AFGRI
BEAN
01 Des
-
9350,4
96,40
CORN
01 Des
-
4553
45,00
SOYA
01 Des
-
10435
134,00
SUNS
01 Des
-
11000,2
-93,80
WEAT
01 Des
-
6875
90,00
WMAZ
01 Des
-
5133
2,00
YMAZ
01 Des
-
4971
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Sitrus floreer met kombinasie-bemesting

'n Kombinasie van organiese en chemiese bemesting by sitrus kan die bome se wortelstelsels stimuleer om voedingstowwe meer doeltreffend op te neem.

Deur 'n kombinasie van organiese en chemiese bemesting by sitrus te gebruik, kan die bome se wortelstelsels gestimuleer word om voedingstowwe meer doeltreffend op te neem.

Verkeerde bemesting kan met die verloop van tyd maklik 'n wanbalans in 'n sitrusboord veroorsaak. Dit kan tot tekorte in die bome se voedingstatus lei. Ontledings het al getoon dat voedingstowwe wat wel in die grond teenwoordig is, nie in die blare voorkom nie. Dit dui daarop dat die plant-grond-voedingstelsel nie in balans is nie. Voedingstowwe word dikwels bloot nie behoorlik opgeneem nie.

Mnr. Charus du Plessis van die landboumaatskappy Ocean Agri Science op Wellington sê in die 1920's is die meeste gewasse grootliks organies bemes. Namate chemiese bemesting ontwikkel is, is ál verder wegbeweeg van organiese of natuurlike bemestingspraktyke. In 'n stadium is byna net chemiese bemesting in die landbou gebruik.

Die laaste paar jaar was daar egter 'n grootskaalse terugkeer na organiese bemesting. Vandag word heelwat boorde en wingerde heeltemal organies gevestig.

Nou is gevind dat 'n kombinasie van organiese en chemiese bemesting meer voordele vir plante inhou as wanneer een van die twee soorte bemesting op sy eie gebruik word. By sitrus, wat 'n sensitiewe wortelstelsel het, is goeie resultate hiermee behaal. Die voedingsomgewing van die wortels word sodanig gestimuleer dat voedingstowwe vinniger opgeneem word.

In die omgewing van Buffeljagsrivier, naby Swellendam, is die eerste sitrus sowat 15 jaar gelede gevestig. Vandag is daar sowat 400 hektaar onder sitrus. Deur die jare is gevind dat die bome se produksie gemiddeld tot ondergemiddeld was, ten spyte van intensiewe chemiese bemestingsprogramme. Tekorte aan verskeie elemente het in die sand- sowel as kleigronde van die omgewing ontstaan, ondanks bestaande bemestingsprogramme.

'n Behoefte het ontstaan aan iets wat die bome se prestasie kon verbeter. Hoër produksie en beter gehalte was noodsaaklik. Dit was duidelik dat meer intensiewe chemiese bemestingsprogramme nie die gewenste resultate lewer nie. Weens die klei is die bome se wortels oor die algemeen redelik vlak en dus sensitief vir oorbemesting. Dit is 'n gevaar wat altyd by sitrus bestaan. 'n Boer dink hy gee genoeg voeding, maar die swak opname daarvan ry dit in die wiele. Gevolglik ontstaan 'n wanbalans in die voedingstowwe in die grond, verduidelik Du Plessis.

Die afgelope drie jaar is heelwat grond- en blaarmonsters van sitrus ontleed. Dit het getoon dat talle van die belangrike voedingstowwe wel in die grond voorkom. Min of niks daarvan kon egter in die blare opgespoor word nie, wat 'n aanduiding is dat dit nie deur die wortelstelsel van die boom opgeneem word nie.

Veral kalsiumtekorte het na vore gekom. Dit was hoofsaaklik weens verkeerde bemesting wat met die verloop van tyd wanbalanse en voedingstekorte geskep het. Boere het te veel klem op sekere elemente gelê, met die gevolg dat die stelsel se balans versteur is. Die bespuiting van spoorelemente op blare het daarom nie die gewenste uitwerking gehad nie.

Daar is besluit om weg te beweeg van uitsluitlik chemiese bemesting, maar ook nie heeltemal oor te gaan na organiese bemesting nie. Dit het daartoe gelei dat van die sitrusboere 'n nuwe half-organiese produk, bekend as Bionamix Terramax, ingespan het. Dit is 'n chemies verrykte misstof met hoendermis as basis.

Dit is aanvanklik in van die blokke met die laagste produksie gebruik. 'n Verbetering in die voorkoms van die blare, asook in produksie, het byna dadelik voorgekom. In sommige gevalle het boorde in die gebied se produksie ná 'n jaar of twee selfs verdubbel.

Du Plessis sê die produk bevat stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K), asook kalsium, magnesium, swael en spoorelemente. Die bemestingsbenadering is op die hele grond- en plantstelsel gerig. Die hoofdoel daarvan is om lewe terug te bring na dooie grond.

Volgens dié metode word 'n mikrobe-vriendelike grondomgewing geskep waarin die mikrobes en die plante in harmonie kan bestaan. Hy sê dit is tans die enigste verrykte en verpilde produk in die land wat organiese en chemiese bemesting kombineer. Dit is boonop heeltemal versoenbaar met 'n boer se bestaande bemestingsprogram.

Du Plessis sê die belangrikste ding wat uit die gebruik van die produk geleer is, is dat 'n kombinasie van organiese en chemiese bemesting duidelik doeltreffender is as wanneer een van die twee tipes bemesting alleen gebruik word. Dié nuwe benadering is ook al deur mnr. Harry Zimmer, die bekende Amerikaanse bemestingkundige wat Suid-Afrika reeds verskeie besoek het, geopper.

'n Nadeel van die uitsluitlike gebruik van organiese bemesting is dat dit 'n onbuigsame NPK-verhouding het. Dit maak dit moeilik om in verskillende grond- en plantstelsels optimaal te bemes. As 'n mens byvoorbeeld net vir stikstoftekorte bemes, kan te veel fosfaat en/of kalium in die grond opbou.

Op grond van die welslae wat in die eerste blokke sitrus behaal is, is die program na die meeste sitrusboorde in die gebied uitgebrei. Dié resultate was ewe goed.

Wat moet gedoen word om sulke goeie verbeterings in produksie te bewerkstellig? Volgens Du Plessis is dit noodsaaklik om grond- én blaarontledings te laat doen.

Vir die eerste twee jaar moet 'n boer jaarliks grondontledings laat doen. Namate die bome se prestasie verbeter, hoef hy dit net sowat elke drie jaar te laat doen. Wanbalanse in die grond kom in die boonste 200 mm voor en jy moet grondmonsters tot op daardie diepte neem. Jy moet grondontledings altyd in dieselfde rye doen en monsters in elke tiende ry neem. Die grond word dan saamgegooi in een groot monster om 'n geheelbeeld van die blok se tekorte te kry.

Waar daar groot verskille binne 'n blok voorkom, kan die blok in kleiner dele opgedeel word en elke deel se monster afsonderlik ontleed word.

Blaarontledings is nodig om behoorlik te kan bepaal wat binne die boom aangaan. 'n Boer hoef dit nie noodwendig op dieselfde tyd as die grondmonsters te neem nie. Dit word gewoonlik in Maart gedoen, maar hy kan dit vroeër en meer dikwels doen waar daar ernstige probleme is. As sulke ontledings binne die seisoen gedoen word en op tekorte dui, kan vinnige bemestingaanpassings nog in dieselfde seisoen gemaak word.

Die gegewens wat uit die grond- en blaarmonsters na vore kom, word geëvalueer om die probleme te identifiseer. Hiervolgens word die volgende jaar se bemestingsprogram bepaal.

Die half-organiese produk bestaan uit korrels wat met die hand of met 'n masjien uitgestrooi word. Die formulasie en hoeveelheid wat per blok of blokgedeelte nodig is, word bepaal op grond van die inligting wat deur die grond- en blaarontledings verkry is. Daar is gevind dat 500 kg tot 1 200 kg per hektaar gewoonlik probleme by sitrus finaal oplos, sê Du Plessis. Dit word gewoonlik vier of vyf keer per jaar toegedien.

14 Januarie 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.66
-2.6%
Rand - Pond
21.67
-4.3%
Rand - Euro
18.55
-3.5%
Rand - Aus dollar
12.02
-2.8%
Rand - Jen
0.13
-4.0%
Goud
1,796.35
+1.6%
Silwer
22.40
+0.9%
Palladium
1,886.00
-0.1%
Platinum
1,044.50
+0.7%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,868
+0.4%
Alle aandele
75,020
+0.3%
Hulpbronne 10
75,989
+3.5%
Industriële 25
92,168
+1.9%
Finansiële 15
15,274
-6.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
JMJenny
Ek is n diereliefhebber. Baie uitgaande en ook baie gemaklik. Ontsettend positief. Iemand met n negatiewe houding moet my asb nie nader nie. Ontsettend lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot