AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

SA lietsjies mik oorsee

Suid-Afrika se lietsjieverbeteringsprogram is baie goed op dreef.

Suid-Afrika se lietsjieverbeteringsprogram is só goed op dreef dat

etlike nuwe kultivars in die toekoms die wêreld ingestuur kan word.

"Dit is beslis moontlik om die Suid-Afrikaanse lietsjie verder te verbeter," sê mnre. Johan Husselman en Sakkie Froneman van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse (LNR-ITSG) op Nelspruit.

Met die vorige Lietsjiesensus in 1999 was daar 140 000 lietsjiebome in Suid-Afrika. Die meeste hiervan bestaan uit die kultivars HLH Mauritius en McLean's Red, wat 'n oesseisoen van slegs sowat twee maande het. Om hierdie probleem aan te pak, is nuwe kultivars van verskeie lande af ingevoer.

Dié kultivars is in plaaslike toestande geëvalueer en sommige toon potensiaal vir kommersiële verbouing in Suid-Afrika. 'n Teelprogram is tesame met die kultivar-evaluasieprojek bedryf om verbeterde tipes spesifiek vir plaaslike toestande te teel.

Hoewel die program om lietsjies te verbeter 'n langtermynplan is en oor baie jare strek, is goeie vordering gemaak om bome vir spesifieke eienskappe te selekteer. Dié program bestaan uit sowat 9 000 saailinge wat op Nelspruit, Malelane en Burgershall, asook op Levubu naby Makhado (Louis Trichardt) gevestig is.

Die verbeteringsprogram het amptelik in 1990 afgeskop met die vestiging van 3 000 oopbestuifde HLH Mauritius-saailinge op die Freidenheim-proefplaas buite Nelspruit.

Ná tien jaar is verskeie seleksies daaruit gemaak en vermeerder vir verdere evalu-ering. Sedertdien is ander kultivars ingevoer om die genepoel vir teling te vergroot en die kans op sukses te verbeter. Hierdie ingevoerde kultivars word nou gebruik in doelgerigte kruisings vir spesifieke eienskappe.

Dié ingevoerde kultivars was 'n baie belangrike stap in die teelprogram omdat dit 'n groter genetiese basis daargestel het waaruit 'n verbeterde nageslag geteel kan word. Nuwe tegnieke, soos bestraling en die chemiese behandeling van saad en enthout, word bykomend gebruik om mutasies te bevorder. Goeie hoop bestaan dat hierdie prosesse moontlik in die toekoms tot nuwe kultivars kan lei.

Die LNR-ITSG se teelprogram bestaan uit die kwekery-, saailing- en die registrasiefases.

In die kwekeryfase word saad versamel van geselekteerde kultivars wat as oopbestuifde saailinge geplant word. Met hierdie soort bestuiwing is die manlike teelouer nie bekend nie. By doelgerigte kruisings is die manlike teelouer bekend en daar word probeer om spesifieke eienskappe van geselekteerde ouers oor te dra. Die sade moet so vinnig moontlik ná oestyd geplant word, aangesien die kiemkrag drasties afneem nadat dit uit die vrug verwyder is. Die saailinge moet vir ten minste twee jaar in die kwekery bly voordat dit gereed is om in 'n boord gevestig te word.

Sodra die saailinge gereed is, word hulle tydens die saailingfase in hoëdigtheidblokke van 1 250 plante per hektaar gevestig. Die saailinge wat dra, word dan jaarliks ge-evalueer vir verbeterde eienskappe. Onder die belangrikste eienskappe waarvoor geselekteer word, tel vruggrootte en -vorm, uitwendige kleur, saadgrootte, oesseisoen, smaak, inwendige vruggehalte, ná-oes-eienskappe en vroeë vrugbaarheid.

Lietsjiesaailinge kan van drie jaar tot tien jaar en selfs langer neem om te blom. Hierdie eienskap is juis een van die belangrikste redes waarom die lietsjieverbeteringsprogram 'n langtermynprojek is wat etlike jare duur om met beduidende resultate vorendag te kom. Sowat 1 000 nuwe saailinge word nou jaarliks gevestig om die momentum van die program in stand te hou. Verskeie metodes, soos strategiese snoei, ringelering en chemiese manipulering, word ingespan om die lietsjie se natuurlike lang jeugfase te verkort.

Die geïdentifiseerde seleksies word saam met kontrolegroepe op onderstamme geent en vermeerder. Hierdie bome sal ongeveer 'n jaar ná enting gereed wees vir vestiging. 'n Aantal bome van elke seleksie word saam met die kontrolegroepe in 'n registrasieblok gevestig. Hier word meer in detail na die tuinboukundige en fenologiese eienskappe gekyk.

Husselman en Froneman is baie in hul noppies met die seleksieprogram se resultate wat tot dusver bereik is. Waar lietsjies se jeugfase (die tydperk vóór blomtyd) tot so lank as 20 jaar kan duur, is daar sekere seleksies in die verbeteringsprogram wat reeds ná vier jaar begin blom het. Daarby strek die plaaslike lietsjieseisoen gewoonlik van middel November af tot einde Februarie. In die verbeteringsprogram is lietsjies egter reeds só vroeg as 28 September en tot so laat as in Maart geoes. Hierdie resultate dui daarop dat die huidige kort lietsjieseisoen waarskynlik aansienlik verleng sal kan word.

In die seleksieprogram word ook aandag gegee aan vereistes wat spesifieke markte stel, soos byvoorbeeld die Oosterse mark wat geen verbruining om die vrug se pit wil hê nie en wat vrugte met 'n hoë suiker- en lae suurinhoud verkies. In 'n ander geval word geselekteer vir vrugte met klein sade, goeie gehalte en stewige vrugvleis. In nóg 'n geval is die seleksievereistes goeie eetgehalte en die verlenging van die oesseisoen.

Die LNR-ITSG het 28 belowende seleksies met ses kontrolegroepe in 'n registrasieblok gevestig. Sodra 'n seleksie hier na wens presteer, word aansoek om kultivarregistrasie gedoen. Ná registrasie word die kultivar ingevolge 'n kontrak aan belangstellendes beskikbaar gestel vir semi-kommersiële aanplantings. Die tantieme wat op hierdie kultivars gehef word, sal gebruik word om die verbeteringsprogram verder uit te brei.

Hoewel die LNR-ITSG se lietsjieverbeteringsprogram op die wêreldmark gerig is, word die plaaslike kommersiële bedryf nie buite rekening gelaat nie. Terselfdertyd word daar vir die opkomende landbou gesoek na bome wat gehard is, elke jaar 'n goeie drag lewer en min bestuur verg, sê Husselman en Froneman.

Omvattende handleiding

'nOmvattende publikasie van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse (LNR-ITSG) waarin die verbouing van lietsjies breedvoering bespreek word, is nou beskikbaar. In The cultivation of Litchi word die lietsjie se oorsprong en geskiedenis uiteengesit. Bestaande kommersiële en ingevoerde kulitivars, die vermeerdering van plantmateriaal, grondvoorbereiding, bemesting, plae, oes en ná-oesbehandeling, asook bemarking word onder die vergrootglas geplaas.

Die handleiding is saamgestel deur E.A. de Villiers en kos R195 per eksemplaar plus posgeld. Dit kan bestel word by die Skakelafdeling van die LNR-ITSG, Private sak X11208, Nelspruit 1200. Tel. 013 753 7000.

8 Maart 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot