AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Sawitu neem geïntegreerde benadering tot bemagtiging

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die gebou by die LNR Nietvoorbij-kampus wat die nuwe tuise vir wynhandelsmerke in swart besit gaan wees. Foto: Verskaf
Die gebou by die LNR Nietvoorbij-kampus wat die nuwe tuise vir wynhandelsmerke in swart besit gaan wees. Foto: Verskaf
Die Suid-Afrikaanse wynbedryftransformasie-eenheid (Sawitu) sal ’n geïntegreerde benadering tot bemagtiging volg met sy nuwe handelsmerktuiste vir wynhandelsmerke in swart besit.

Die ontwikkeling van dié handelsmerktuiste, wat met die samewerking van die Landbounavorsingsraad en die Wes-Kaapse departement van landbou onderneem is, is onlangs aangekondig. Dit sal in die proelokaal-en-kelderkompleks by die Landbounavorsingsraad se Nietvoorbij-kampus in Stellenbosch gehuisves word.

Me. Wendy Petersen, bedryfsbestuurder by Sawitu, sê ’n geïntegreerde benadering pak die stadige pas van transformasie aan. “Die individuele handelsmerke sal nie alleenlik geriewe en besigheidsruimte deel nie, hulle sal ook bygestaan en gementor word deur ’n kundige voorsieningskettingbestuursmaatskappy wat ons aangestel het om die daaglikse bedryfsbestuur van die handelsmerktuiste en die roete-na-markstrategieplan te bestuur.”

Diensverskaffers in swart besit is vir hierdie projek verkry. “Ware transformasie gebeur wanneer ons BBSEB-voorkeurverkrygingsverskaffers in die wynwaardeketting insluit en verseker dat ekonomiese voordele verreikend is, en dat dit groei en volhoubaarheid skep.”

Een van dié diensverskaffers, Next Generation Beverages Group (NGBG), is ’n volkome swartbeheerde verspreidingsmaatskappy wat homself as diensverskaffer in die Suid-Afrikaanse wynbedryf geposisioneer het.

NGBG sal ’n viervlak-diens aan Sawitu lewer, wat die bestuur van die proelokaal en e-handelplatform, die voorsieningsketting en logistieke bestuur en die roete-na-markaanbod insluit. NGBG sal ook die kontraktuele ooreenkomste met wynhandelsmerke en ander bedryfsdiensverskaffers bestuur.

Mnr. Prem Naidu, besturende vennoot by NGBG, sê hulle is baie trots en opgewonde om gekies te word as vennote in hierdie baanbrekersinisiatief.

’n Nuwe e-handelplatform, wat B2B- (besigheid na besigheid) en B2C- (besigheid na verbruiker) verkope vanaf die perseel bewerkstellig, is ontwikkel deur Winecolumn.co.za, ’n e-handelspesialis in die wynbedryf. Die ontwikkeling van die e-handelplatform is gefinansier deur die Wes-Kaapse departement van landbou.

“Ek is baie opgewonde oor die ontwikkeling,” sê dr. Mogale Sebopetsa, die Wes-Kaapse hoof van landbou. “Dit is ’n ope geheim dat die Suid-Afrikaanse wynbedryf baie strategies vir die ekonomie is en dat die e-handelsinisiatief nie net verbruikersbewustheid oor die handelsmerke in swart besit sal verdiep nie, maar hulle ook sal toelaat om hul uitstekende produkte met behulp van hierdie platform te verkoop.

“Dit is noodsaaklik vir ons ekonomiese herstel en die volhoubaarheid van hierdie klein, medium- en mikro-onderneming sal hul voortgesette deelname aan die waardeketting versterk – en sodoende bydra tot ekonomiese groei.”

Die naam van die handelsmerktuiste en die deelnemende handelsmerke sal met die amptelike bekendstelling van die handelsmerktuiste in Oktober aangekondig word. “Ons vier ons Suid-Afrikaanse erfenis, toerismemaand en die 50ste herdenking van die Stellenbosch-wynroete in September. Dit sal net reg wees om hierdie vieringe te volg met ’n nuwe begin vir ons wynhandelsmerke,” sê Petersen.

Besoek www.witu.co.za vir nog inligting oor Sawitu.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot