AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sitrus-'rillermark' nou goudmyn

Sitrus se eertydse "rillermark" het nou in 'n goudmyn verander.

Die Wes-Kaapse sitrusbedryf het groot verliese gely toe hy sewe jaar gelede sy eerste onsekere treë in die gesofistikeerde Amerikaanse mark gegee het. Dié eertydse "rillermark" het egter nou in 'n goudmyn verander.

Sekere ekonomiese werklikhede bestaan in die sitrusbedryf waaraan boere niks kan doen nie. Dit is faktore soos klimaat, die wissel- en rentekoers, inflasie, die mededinging van ander vrugsoorte asook die mededinging van sitrusvrugte uit ander wêrelddele, soos Chili, Australië en Amerika.

Maar daar is egter ander ekonomiese werklikhede waaraan boere wel iets kan doen om meer geld in hul sak te laat beland, en dit is om onderlinge mededinging tussen plaaslike boere op die markte uit te skakel en om 'n gefragmenteerde aanbod van vrugte te vervang met 'n gekonsolideerde vraag.

En dit is presies hiermee wat die bedryf nou uitsonderlike sukses behaal, soveel so dat ander bedrywe by hulle kers opsteek, sê mnr. Piet Smit van Citrusdal, hoof uitvoerende beampte van die Wes-Kaapse Sitrusprodusente-forum en bemarkingsdirekteur van Cedarpack op Citrusdal.

Smit sê dit is eenvoudig: Daar is net een van twee dinge wat 'n produsent kan doen om 'n beter prys te kry en dit is om sy koste te verminder of om 'n beter prys vir sy produk op die mark te kry.

Die sitrusbedryf was voorheen - soos feitlik alle bedrywe - in 'n hoogs gereguleerde omgewing. Ná deregulering in die 1990's was daar 'n tyd lank as ' ware chaos. Die bedryf en veral produsente was heeltemal uit hul diepte.

Heelparty goeie dinge is destyds saam met deregulasie daarmee heen. Produsente moes skielik amper oornag ook bemarkers word en baie van die sogenaamde bemarkers wat op die toneel verskyn het, het nie die markte geken nie. Dit het 'n tyd geduur om goeie en betroubare uitvoerders en bemarkers te identifiseer.

In 1999 het die Wes-Kaapse sitrusbedryf die eerste keer toegang tot die reuse Amerikaanse mark gekry. Die Australiërs was toe al sowat sewe jaar lank daar ingeburger. Die toegang wat Wes-Kaapse boere gekry het, was goeie nuus, maar in die eerste drie jaar het hulle net finansiële verliese op die Amerikaanse markte gely.

Smit sê die boodskap was hard en duidelik: 'n Heeltemal ander sakemodel sal gevolg moet word. Vrugte kan nie bloot gepak en na die Amerikaanse mark gestuur word nie. Dit is nodig dat die hele poging baie gespesialiseerd en gekoördineerd bestuur word, anders gaan die verliese net groter word.

Daar is besef dat die beste pryse op die Amerikaanse mark behaal sou word as die uitvoer só bestuur word dat die aanbod gelyk bly aan die vraag. Verder moes 'n konstante lewering van gehaltesitrus gehandhaaf word, met die klem op konstante en betroubare lewering.

Dan moes fyn gelet word op kostebesparende maatreëls in die waardeketting, waaronder skeepsvervoer en verkoeling op die vaart. As groepe boere hul produkte saam stuur, kon daardie koste verminder word.

Smit sê die gedagte was dus nie om van "rigting te verander" nie, maar om eerder "saam te ry" wat die benadering en doelstellings tot die Amerikaanse mark betref.

Boere, waaronder hyself, het Amerika besoek en eerstehands gaan kyk hoe die Amerikaanse mark werk en wat die verbruiker wil hê. By hul terugkeer is 'n gesamentlike bemarkings- en bestuursplan opgestel om die feitesending se aanbevelings toe te pas.

Daar is besluit om meer markgedrewe te raak deur uitvoervolumes noukeurig te bestuur, dit weekliks te koördineer, te sorg dat net die beste vrugte na Amerika gaan en om die verskeping te koördineer. Daarvoor is 'n spesiale verskepingsplan opgestel wat inpas by die totale bemarkingsplan. Voorts is die mededinging in die aanbod van 42 invoerders tot sewe verminder. Ondoeltreffende invoerders, wat na die mening van die bedryf nie waarde toegevoeg het nie, is uitgelaat deurdat sekere kriteria gebruik is waaraan hul moes voldoen.

Om dit alles te kon doen, het 'n diepte-ondersoek en goeie kennis van die Amerikaanse mark geverg, sê Smit.

Almal het besef dat as niks aan die situasie gedoen word nie, die swak verkope op die Amerikaanse mark sou voortduur met groot verliese. Só, deur hul planne uit te voer, kon iets van 'n "verlore" mark dalk gered word.

Nuwe ekonomiese werklikhede beteken nie dat meer altyd beter is nie, sê hy. Deur minder sitrus doeltreffender te produseer, kan in baie gevalle meer geld in die boer se sak beteken. Die gedagte was om 'n produk van 'n hoë gehalte en waarde na Amerika te stuur, want die bedryf wou nie net meer bloot gewone kommoditeitsake daar met hul produkte doen nie.

Hoe werk die sitrusbestuursplan?

Smit sê die Amerikaanse mark vra elke week 'n sekere volume en grootte van sekere kultivars. Die invoerders dui weekliks aan watter vrugte en hoeveel daarvan hulle nodig het. Dit word aan die boere deurgegee en die bedryf kry skattings van hoeveel die produsente kan verpak. Die syfers word bymekaar gebring en daarvolgens kry die boere 'n pro-rata-toekenning van hoeveel vrugte van watter kultivar hy moet lewer. Dit is 'n deursigtige proses vir alle deelnemers en daar is ook ruimte vir appèl as almal nie tevrede is nie

Die hoeveelheid sitrus wat weekliks vir Amerika gepak word, word plaaslik deur die Amerikaanse departement van landbou geïnspekteer en goedgekeur voordat dit 24 dae lank teen -0,5 °C gesteriliseer word. Dan word dit na Amerika verskeep.

Om seker te maak dat alles in Amerika glad verloop, plaas die bedryf 'n produsent op 'n rotasiegrondslag in hul kantoor in Philadelphia wat die aflaaiproses en gehalte monitor, asook die tempo waarteen die produkte verkoop.

Al dié inligting word in die bedryf se kantoor op Citrusdal geëvalueer - hoeveel sitrus is verpak en gestuur, hoeveel sitrus en wat is die toestand daarvan, het daar aangekom, hoeveel sitrus is daardie week in Amerika verkoop en hoeveel in totaal is nie verkoop nie en is steeds in voorraad.

Die boere vergader weekliks om dié inligting te bespreek en daarvolgens aanpassings aan die bemarkingsplan en -tempo te maak as dit nodig is.

Alle betrokkenes in die bedryf maak deel van die sakeplan uit, sê Smit. Boorde word bestuur volgens GAP-bepalings en die plaaslike Departement van Landbou, Citrus Research International en die Sitruskwekersvereniging hou 'n oog daaroor. 'n Enkele gehaltestelsel vir uitvoer, dié van die PPECB, word streng nagevolg.

Die hoeveelheid Nawels wat sedert 2003 na Amerika gestuur en daar verkoop is, het gestyg van 1,1 miljoen kartonhouers in 2003, 1,2 miljoen houers in 2004, 1,4 miljoen houers in 2005 en tot 1,7 miljoen kartonhouers in 2006. En dat die stelsel werk, is duidelik uit 'n stygende inkomste vir sitrusboere: In 2000 en 2001 is $5,5/houer ontvang, in 2002 $8, in 2003 $10, in 2004 $10,50, in 2005 $12 en verlede jaar $13,50.

Hy sê drie jaar gelede is 'n bietjie teenspoed egter op die lyf geloop deurdat 'n klagte teen die Wes-Kaapse Sitrusforum by die Mededingingskommissie gelê is. 'n Ondersoek is gedoen en die forum het 'n onderhandelde skikking met die kommissie bereik. Die forum het aansoek gedoen om vrywaring van sekere bepalings van die mededingingswet en 'n grasietydperk van vyf jaar is verleen om sekere sake in Suid-Afrika in orde te kry.

Dit het produsente laat besef dat hulle nie op 'n vrywillige grondslag sou kon voortgaan nie omdat die plaaslike asook Amerikaanse mededingingswette dit vereis dat die proses meer gestruktureerd moet wees. Vir dié doel beoog hulle om 'n Artikel 21-maatskappy te stig, want hulle kan nie bekostig dat die Amerikaanse mark vir die sitrusbedryf verlore gaan nie, sê Smit.

SA vername rolspeler

Suid-Afrika is op tien na die grootste sitrusproduserende land ter wêreld. Hoewel die land die naasgrootste uitvoerder van dié vrugsoort ter wêreld is, is hy die grootste uitvoerder in die Suidelike Halfrond.

Die Republiek voer jaarliks sowat 1,1 miljoen ton - oftewel sowat 75 miljoen kartonhouers - sitrus uit. Altesame 52 % van alle sitrusuitvoer uit die Suidelike Halfrond kom van Suid-Afrika af.

Brasilië is die grootste sitrusproduserende land in die Suidelike Halfrond, maar hy voer net sowat 3 % van sy produksie uit teenoor die sowat 70 % van die plaaslike produksie wat uitgevoer word.

Dit is dus duidelik dat die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf uitvoergedrewe is. Die markte waarheen die sitrus gaan, is benewens die tradisionele markte in Europa en Brittanje, ook in lande in die Midde- en Verre-Ooste asook Rusland.

Landbouweekblad, 19 Januarie 2006.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.05
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.82
+0.2%
Silwer
22.19
-0.3%
Palladium
1,856.14
-1.1%
Platinum
991.00
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot