AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

SA bly by met nuwe kultivars

Drie nuwe nektarien-, een pruim- en een appelkooskultivar is pas bekend gestel.

Drie nuwe nektarien-, een pruim- en een appelkooskultivar is pas deur Infruitec-Nietvoorbij op Stellenbosch op 'n sagtevrugte-kultivardag aan die bedryf bekend gestel.

Terwyl al hoe meer gerugte die ronde doen van hoe dienslewering en navorsing by die Landbounavorsingsraad (LNR) oral in Suid-Afrika besig is om in duie te stort, is dit uitstekende nuus dat nuwe sagtevrugkultivars nog gereeld deur Infruitec-Nietvoorbij, die LNR se Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn op Stellenbosch, geteel en vir kommersiële verbouing op die mark gebring word.

Vyf nuwe kultivars is vanjaar deur dié instituut aan boere uitgereik: Daar is drie nuwe nektariens, een pruim en een nuwe appelkoos.

Mnr. Chris Smith, steenvrugteler en evalueerder by die instituut, het dié besonderhede verskaf.

Nektariens

Sunburst, 'n helderrooi vrug met geel vleis, is aan einde Februarie vanjaar bekend gestel. Die uitsonderlik goeie voorkoms maak dit baie aanvaarbaar op internasionale sowel as die plaaslike mark.

Dit is geskik vir lugvrag-vervoer.

Sunburst, wat as 'n vervangingskultivar vir Sunlite geteel is, se kouebehoefte is medium tot laag (200 tot 400 Infruitec-koue-eenhede), die bome is mediumgroot en groei semi-regop. Teen die laaste week van Julie is die bome 10 % in blom en die eerste week van Augustus gemiddeld 80 % in blom.

Die vrugte is teen die eerste week van Desember in die Stellenbosch-Paarlgebied gereed vir oes.

Die vrugte is 62 mm tot 67 mm in deursnee en hul algemene vorm is rond. Die suikerinhoud is gemiddeld 12° brix, en die vrugtekstuur is goed.

Horizon is ook 'n helderrooi nektarien met geel vleis en is geskik vir uitvoer per vliegtuig en skip asook vir plaaslike bemarking.

Sy kouebehoefte is medium tot laag (200 tot 400 Infruitec-eenhede) en die bome is mediumhoog en groei semi-regop.

Tien persent van die bome is in die derde week van Julie in blom en 80 % teen die laaste week van Julie. Oestyd begin in die tweede week van November.

Die semi-kommersiële uitvoer van die vrugte het bevestig dat die opbergvermoë goed is.

Die vrugte is eiervormig met 'n deursnee van 62 mm tot 67 mm. Die suikerinhoud is 12° brix en die vrugtekstuur goed.

Royal Gem het ook 'n rooi skil en geel vleis.

Sy kouebehoefte is 200 tot 400 Infruitec-eenhede.

Dit is gewoonlik teen die laaste week van Julie 10 % in blom en 80 % in die eerste week van Augustus. Pluktyd begin die derde week van November.

Dié mediumgroot bome groei semi-regop en lewer 'n aanvaarbare produksie.

Die vrugte is rond en 62 mm tot 67 mm in deursnee. Hul suikerinhoud is 12° brix.

Hierdie vrugte is besonder mooi, wat dit oral gesog maak. Dit vul die gaping tussen die kultivars May Glo en Alpine.

Smith sê ander nektarienkultvars waaraan nog skaafwerk nodig is, is Rose Gem (oestyd saam met May Glo), Crimson Blaze (oestyd net ná Alpine) en Bella Rosa (vroeg in Januarie). Laasgenoemde twee kultivars het albei 'n nie-smeltente vleistekstuur.

Appelkose

Die kultivar Charisma is in Februarie vanjaar vir kommersiële verbouing uitgereik. Dit is 'n geel vrug met 'n rooi blos (dit het minder blos in warmer streke) en oranje binnekant.

Die kouebehoefte is medium tot laag (200 tot 400 Infruitec-eenhede).

Teen die derde week van Augustus is dit 10 % in blom en in die vierde week 80 %. Die eerste plukdatum is in die derde week van November (saam met Supergold). Die bome is groot en spreidend, soos dié van Palsteyn.

Charisma het langwerpige vrugte van 45 mm tot 55 mm in deursnee. Die suikerinhoud is gemiddeld 13° brix en die tekstuur is gemiddeld. Hulle kan met welslae opgeberg word.

Boere moet daarop let dat Charismaboorde nie tot byna oestyd besproei moet word nie. Vrugte wat tot dan besproei is, het die afgelope seisoen skaafmerke getoon.

Pruime

Sun Supreme, die geregistreerde handelsmerk van ARC PR-1, is 'n groot, lospit-geelpruim met oranjegeel vleis wanneer dit heeltemal ryp is. Dit is in Februarie vir bemarking en kommersiële verbouing beskikbaar gestel.

Die bome is mediumgroot en groei semi-regop. Kouebehoefte is tussen 400 en 600 Infruitec-eenhede.

Teen die tweede week van September is bome 10 % in die blom en in die derde week vol in blom. In die Paarlvallei is die oestyd in die derde en vierde week van Januarie en in Franschhoek is dit effens vroeër.

Die vrugte is 60 mm tot 65 mm in deursnee. Vir bemarking as Sun Supreme(tm) moet die vrugte minstens 50 mm groot wees. Dié wat nie aan die minimum standaarde vir Sun Supreme(tm) voldoen nie, kan onder die kultivarnaam ARC PR-1 bemark word.

Hierdie kultivar lewer 'n aanvaarbare produksie met Laetitia en Sun Breeze as kruisbestuiwers in die Paarl- en Franschhoek-vallei. Die vrugte se suikerinhoud is 14° brix. Die vrugte is langwerpig en die tekstuur is medium en die eetgehalte is die beste wanneer hulle heeltemal ryp is.

In die omgewing van Franschhoek word Sun Supreme net ná Laetitia en in die Paarlvallei saam met Songold geoes.

Omdat Sun Supreme 'n geregistreerde handelsmerk is (soos die kultivar African Pride) moet bemarkers kennis neem dat daar 'n produksieheffing op dié kultivar van toepassing is. Daar moet dus betyds by die SA Plantverbeteringsorganisasie om uitvoerregte vir 'n betrokke seisoen aansoek gedoen word, waarsku hy.

Nog 'n pruim, Sunset, wat saam met die kultivar Harry Pickstone ryp word, is aan die kom. Volgens Smith hou dit belofte in, maar nog skaafwerk moet daaraan gedoen word.

26 Augustus 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Vrou wat soek na ware liefde en geluk.
Ek is deur ñ moeilike ryd maar dit maak my net sterker en positief vir die toekom voorentoe. Ek hou van stap en movies kyk. Ek hou niks van dronk partytjies en baklei nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot