AFGRI
BEAN
27 Jan
-
9479
0,00
CORN
27 Jan
-
4568
0,00
SOYA
27 Jan
-
9642
0,00
SUNS
27 Jan
-
12400
0,00
WEAT
27 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
27 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
27 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

SA lemoene nie bedreiging vir EU-produsente

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vrugte-uitvoerders van die Suidelike Halfrond is optimisties oor die toekoms van die bedryf, maar beskou droogte en vloede, die stygende koste van landbou-insette en regeringsbeleid in sekere lande as groot probleme. Foto: Amelia Genis
Vrugte-uitvoerders van die Suidelike Halfrond is optimisties oor die toekoms van die bedryf, maar beskou droogte en vloede, die stygende koste van landbou-insette en regeringsbeleid in sekere lande as groot probleme. Foto: Amelia Genis
Onlangse syfers oor die jaarlikse verbruik van lemoene in die Europese Unie (EU) toon dat Suid-Afrikaanse sitrus nie met Europese produsente daar meeding nie.

Luidens mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (SKV), se nuutste nuusbrief toon syfers wat deur Freshfel voorberei is, dat daar vanaf Januarie tot Mei geen Suid-Afrikaanse lemoene in dié mark nie.

Gedurende hierdie tydperk is Spanje, Italië, Griekeland en Egipte die grootste mededingers, met klein volumes vrugte wat uit Marokko, Tunisië en Turkye gelewer word. Dieselfde geld November en Desember.

Tydens die EU se buiteseisoen begin die Suid-Afrikaanse seisoen in Julie en word lemoene tot Oktober gelewer tesame met klein volumes lemoene uit Spanje, Argentinië, Uruguay, Peru en Zimbabwe.

“Verbruikers het baie opsies in die varsprodukte-afdeling, maar hulle kan net koop wat op die rak is,” sê Chadwick. “As lojale lemoenverbruikers besluit om ’n alternatief te koop omdat hul verkose produk nie beskikbaar is nie, en hulle die alternatief geniet, sal hulle miskien nie na die aanvanklik produk terugkeer wanneer dit weer beskikbaar is nie.

“Aangesien Spanje en Suid-Afrika onderskeidelik die grootste en tweede grootste verskaffer van lemoene aan die EU is, behoort ons beste vriende te wees. Hierdie twee lande kan verseker dat verbruikers heeljaar veilige, voedsame en gesonde lemoene van topgehalte het om van te kies.”

Fopnuus

Ongelukkig word baie fopnuus volgens hom aan kwekers in die EU opgedis, met die eerste gang wat aanvoer dat Suid-Afrika ’n groot impak op die mark vir Europese lemoene het. Freshfel se syfers weerlê egter dié spesmaas.

Die tweede gang van dié fopnuus-maal is dat Suid-Afrika se biosekerheid nie na wens is nie. Dit terwyl Suid-Afrika van die wêreld se voorste sitrusnavorsers het wat verseker dat plaaslike lemoene uitgevoer kan word, terwyl die nodige beskerming vir Europese boorde gehandhaaf word.

“Daar is ’n enorme hoeveelheid literatuur oor die sukses van Suid-Afrika se globale uitvoer en fotosanitêre nakoming beskikbaar. Ons sal graag direk met Europese sitruskwekers in verbinding wil tree om sommige elemente in Europa se bangmaakpraatjies verdryf.

“As ’n globale sitrusfamilie behoort ons saam te werk om verbruikers se lojaliteit aan ons fantastiese vrugte te verseker.”

Samewerking pleks van proteksionisme

Mnr. Andricus van der Westhuizen, Wes-Kaapse DA-wetgewerlid, sê die party doen ’n beroep op die departement van handel, nywerheid en mededinging om die nuwe kouebehandelingvereistes, wat as ’n nie-tariefhandelsversperrings dien, met die EU te bespreek. Volgens hom het die onlangs veranderinge aan fotosanitêre standaarde ’n groot ongunstige impak op sitrusboere in die Wes-Kaap.

“Terwyl dit verstaanbaar is dat die EU sy eie ekostelsel teen valskodlingsmot wil beskerm, is die wyse waarop hierdie nuwe regulasies toegepas word onredelik en onregverdig. Daar is van uitvoerders verwag om binne drie weke maatreëls toe te pas om aan die nuwe standaarde te voldoen, iets wat totaal onrealisties is en daartoe gelei het dat tonne van ons sitrus by hawens vasgesit het.”

Hoewel die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling by dié krisis ingegryp het en probeer red wat te redde was, het die sitrusbedryf volgens die SKV toe reeds R200 miljoen verloor.

“Die rede vir die nuwe regulasies blyk eerder politiek en proteksionisme te wees as ware kommer oor valskodlingsmot, veral aangesien vorige regulasies reeds as doeltreffend bewys is,” sê Van der Westhuizen.

“Die wêreld benodig nie nóg handelsproteksionisme nie. Wat ons nodig het, is vryer markte wat ontwikkelende ekonomieë regverdige toegang tot winsgewende, ontwikkelde lande sal bied.”

Chadwick sê terwyl die vrystelling van sommige vraghouers verwelkom word, bied dit plaaslike kwekers egter net verligting op termyn. “Die afdwinging van die nuwe regulasies vir valskodlingsmot bly op lang termyn ’n ernstige bedreiging vir die bedryf. Daarom is die konsultasieproses met die Wêreldhandelsorganisasie uiters belangrik.

“Die SKV hou vol dat die voorgeskryfde kouebehandeling nie strook met wetenskaplike bewyse nie, wat dit arbitrêr maak, onnodige beperking op handel plaas en teenstrydig is met internasionale vereistes vir sulke fotosanitêre handelsregulasies.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
+0.8%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Kom Ons Gesels😁
Ek is n moeilieke meisie, maar watter meisie is nie??? Ek het twee pragtige dogtertjies, so meeste van my tyd word saam hulle spandeer😁 Ek hou van dans maar het nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot