AFGRI
BEAN
01 Des
-
9350,4
96,40
CORN
01 Des
-
4553
45,00
SOYA
01 Des
-
10435
134,00
SUNS
01 Des
-
11000,2
-93,80
WEAT
01 Des
-
6875
90,00
WMAZ
01 Des
-
5133
2,00
YMAZ
01 Des
-
4971
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

SA wynbedryf ’n wêreldleier, sê sakeman

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Volhoubaarheid is een van die internasionale wynbedryf se grootste prioriteite, maar geen land takel dié kwessie op so ’n verenigde manier as Suid-Afrika nie, meen mnr. Antonio Amorim, president en uitvoerende hoof van Corticeira Amorim.

“Suid-Afrika neem die voortou en toon leierskap met sy gesamentlike poging tot ’n volhoubare bedryf. Dis ook ’n manier om julself van ander wynproduserende lande te onderskei,” het hy tydens die opening van Cape Wine, ’n wynhandelskou in Kaapstad, gesê. Dit val saam met die veertigste jaar wat Amorim in Suid-Afrika sake doen.

Hy het verwys na die wynbedryf se vennootskap met die wêreldnatuurlewefonds (WWF) om duisende hektaar natuurlike plantegroei te bewaar. Die IPW-seël (wat geïntegreerde wynproduksie waarborg) is ’n verdere bewys van die bedryf se toewyding tot volhoubaarheid.

“Daar is egter meer aan Suid-Afrikaanse wyne. Ek dink aan die evolusie van gehalte, die aanpassing met kultivars wat meer aangepas is by die grond en klimaat, en die ongelooflike klem om eenvoudige, sterk handelsmerke te skep wat internasionale wenners kan raak. Dit wys die krag en potensiaal van jul produkte. Baie Europeërs besef nou Suid-Afrika is ’n land van geleenthede en potensiaal in die wynwêreld.”

Volhoubaarheid nie uitgevee

Volgens Amorim is “volhoubaarheid” die een woord wat nie deur covid-19 uitgevee is nie.

“Teen 2050 sal ons waarskynlik 9,8 miljard mense op aarde wees, en ons het nie ’n planeet B nie. Daar is nie tyd vir groot planne nie, maar ons elkeen moet optree om ons koolstofspoor te verklein en in koolstofneerlegging te belê.”

Hy sê wyn is ’n unieke landbouproduk en dat produsente en verbruikers toenemend bewus is van hul rol om koolstofvrystellings te verminder en menswaardige lewensmiddele vir gemeenskappe en toekomstige geslagte te verseker.

Volgens Amorim is daar tydens die Porto-protokol se bekendstelling getoon dat wingerdbestuur vir 34% van die wynverskaffingsketting se koolstofvrystellings verantwoordelik is. Wynkelderpraktyke, verpakking en vervoer is verantwoordelik vir onderskeidelik 15%, 38% en 13%.

“Wat wingerdbestuur betref, word biodinamika, organiese produksie en volhoubare boerdery bespreek, asook hoërgeleë aanplantings en kultivars wat meer weerstandig is teen klimaatverandering. In die wynkelder is doeltreffende energie- en watergebruik, asook herwinning belangrik.”Wat verpakking betref, is die vervaardiging van glasbottels verantwoordelik vir sowat ’n derde van die totale verskaffingsketting se vrystellings.

“Die gebruik van kurk pleks van skroefproppe van aluminium kan jou wynbottel se koolstofspoor verklein. Elke ton kurk wat geproduseer word, vang 73 ton koolstofdioksied vas. ’n Enkele kurk kan dus 400 g koolstofdioksied vasvang teenoor die 450 g wat vrygestel word met die vervaardiging van ’n glasbottel.”

Die maatskappy het onderneem om 1,5 miljoen nuwe kurkbome oor die volgende vyf jaar te plant.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.66
-2.6%
Rand - Pond
21.64
-4.2%
Rand - Euro
18.54
-3.4%
Rand - Aus dollar
12.02
-2.8%
Rand - Jen
0.13
-4.0%
Goud
1,795.42
+1.5%
Silwer
22.46
+1.2%
Palladium
1,872.00
-0.8%
Platinum
1,046.00
+0.8%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,868
+0.4%
Alle aandele
75,020
+0.3%
Hulpbronne 10
75,989
+3.5%
Industriële 25
92,168
+1.9%
Finansiële 15
15,274
-6.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Avontuur saam, leef voluit saam.
Ons leef en laat leef, goedhartigheid, respek vol, doel gerig, hardwerkend, verantwoordelik, eerlik en opreg by my maaitjie, om alles te gee. Geniet natuur, asook kuns feeste...
"Kan jy eerlik wees?"
Ek is n opregte liefdevolle eerlike mens. Uiterlike is nie vir my belangrik nie maar of ons n konneksie het. Ek bly lojaal teenoor my naasbestaandes. Ek is passievol, maar NIE n...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot