuriges wat hulle nou vir die uitvoermark kweek. Die nuwe kleure klink soos 'n reënboog op hulle eie — geel, wynrooi en skakerings van oranje.

Van Rooyen sê hulle het by dié uitvoerbedryf betrokke geraak toe mnr. Jeff Parsley van die Leeways-kwekery in Johannesburg hulle genader het nadat hy van hul varkoor-kwekery bewus geraak het.

Vir die kweek van die spesiale blomme kry hulle blomplantjies by 'n weefselkultuur-laboratorium op Tzaneen. Dié laboratorium kry virusvrye plantmateriaal van die kweker in Holland af en vermeerder dit dan om aan die Suid-Afrikaanse kwekers te verskaf.

Die boere plant 20 000 tot 30 000 plantjies per week. Die plantjies groei tot bolle wat van die derde jaar af in volle produksie is. Dit is vanjaar die eerste keer dat die vyf boere almal kan uitvoer. Die planttyd word versprei om die oorsese mark so lank moontlik te bedien.

Aangesien hulle op verskillende tye kan voorsien, verskaf die vyf Suid-Afrikaners van die begin van Oktober af tot die einde van Februarie — in die middel van die Hollandse winter — blomme aan dié mark. Die vyf verskaffers volg mekaar op, met effense oorvleueling.

Die Van Rooyens kom laaste aan die beurt. Die ander boere is mnre. Ian Brown van Waterval-Onder, Garrick Mullin en Derrick Lang van Witrivier, en James Turner en Ed Hillary van Tzaneen. Op Umpukane word die laaste blomme aan die einde van Februarie gepluk.

Die risiko verbonde aan dié uiters intensiewe bedryf is hoog. Die plante is baie vatbaar vir bakteriese siektes en moet weekliks voorkomend behandel word met swamdoders. Higiëne is ook uiters belangrik. Die hanteerders van die blomme in die pakhuis moet gereeld hul hande steriliseer, die messe waarmee die bondels blomme se stele op die regte lengte afgesny word, word ná elke bondel gesteriliseer en die blomstele word in 'n middel gedoop wat virusse, swamme en bakterieë doodmaak.

Die blomme moet korrek gehanteer en verpak word. Die vroue van Umpukane se permanente werkers is vir dié doel opgelei. Die blomme se stele word in die regte lengtes gesny, volgens lengte in bondels van 10 bymekaar gesit en vasgebind met kleeflint, en dan in kartonhouers verpak.

Dit is ook uiters belangrik dat die verpakking korrek gedoen word. Té veel blomme in een houer kan die blomme laat kneus en té min kan die verpakte blomme laat skud. In albei gevalle word die blomme beskadig. Vir versending word die blomme tot 4 °C verkoel, saans om 23:00 opgelaai, in die nag vervoer en om 03:00 in die koelkamer op die Johannesburgse lughawe afgelaai. Daar word dit geïnspekteer vir siektes voordat dit versend en sowat 48 uur later op die mark in Holland te koop is.

Blomme met stele wat te lank of te kort is en nie vir die uitvoermark geskik is nie, word plaaslik op die Multifora-blommemark in Johannesburg verkoop. In die lig van die huidige wisselkoers van die rand is die prys wat oorsee vir die blomme gekry word, nie veel meer as die binnelandse prys nie, maar dit is nodig om die oorsese mark uit te bou. Die moontlikheid vir uitbreiding is goed.

Van Rooyen sê die varkore word bo-op 'n berg onder skadunet geplant waar die koel klimaat voordelig is vir die blomme. Buiten die klimaat, moet die grondtemperatuur tussen 17 °C en 19 °C gehou word met die hulp van skadunette, molm en goeie dreinering. Net die heel beste hoëpotensiaal-grond word gebruik. Dit is ligte, sanderige grond wat goed dreineer en met goeie deurlugting.

Die heel beste moontlike bewerking en bemesting word gegee. Die grond word net voor planttyd 450 mm diep bewerk met 'n tandwerktuig en dan word verhoogde beddings gemaak waarin bolle met die hand geplant word.

Die grond word jaarliks ontleed. Die resultate bepaal hoeveel en watter van Umpukane se eie Green Gain-kunsmis toegedien word. Dit is belangrik dat die kunsmis wateroplosbare makro- en mikro-plantvoedingstowwe bevat, asook koolstof, humiensuur en plantbeskikbare kalsium. Vyf ton ou kraalmis word ook jaarliks toegedien om mikrobe-werking in die grond te bevorder. Kalk word jaarliks toegedien na aanleiding van die grondontleding.

Nadat die laaste blomme van die seisoen gepluk is, word die bolle in die grond gelaat om voedingstowwe uit die blare na die bol te verplaas en sodat die bolle kan uitsit en verouder. Sodra die bol se vel hard genoeg is, word dit uitgehaal en, om siektes te voorkom, teen 70 % humiditeit en tussen 10 °C tot 12 °C opgeberg totdat dit weer geplant word.

Om die pluktyd te versprei, word van die begin van November af elke week 20 000 tot 30 000 bolle geplant.

Elke jaar word nuwe grond gebruik waarop die afgelope 10 jaar tot 15 jaar net aangeplante weiding was. Wanneer die varkoor-bolle uitgehaal word, word dit deur wisselbou met ander blomme, soos lelies, opgevolg.

Jare se ervaring met hul varkoor-boerdery werp dus nou vrugte af vir die Van Rooyens van Umpukane met hul gekleurde blomme wat in die blom-mekka van die wêreld — op die Hollandse markte — groot welslae behaal.

6 Mei 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
+0.6%
Rand - Pond
21.07
+1.0%
Rand - Euro
18.17
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.61
+0.7%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,769.40
+0.0%
Silwer
22.10
-0.7%
Palladium
1,855.49
-1.2%
Platinum
989.32
-1.1%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wie weet
Ek dink ek is maklik om oor die weg te kom. Is baie getrou eerlik opreg . Ek is nie opsoek na lekker tyd! Ook nie om jou tyd te mors.
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot