
Die beste van die beste Suid-Afrikaanse wyne is tydens die 15de Michelangelo CCL Label International Wine Awards (MIWA) op Somerset-Wes vereer.
’n Rekordgetal van 1 385 wyne van 226 produsente het dié jaar meegeding om die gesogte Grand D’Or-medaljes en verskeie trofeë wat tydens die geleentheid aan die topwyne gegaan het.
Die gewildheid van Suid-Afrikaanse rooiwyn het geblyk uit die feit dat die kategorie vir Shiraz alleen 169 inskrywings gelok het. Volgens die beoordelaars het veral die 2009-oesjaar gespog met goed-geïntegreerde wyne met uitstekende druifsoort-karakter. Die 2007-wyne het weer goeie gehalte, vrug en balans gehad.
Cabernet Sauvignon het 143 inskrywings gelok terwyl rooi versnitte met 116 inskrywings die derde gewildste klas was. Die volkseie Pinotage het met 100 inskrywings gespog.
Onder die witwyne het Sauvignon die meeste inskrywings gehad, met ’n rekordgetal van 169. Chardonnay het gevolg met 97 en Chenin Blanc met 65.
Die Sauvignon Blanc-klas het heelwat sukses behaal met vyf dubbelgoue medaljes, 22 goud en 33 silwer.
Die beoordelaars het vergeleke met die Sauvignons van Nieu-Seeland gesê dat die wyne wat vanjaar geproe is minder uitgesproke is as dié van Nieu-Seeland, maar meer natuurlik is.
Vanweë die hoeveelheid goeie internasionale inskrywings is daar besluit om vanjaar ook ’n trofee aan die beste internasionale wyn toe te ken.
“Suid-Afrikaanse wynliefhebbers beperk lankal nie meer hul aankope tot plaaslike wyn nie. Ál meer invoerders van buitelandse wyn bied deesdae hierdie produkte aan die plaaslike mark,” sê Lorraine Immelman, direkteur van Michelangelo, in ’n verklaring.
Die volgende wyne het Grand D’Or-medaljes ontvang:
Alluvia Specialist Winery - Sandie Straw Wine 2010
Altydgedacht Estate - Altydgedacht Sauvignon Blanc 2011
Alvi’s Drift Private Cellar - Alvi’s Drift Muscat de Frontignan 2007
Alvi’s Drift Private Cellar - Alvi’s Drift Muscat de Frontignan 2010
Claime D’Or Wines - Claime D’Or Sauvignon Blanc 2010
De Krans - De Krans Cape Tawny Port N/V
Die Bergkelder - Fleur du Cap Noble Late Harvest 2010
Diemersdal Estate Pinotage Reserve 2010
Flagstone Wines - Flagstone Writer’s Block Pinotage 2009
Grande Provence - The Grande Provence 2006
Journey’s End - Journey’s End Destination Chardonnay 2010
Journey’s End - Journey’s End Chardonnay 2010
Kleine Zalze - Vineyards Selection Chardonnay 2010
KWV - KWV Likeurwyn 1937
Laibach Vineyards - Laibach Woolworths Merlot 2010
Lomond Estate - Lomond Sugarbush Sauvignon Blanc 2007
Longridge Wines - Longridge Chenin Blanc 2010
Mooiplaas Estate - Hou moed Chenin Blanc 2009
Muratie Wine Estate - Cape Vintage Port 2008
Nederburg Wines - Nederburg Private Bin D252 Sauvignon Blanc/Sémillon 2010
Nederburg Wines - Nederburg Private Bin Eminence 2009
Nederburg Wines - Nederburg Winemaster’s Reserve Noble Late Harvest 2010
Nuy Winery - Nuy White Muscadel 2005
Rijk’s Private Cellar - Rijk’s Reserve Pinotage 2007
Rijk’s Private Cellar - Rijk’s Pinotage 2007
Saronsberg Cellar - DH Chenin Blanc 2009
Spier - Woolworths Classic Chenin Blanc 2010
Spier - Woolworths True to Terroir Lonely Blue Gum Sauvignon Blanc 2011
Springfontein Wine Estate - Springfontein Terroir Selection Sauvignon Blanc 2010
Stellenzicht - Stellenzicht Syrah 2004
Tokara Wines - Tokara Zondernaam Chardonnay 2010
Wedderwill Wine Estate - Wedderwill Shiraz 2005
Wildekrans Wine Estate - Pinotage Osiris Barrel Selection 2009
Windmeul Kelder - Windmeul Cape Blend 2009
Twaalf trofeë is ook toegeken. Die trofeewenners is:
Die CCL Label Grand Prix Trofee: Journey’s End Chardonnay 2010. Hierdie trofee word toegeken aan die wyn met die hoogstepuntetelling in die kompetisie.
Die Grotto 2010 Trofee vir die Top-produsent: Journey’s End
Die RX South Africa die Trofee vir Innoverendste Wyn op Skou:
Blaauwklippen Before & After. Hierdie is die derde maal dat Blaauwklippen die trofee ontvang.
Die Organiese Trofee: Laibach Woolworths Merlot 2010
Good Taste Garagiste-trofee: Dispore Kamma Syrah 2008
Die Sue van Wyk Pinotage-trofee: Diemersdal Pinotage Reserve 2010
Tonelería Magrenan Brandewyn-trofee: Van Ryn's 20 Year Collector’s Reserve
Golden Oldie-trofee: Rietvallei Muscadel 1980
Dessert Wine-trofee: KWV Likeurwyn 1937
Beste Internasionale Inskrywing 2011 – Viña Concha y Toro SA Marques de Casa Concha Merlot 2009.
Best Fairtrade Rooiwyntrofee 2011 – Stellenrust Timeless Red Blend 2008
Beste Fairtrade Witwyntrofee 2011 – Bosman Family Vineyards Sur Lie Chenin Blanc 2011.
13 September 2011