AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

SA suurlemoensap kry teenstand uit Amerika

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kommer heers oor of daar genoeg markte sal wees om groeiende volumes sagtesitrus en suurlemoene te verbruik.  Foto: LBW-argief
Kommer heers oor of daar genoeg markte sal wees om groeiende volumes sagtesitrus en suurlemoene te verbruik. Foto: LBW-argief
’n Amerikaanse vrugtesapprodusent het ’n teenstortingsaansoek vir suurlemoensap uit Suid-Afrika ingedien.

’n Amerikaanse vrugtesapprodusent, Venture Coastal LLC, het ’n teenstortingsaansoek vir suurlemoensap uit Suid-Afrika en Brasilië ingedien.

Die aansoek is net voor die einde van 2021 by die internasionale handelskommissie, die Amerikaanse weergawe van Itac in Suid-Afrika, ingedien.

In sy aansoek vra die maatskappy vir ’n teenstortingstarief van 128,61 % vir Suid-Afrikaanse suurlemoensap en 555,22% vir Brasilië.

Volgens mnr. Donald MacKay, ’n internasionale handelsraadgewer en direkteur van XA Internasionaal, het die uitvoer van Suid-Afrikaanse suurlemoensap van 2018 tot 2021 met 61% toegeneem en sal ’n tarief ’n pynlike slag wees.

MacKay benadruk dat die Amerikaanse mark die grootste bestemming is vir Suid-Afrikaanse suurlemoensap. Suid-Afrika is naas Brasilië die grootste uitvoerder van suurlemoensap na Amerika. Hy voeg by dat dit nie maklik sal wees om ’n vervanger te vind vir die nagenoeg R165 miljoen se suurlemoensap wat Amerika uit Suid-Afrika invoer.

Volgens mnr. Hannes de Waal, voorsitter van die Venco-sapfabriek in Kirkwood in die Oos-Kaap, wat ook in die aansoekdokument genoem is, was die aansoek enersyds ’n verrassing, maar is dit nie heeltemal onverwags vanuit ’n Amerikaanse oord nie. De Waal sê hulle het geen formele kennisgewing oor die aansoek ontvang nie, maar via die media daarvan te hore gekom.

Sy maatskappy en sy kliënte ondersoek die aansoek, wat tans nog ’n nuutjie is vir die bedryf. Een van die huidige kwessies is dat dit moeilik is om ’n professionele opinie in te win van Suid-Afrikaners wat in die veld spesialiseer, aangesien dit nog vakansietyd is.  Een van Venco se aandeelhouers, die Argentynse maatskappy San Miguel, konsulteer namens die maatskappy met dieselfde prokureurs wat betrokke was in Argentinië se stryd teen Amerikaanse teenstortingstariewe.

AGOA

Suid-Afrikaanse suurlemoensap word ingevolge die Agoa-ooreenkoms tariefvry na Amerika uitgevoer, terwyl gewone tariewe 3,4 sent per liter beloop.

“Indien die tarief ingestel word, kan dit ons uitsluit uit Amerika. Dit kan ook lei tot verdere teenstortingsgevalle in ander lande. Ek meen die probleem is nie onbenullig nie,” sê MacKay.

De Waal sê Amerika is nog nie ’n groot mark vir Venco nie, maar dit word ’n baie belangrike mark, veral met die groei in produksie wat die sitrusbedryf ervaar.

“Die mark het 300 miljoen verbruikers. Ons het ’n baie goeie produk en wil graag in daardie mark wees en elke ander mark ter wêreld waarin ons kan wees.”

MacKay sê dit is moeilik om te sê of daar waarheid steek in die aantygings in die aansoek, omdat nog met produsente saamgewerk moet word om dit te bereken.

Die rand het in die afgelope paar jaar aansienlik in waarde afgeneem. “Dit kan maklik wees dat die toename in invoer kan wees weens die verswakking van  die  geldeenheid en nie weens storting nie. Van die Suid-Afrikaanse kant is die belangrikste taak om produsente betrokke te kry by die proses. Indien hulle nie deelneem nie, sal ons by verstek verloor en dit het verskeie uitkringgevolge.”

Geskrewe voorleggings moet voor 25 Januarie ingedien word. Gaan na https://bit.ly/3fcce5T vir nog inligting oor die proses. Produsente met navrae kan MacKay kontak by donald@xa.co.za of +27 84 494 1019.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot