AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9821,2
47,20
CORN
30 Mrt
-
4514,6
-15,40
SOYA
30 Mrt
-
8200
-43,00
SUNS
30 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
30 Mrt
-
6676
-3,00
WMAZ
30 Mrt
-
3841
-10,00
YMAZ
30 Mrt
-
4055
-11,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

SA kry Israel se voorste kwekerytegnologie

Een van Suid-Afrika se grootste tamatieboere het saam met 'n Israelse maatskappy een van die modernste kommersiële groentekwekerye in Limpopo begin.

Een van Suid-Afrika se grootste tamatie- en uieboere het in vennootskap met 'n Israelse maatskappy waarskynlik een van die grootste en modernste kommersiële groentekwekerye in Limpopo begin. Nóg sulke kwekerye word vir Suid-Afrika beoog.

In 'n unieke vennootskap het die maatskappy ZZ2, onder meer een van Suid-Afrika se grootste tamatie- en uieboere, kragte saamgesnoer met die maatskappy Hishtil Kwekerye van Israel om 'n hoëtegnologie-kwekery vir groente- en geënte groentesaailinge by Mooketsi in Limpopo op te rig. Dié kwekery sal meer as 50 miljoen saailinge per jaar produseer.

Mnr. Shlomo Zuker, hoofbestuurder van Hishtil Suid-Afrika, het tydens die amptelike opening van die kwekery gesê dié maatskappy is die wêreld se voorste plantverskaffer en die nuwe kwekery by Mooketsi bring wêreldklas-tegnologie na die Suid-Afrikaanse saailingbedryf. Danksy die nuwe kwekery sal die plaaslike landboubedryf direk voordeel put uit internasionale navorsing en ontwikkeling.

Hishtil het vyf takke in Israel, kwekerye in Italië en Turkye asook tegnologie-oordragooreenkomste met Griekeland, Spanje en Rusland. Onderhandelinge is ook met Mexiko aan die gang.

Die maatskappy se primêre besigheid is die produksie van groentesaailinge en dit het die tegnologie vir geënte spanspekke, komkommers, rissies en tamaties vervolmaak. Hishtil spesialiseer ook in ornamentele plante asook kruie en produseer meer as 550 miljoen plantjies per jaar, sê Zuker.

Me. Roné Strauss, kwekerybestuurder, is ingenome met die nuwe kwekery wat met die jongste tegnologie spog. Ingevoerde veen word onder meer vir die groeimengsel gebruik om plaaslike veenbronne te beskerm. Die masjien wat die saailaaie voorberei en die saadjies plant, kan tot 5 000 saailaaie per dag hanteer. Daarvandaan gaan die saailaaie na 'n ontkiemingskamer waar die optimale vog en temperatuur deur 'n rekenaar beheer word. Na gelang van die kultivar bly die saailaaie van een tot sewe dae in die ontkiemingskamers voordat dit na die kweektonnels uitgeplaas word.

Elke kweektonnel het 'n ingangsportaal met 'n wasbak en voetebad vir ontsmettingsdoeleindes. Die portaaldeur is só ontwerp dat sterk waaiers aangeskakel word die oomblik as die deur oopgemaak word. Dit skep 'n onmiddellike lugvloei na buite wat verhoed dat enige insekte die portaal kan binnedring. Spesiale nette word vir die kweekhuise self gebruik om insekte uit te hou en gevolglik die gebruik van chemikalieë uit te skakel. Binne-in die kweektonnels geskied outomatiese oorhoofse besproeiing wat deur 'n katrolstelsel funksioneer.

Strauss sê die nuwe kwekery se voordele is sy spesiale groeimedium en verbeterde wortelontwikkeling danksy Hishtil se geregistreerde "Root-straight"-saailaaie. Die kwekery is 'n wêreldleier in geënte groente-planttegnologie, dit bied 'n plantbeskermingspakket en word gerugsteun deur die wêreld se voorste navorsing en ontwikkeling. Daarby is dit onderhewig aan onafhanklike gehaltemonitering, voldoen dit aan internasionale gehaltestandaarde en bied dit 'n afleweringstelsel wat van saailaai tot in die land beplan is, sê Strauss.

Mnr. Ychezkel Dagan, hoof uitvoerende beampte van Hishtil Israel, sê sy maat-skappy se primêre doel om na Suid-Afrika te kom, is nie om geld te maak nie, maar eerder om 'n mark te vestig en te ontwikkel. "Ons glo in die Suid-Afrikaanse boere en ons vertrou dat julle ons sal ondersteun," het Dagan gesê.

Volgens mnr. Sello Moloto, premier van Limpopo, is landbouproduksie aan die afneem en speel die landbou veral in Limpopo 'n belangrike rol. "Die nuwe kwekery is 'n nuwe inisiatief wat nuwe hoop bring vir Limpopo en vir Suid-Afrika en ek vertrou dat dit ook sal uitkring na die res van Afrika," het Moloto gesê.

Mnr. Tommy van Zyl, hoof uitvoerende beampte van ZZ2, sê die daarstelling van die nuwe kwekery bring 'n einde aan ZZ2 se eie kommersiële kwekery wat met Amerikaanse tegnologie in 1978 opgerig is. "Uiteindelik het ons die regte besluit geneem om die nuwe kwekery as 'n onafhanklike besigheid saam met 'n vennoot te vestig, want ZZ2 se kernbesigheid is immers die verbouing van landbouprodukte, soos onder meer tamaties en nie die kweek van groentesaailinge nie. Hishtil bring nie net 'n netwerk van kennis en tegnologie na Suid-Afrika nie, maar ook 'n waardestelsel," het Van Zyl gesê.

Volgens raming sal hierdie projek sowat 200 nuwe werkgeleenthede skep. Dit hou groot voordele in vir Suid-Afrikaanse boere. Nie net sal hulle hoëgraadse saailinge kan plant nie, maar hulle sal ook hul plantprogram haarfyn kan uitwerk. Danksy die gevorderde kweek- en entmetodes sal planttyd tot op die dag bepaal kan word en sal boere die saailinge op hulle plase in spesiaal ontwerpte saailinghouers ontvang.

Die nuwe kwekery gaan afskop met gewone en geënte saailinge, soos tamaties, rissies, waatlemoene, spanspekke, komkommers, slaai en kool. "Die visie is om hierdie kwekery as 'n sentrum vir uitnemendheid te vestig wat Suid-Afrikaanse groenteboere sal bedien. Die kwekery by Mooketsi is slegs die eerste stap in hierdie rigting," het Van Zyl gesê.

Landbouweekblad, 17 Augustus 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
+0.2%
Rand - Pond
22.34
-0.2%
Rand - Euro
19.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
967.60
-0.1%
Palladium
1,433.34
-1.1%
Goud
1,967.62
+0.2%
Silwer
23.62
+1.3%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,411
+0.8%
Alle aandele
77,055
+0.8%
Hulpbronne 10
67,909
+1.9%
Industriële 25
103,746
+0.4%
Finansiële 15
15,673
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot