AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sampioene: Nismark reg in die kol

Dié boer se stokperdjie het in 'n kommersiële boerdery ontwikkel.

Geduld en huiswerk wat vooraf deeglik gedoen is, het dié boer se stokperdjie in 'n kommersiële boerdery laat ontwikkel.

Voordat mnr. Theuns Maritz met sy sampioenboerdery begin het, het hy 'n draai by die "grotes" in die sampioenbedryf gaan maak. Hy het hulle daarvan verwittig dat hy sampioene wou kweek en wou weet watter raad hulle vir hom het.

"Kweek iets wat ons nie kweek nie," was die antwoord.

Dít is waar die huiswerk begin het. Baie boeke, leeswerk en marknavorsing later het hy die gaping in die Suid-Afrikaanse mark vir gourmet-sampioene gevat en oestersampioene begin kweek.

Wat aanvanklik op klein skaal en hoofsaaklik vir tuisverbruik begin het, moes noodgedwonge uitbrei nadat hy 'n kontrak met 'n bekende winkelgroep gesluit het. Die belegging wat hy in sy sampioenboerdery gemaak het, is nou ná sowat 16 jaar meer as R2 miljoen werd.

Daar is weliswaar tye wat hom laat wonder oor dít waarin hy hom begewe het, sê Maritz. "Oestersampioene is nie om dowe neute berug as beginnersgeluk nie. Dié eksotiese sampioene is baie onvoorspelbaar wat groei en opbrengs betref. Hoewel die insetkoste nie so hoog is soos met die bekender knopiesampioene nie, is die risiko's heelwat hoër en die opbrengs op beleggings laer."

"Die beginnersgeluk hou gewoonlik nie langer as twee jaar nie." Maar hy het met die probeer-en-tref-metode deurgedruk om uiteindelik as een van die bitter min stabiele kwekers van eksotiese sampioene staande te bly met behulp van die kennis en ervaring wat hy oor die jare heen opgebou het.

Die bemarking en verspreiding moes hy in die begin self doen. Dit was egter 'n opdraande en tydrowende stryd wat dit moeilik gemaak het om terselfdertyd volle produksie te handhaaf. Die bemarking word nou deur 'n verspreidingsmaatskappy behartig.

Omdat oestersampioene veral vroeër in Suid-Afrika minder bekend was, het hy by tye wat daar nie 'n vraag na sy produk was nie, oorgeslaan na ander soorte wat bekender is en daarom aanvaarbaarder vir verbruikers was. Hy het later ook shiitaki-sampioene begin kweek en verskillende kleure oestersampioene begin verbou om die mark uit te brei.

Om die produksie ten volle te benut, het hy neweprodukte, soos atjar en blatjang, begin verwerk en sampioene in gedroogde en gemaalde (poeier-) vorm ook bemark, wat veral gewild is onder kampeerders en stappers.

Vroeër het hy ook self kulture in proefbuise van die buiteland af ingevoer en sampioenvlok ("spawn") in Petri-bakkies gekweek, maar hy kry dit nou van 'n Suid-Afrikaanse verskaffer.

Maritz gebruik koringstrooi as 'n groeimedium. Dit word met verskillende produkte, soos lusernmeel, gemeng om 'n gebalanseerde groeimedium te kry wat byvoorbeeld die regte hoeveelheid stikstof en die regte pH-balans sal hê.

Die groeimedium word met water benat en gestoom om dit te pasteuriseer voordat die vlok daarmee gemeng en dit in plastiekbuise gestop word. Die gestopte buise weeg sowat 40 kg elk.

Sampioenvlok word bygevoeg teen 4 % van die gewig van die groeimengsel en die totale oes wissel van 5 % tot 10 % van die gewig van die nat mengsel.

Die plastiekbuise word vir drie tot vier weke lank in 'n skuur gehou. Hier word die temperatuur, vog en lug gereguleer totdat die swam die groeimengsel deurgroei het en wit vertoon, waarna dit na tonnels verskuif word.

Produksie werk volgens siklusse waartydens 'n tonnel per week "beplant" word en beplanning word daarvolgens gedoen.

Sowat vier weke nadat die buise volgestop is, begin die sampioene speldekoppe maak en kan hulle dan binne 'n week gepluk word. Na gelang van die kettingwinkel se behoefte word die oestersampioene gepluk wanneer hulle 'n sekere grootte bereik het.

Nadat die eerste "breek" (oes) gepluk is, staak die plukkery vir 'n week sodat die groei kan hernu voordat die tweede "breek" gepluk word. Ná drie of vier "breke" word die groeimengsel uitgegooi omdat die lewering dan nie meer winsgewend is nie.

Die sampioene word dwarsdeur die jaar gepluk en lewer sowat 2 ton tot 3,5 ton per week.

Shiitaki is 'n ander soort sampioen waarvan die groeibehoeftes heelwat van dié van oestersampioene verskil. Dit kan dus nie in dieselfde tonnels gekweek word nie. Dié sampioene word elders ter wêreld dikwels vir medisinale doeleindes gekweek, hoewel Maritz dit slegs as gourmet-sampioene bemark.

Shiitaki is 'n baie stadiger groeier as oestersampioene en vorm eers ná ongeveer drie maande die eerste knoppies. Daarna duur dit twee weke voor dié sampioene begin dra en dit vir die eerste keer gepluk kan word.

Ná elke drag word die groeimengsel weer natgemaak. Shiitaki lewer 'n hele paar dragte.

Maritz sê omdat hy ingerig is om oester- en shiitaki-sampioene te verbou, eksperimenteer hy nou nie meer met ander soorte nie. Hy meen dit is nie wys om té veel verskillende kultivars te kweek nie omdat elke soort se behoeftes verskil en dit dan 'n duur storie word.

Die grootste probleem met sampioene is trichoderma (groenskimmel) en sampioenvlieë — daarom is voorsorgmaatreëls en higiëne noodsaaklik.

"Die vereistes van die kettingwinkel is baie streng en daar word gereeld inspeksie gedoen om seker te maak dit word nage-kom. Alle permanente werkers is opgelei."

Sampioenverbouing is redelik arbeidsintensief. Maritz het 15 vaste werkers in diens, terwyl daar vir sommige take ook van tydelike personeel gebruik gemaak word.

Hulp vir kleinboere

Die produksie van gourmet-sampioene is 'n baie klein deel van die sampioenbedryf in Suid-Afrika. Dié bedryf word nog oorheers deur die wit en bruin knopiesampioen, hoewel dié sampioene nie van soveel medisinale waarde is nie, sê dr. Adriaan Smit, programbestuurder van die Landbounavorsingsraad (LNR) se sampioen-navorsingsentrum op Stellenbosch.

Uit die eksotiese sampioengroep word veral oestersampioene deur enkele produsente gekweek, maar in dinamiese nuwe ontwikkelings word nou gekyk na die produksie van eksotiese en/of medisinale sampioene vir die ontwikkeling van kleinboere.

Navorsing oor 'n reeks spesialiteit-sampioene wat uit die buiteland ingevoer word, word by die sentrum gedoen.

Volgens Smit is daar sowat 300 soorte sampioene wat bekend is vir hul medisinale waarde. 'n Verdere 1 800 soorte met moontlike medisinale waarde is ook geïdentifiseer.

Hoewel verskeie lande in Suider-Afrika tradisioneel gebruik maak van medisinale sampioene vir die behandeling van 'n wye reeks ongesteldhede, is bitter min mediese navorsing oor inheemse sampioene tot dusver gedoen.

Prof. Albert Eicker, wat sampioenvlok van ingevoerde kultivars kweek en aan boere verskaf, meen die mark vir eksotiese sampioene is nog beperk in Suid-Afrika vanweë die relatiewe onbekendheid daarvan.

Oestersampioene behoort tot die genus Pleurotus, wat ook wild in Suid-Afrika aangetref word, hoewel dit nie baie volop is nie. Meer spesies van dié genus word verbou as van enige ander eetbare sampioengenus. Die kommersiële produksie van oestersampioene is goed gevestig in Europa, Japan, Taiwan en Thailand, terwyl die grootskaalse produksie daarvan ook nou in Engeland en Amerika aangepak word, sê hy.

Die oestersampioene word van 50 mm tot 150 mm groot, is skulp-, spatel- of tongvormig en kom in verskeie kleure voor.

Benewens smaaklikheid het oestersampioene ook heelwat voedingswaar-de, hoewel dit laag is in kilojoules. Dit bevat proteïene, koolhidrate en 'n wye verskeidenheid vitamiene, veral in die B-groep.

Die sampioene is ryk aan minerale, veral kalium, fosfor en yster. Dit is ook ryk aan vesel.

5 Maart 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.29
+0.2%
Rand - Euro
18.33
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,767.70
-1.7%
Silwer
22.21
-4.1%
Palladium
1,875.00
-1.3%
Platinum
999.42
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot