Hy span tegnologie in om sy aandeel in die makadamiawaardeketting te vergroot, en boonop wink ’n uitvoerkans na die Midde-Ooste.
Hy is die vierde Org Lindeque in sy familie wat boer, maar tyd vir sentimenteel wees, is daar nie. Toe sy pa die saaiplaas in die distrik Ventersburg, Vrystaat, verkoop, het Lindeque dit eenvoudig as die einde van ’n era van akkerbou vir die Lindeques aanvaar en hom in 2005 by ’n vrugteboerdery in die Laeveld van Mpumalanga aangesluit.
“Toe ek vir die onderhoud gaan, het hulle my gevra of ek iets van boomgewasse weet. Ek dink die feit dat ek gesê het ek weet niks, het in my guns getel. Die Du Plessis’s van Maleta Farming wou iemand hê wat hulle kon oplei.