'n Rusie prut tussen Suid-Afrika (SA) en Kenia oor die invoerverbod op avokado's van dié Afrika-land. 'n Administratiewe hinderpaal het veroorsaak dat Kenia se uitvoere na Suid-Afrika ernstig gekrimp het.
Voorheen was die uitvoer van avo's na SA sowat Sh150 miljoen per jaar werd.
Keniane beskou die hinderpaal as onnodig en te streng en meen dit is proteksionisties. Die verbod was bedoel om die verspreiding van vrugtevlieë te beperk, maar dr. Stephen Mbithi van Kenia se uitvoerdersvereniging vir vars produkte meen dat vrugtevlieë avo's van alle lande in Afrika raak.
Bron:
Business Day Africa
16 September 2008