AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

SA fynbosprodukte gewild oorsee

Die besef dat daar nie met die natuur meegeding kan word nie, het daartoe gelei dat 'n blomboer vandag die grootste individuele uitvoerder van fynbosblomsoorte na Amerika is. Die internasionale blommemark is egter 'n unieke en moeilike mark om te betree, waarsku hy.

Die blomuitvoerbedryf moet nie sonder handskoene aangepak word nie. Geen korporatiewe stelsel bestaan in dié bedryf nie en alle bemarking moet van grondvlak af tot op internasionale vlak deur die produsent self gehanteer word.

Boere word gedwing om self na die buiteland te reis om hul produk te gaan bekendstel, kontrakte aan te gaan en die produk te verkoop. As 'n mens nie 'n kop vir sake het nie, moet jy liewer wegbly uit dié bedryf.

Aan die woord is mnr. Pierre Taljaard, bekende fynbos- en blomkweker van Kanetberg, Riversdal, en ook die eienaar van die heuningbostee-maatskappy Cape Honeybush Tea op Mosselbaai.

Só het mnr. Taljaard pas 'n deurbraak gemaak deur die eerste besendings Suid-Afrikaanse proteas na Rusland uit te voer. Hy moes egter eers self Moskou toe gaan om die aanvoorwerk daarvoor te doen, waarna 'n kontrak met 'n groot bemarkingsgroep in Rusland gesluit is vir die verdere uitvoer van plaaslike blomme daarheen. Hy sien groot moontlikhede vir uitvoer na dié mark wat aanvanklik vir Suid-Afrikaners geslote was.

Een van die grootste probleme wat egter oorkom moet word, is die feit dat vlugte na Rusland skaars is. Die blomme moet eers na Holland gaan, en van daar met kleiner vliegtuie na Moskou vervoer word. Die rede is dat min groot stralers uit Wes-Europa na Rusland vlieg omdat die hoeveelheid mense wat dié land besoek, nog betreklik min is.

Die plaas Kanetberg is geleë in die bergagtige dele van die distrik Riversdal, waar mnr. Taljaard se seun, Matie, in beheer is van die fynbos- en blomaanplanting, asook die verwerking daarvan. Voordat mnr. Taljaard sr. met blomme en boegoe begin boer het, kon niemand met gewone boerdery in daardie onherbergsame dele 'n bestaan maak nie. Selfs die Land Bank wou vroeër jare nie lenings aan boere daar gee nie, want daar is gesê dat hulle nie deel wou hê in mense se ondergang nie. Die veld is baie suur, wat veeboerdery moeilik maak, en water is ook skaars.

Toe hy die plaas gekoop het, het hy besluit dat hy nie teen die natuur gaan baklei nie, maar in harmonie daarmee gaan saamleef. Fynbos kom natuurlik en in oorvloed daar voor, en dit was logies dat dít die gewas moes wees waarmee geboer moes word.

Hy het egter wel 'n klompie vrugtebome gevestig, maar dit was nie suksesvol nie. Dit het hom finaal laat besluit om net goed te verbou wat hier aard, want om organies te boer met iets wat nie ten volle aangepas is nie, is tevergeefs.

Mnr. Taljaard het gevind dat feitlik alle fynbosplante — hy noem dit groen materiaal — bruikbaar is in rangskikkings en oorsee in aanvraag is. Benewens proteas en ander fynbosblomme word daarom ook allerlei fynbos-bolplante op die plaas vir uitvoer gekweek.

Alle fynbosprodukte wat op die plaas gekweek word, word uitgevoer — hoofsaaklik na Duitsland, Nederland, Frankryk en Amerika. Sowat 65 % van die totale blomproduksie op Kanetberg gaan na Amerika, wat sowat 70 % van die totale fynbostipe blomuitvoer uit Suid-Afrika na Amerika uitmaak. Dit is nie omdat hy die grootste produsent van dié soort plante in die land is nie, maar omdat hy deur noukeurige bestuur dit reggekry het om die produkte volgens fitosanitêre vereistes uit te voer. Dit is uiters moeilik om 'n vars produk na Amerika uit te voer en die streng fitosanitêre vereistes vir vars produkte (waaronder blomme) na te kom. Amerika bied 'n reuse-blommemark wat in dollar betaal, maar daar is geen kortpaaie om die produk uitgevoer te kry as dit nie 100 % "skoon" is nie. En dit is hier waar baie produsente vasval, meen hy.

Nuwe bestemmings waarnatoe uitgevoer word, is Griekeland (sedert 2001) en Rusland (sedert 2002). Daar is heelwat risiko's aan nuwe markte verbonde, meen mnr. Taljaard. Dit kan gebeur dat 'n uitvoerder nie betaal word vir sy produk nie. "Jy ken nie die mense nie en daar is niks of niemand wat jou teen so iets beskerm nie." Om die aanvanklike risiko te verminder, word eers net klein besendings na nuwe kliënte gestuur, en namate 'n vertrouensposisie onstaan, word die kontrakte vergroot. Die volgende doelwit is China en Hongkong, asook die "nuwe" lidlande van die Europese Unie, soos Tsjeggië en Slowenië.

Kanetberg is sowat 1 100 ha groot, waarvan die grootste deel uit bergveld bestaan. Fynbosblomsoorte in die natuur — hoofsaaklik proteas — het, ondanks hul oënskynlik hoë getalle, beperkte oesmoontlikhede. Daarom het mnr. Taljaard sowat 20 jaar gelede besluit om op groot skaal plante aan te plant. Dit het ook allerlei seleksiemoontlikhede ontsluit, want die blomme wat vandag op die plaas gekweek word, is van beter gehalte as dié in die natuur. Dit word grootliks onder drupbesproeiing gekweek.

Toe hy begin het om blomme vir die uitvoermark te kweek, het hy ook met die bemesting daarvan begin. Dit is destyds as buitengewoon beskou, maar hy het besluit om dit tog te beproef. Dit het uitstekend gewerk, maar hy het vasgestel dat 'n mens nie 'n protea soos 'n vrugteboom kan kos gee nie. Dit is veral uiters gevoelig vir stikstof en fosfate, en as te veel daarvan toegedien word, word die blomplant benadeel. Daar is mettertyd presies bepaal hoeveel om toe te dien, en vandag gedy die blomme op kunsmis.

'n Blomstruik lewer sowat 15 jaar lank goeie stele, waarna die gehalte en produksie begin kwyn. Die vestigingskoste is baie minder as byvoorbeeld by vrugteboorde, wat dit makliker maak om te vervang. Vrugteboorde kos bykans R100 000/ha om te vervang (na gelang van die soort en kultivar) terwyl dit R8 000/ha tot R10 000/ha kos om blomlande te vervang. As daar besproeiing moet bykom en 'n mens nie jou eie plantjies kweek nie, moet jy nog R12 000/ha bysit.

Heelwat blomme word ook gekoop omdat uitvoer in die afgelope paar jaar baie gegroei het. Dit is ook nodig om sekere soorte aan te koop omdat dit nie moontlik is om die hele spektrum van uitvoerprodukte self te kweek nie.

"Die oorsese kliënt wil die hele spektrum hê en hy hou dalk van jou manier van verpakking en diens — dus moet jy dít aan hom kan bied wat hy wil hê. Hy wil nie rondhardloop nie. Jy moet dit vir hom doen, want dit is waarvoor hy betaal," sê mnr. Taljaard.

Sowat 40 % van die blom- en fynbosprodukte word self deur die boerdery geproduseer, en die res word gekoop. Streng keuring word gedoen, en blomme wat nie aan die standaarde voldoen nie, word weggewys.

Die blomme wat aan die Klein- Karoo se kant van die plaas geproduseer word, kry chemiese behandeling teen insekte en siektes. Hoë berggedeeltes skei die valleie waarin heuningbostee en boegoe organies gekweek word van die res. Dit word volgens wet as genoeg skeiding aanvaar met die oog op die registrasie van die organiese verbouing van laasgenoemde twee gewasse.

Daar is sowat 53 ha onder fynbosblom-tipes en -kruisings op die plaas — alles onder drupbesproeiing. Die algemeenste kultivars is Lecudendron, Paranomus en Philicas. Die plan is om nóg 15 ha tot 20 ha blomme binne die volgende twee jaar te vestig.

Die meeste van die kruisings is gedoen deur mnr. Gert Brits wat voorheen aan die Landbounavorsingsraad op Elsenburg verbonde was. Sowat 75 % van alle speldekussing-tipe proteas is deur hom geteel, en dit is ook by hom wat mnr. Taljaard die meeste van sy kennis oor fynbostipe-blomme geleer het.

Daar was nog nooit 'n beheerraad in die blombedryf nie. Daarom is produsente, soos hy, al jare lank gewoond daaraan om hul eie ding te doen, wat dit makliker maak om ook nuwe markte oorsee te ontgin. Hulle moes van die begin af meeding met boere oorsee, wat hulle slim en vernuftig gemaak het. Dit het hom ook geslyp om markte te vind vir sy ander uitvoerproduk, naamlik heuningbostee, meen mnr. Taljaard.

Al beheer wat daar is, hou verband met die gehalte van die blomme wat uitgevoer word, want om 'n mark te skep en te vestig, is gehalte ononderhandelbaar.

Blommarkte wêreldwyd is beperk en versadigingspunte kan maklik bereik word. Die mark is goed gestabiliseer en produsente, soos hy, wat dit jare lank goed ken, is bekend met die slaggate. Dit is die nuwe toetreders tot die mark wat baie maklik seerkry. Dit is een van die groot probleme in die bedryf, naamlik dat nuwe toetreders instorm, 'n klomp hektaar met blomme beplant sonder dat hulle 'n gevestigte mark het, en dan op die ou end hul blomme vir baie minder verkoop om net daarvan ontslae te raak.

Dít destabiliseer die blommemark, maar dit is gewoonlik net tydelik. Die groot blommekopers van Europa en Amerika weet dat hulle stabiliteit het by produsente wat al lank gevestig is. Hulle is dikwels huiwerig om by nuwe toetreders te koop, al is die pryse laer, want hulle weet nie of die mense volgende jaar nog daar sal wees nie.

Iets wat uitvoer bemoeilik, is die feit dat blomme 'n groot vragvolume in beslag neem, wat nie ooreenstem met hul massa nie. Dit bring mee dat daar in dié stadium tot R25/kg aan lugvrag betaal word om blomme uit te voer — en dit styg steeds.

Oorsee word gemiddeld R40/kg vir die blomme betaal. Dus kry die produsent maar gemiddeld R15/kg. Produksiekoste moet ook nog daarvan afgetrek moet word, wat die winsmarge baie laag maak — en dit daal steeds namate vervoerkoste styg.

Daarom word nou ál meer gekyk na moontlikhede om die blomme in houers te verskeep na oorsese bestemmings. Op dié wyse kan groter hoeveelhede blomme teen 'n laer koste uitgevoer word. Wat nou ondersoek word, is hoeveel van dié blomme se leeftyd nog oor is nadat dit vir 'n langer tyd in 'n temperatuurbeheerde houer was — hoewel dit oënskynlik heeltemal vars daaruit kom.

Om dié rede het mnr. Taljaard nou blomme begin kweek op sy plaas naby die kus van die Amerikaanse staat Kalifornië. Hy het dié plaas 'n paar jaar gelede gekoop. Dit haal baie van die uitvoerpyne uit die bedryf, veral wat fitosanitêre inspeksies betref. Die blomme word dan in die land gekweek as 'n produk van Amerika.

Dit is nie onmoontlik dat sy Amerikaanse vertakking mettertyd baie groter kan raak as sy plaaslike blommevertakking nie, want die Amerikaanse mark is reusagtig en kan nog baie meer ontgin word.

In dié stadium is die inspeksie van die uitvoerblomme in Suid-Afrika strenger as in Amerika, want dít is hoe hulle as uitvoerders dit wil hê, sê mnr. Taljaard. As blomme dus hier as siektevry goedgekeur is, is die kans feitlik 100 % dat dit in Amerika goedgekeur sal word.

Dit is nodig, want as 'n vrag blomme in Amerika afgekeur word, kos dit die uitvoerder die volle lugvrag, en boonop moet hy 'n groot bedrag betaal om die blomme daar te laat vernietig. So nie, moet hy boonop nog die lugvragkoste betaal vir die afgekeurde blomme as dit teruggestuur word.

Nóg 'n voordeel van die boerdery in Kalifornië is dat wanneer die blomme in die Noordelike Halfrond se lente gereed is om geoes te word (Maart tot Mei), is dit nie oestyd in Suid-Afrika nie (oestyd hier is van September tot November), en andersom. Daarom kan die vestiging van sy blommebedryf daar enige mededinging met sy eie produkte uitskakel, meen mnr. Taljaard.

Die blom-uitvoerbedryf is ingewikkeld en baie mense het al hul vingers verbrand, waarsku hy. Enigiemand wat daartoe wil toetree, sal sy huiswerk baie noukeurig moet doen, aldus mnr Taljaard.

21 Maart 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Let go and let God
Eks uniek met ñ twist😊. haat konflik en jaloesie. I'm a born again son of God🙌 soek vrede. geduld. en ek haat leuens
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot