AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Sitrus-uitvoer blom

Sitrus SA voer die groeiende produksie winsgewend uit.

Dit verg fyn voetwerk en deeglike koördinering om meer as 40 % meer sitrus suksesvol na die buitelandse markte te verskeep sonder om die prysstruktuur te laat wankel.

Ná die bemarkingswanorde in die seisoen 2000 het Sitrus SA (SSA) dit nou reggekry om organisasies en tegnieke in werking te stel in sy poging om die groeiende produksie winsgewend uit te voer.

Mnr. Edward Vorster, voorsitter van SSA, sê almal in die sitrusbedryf onthou nog die seisoen 2000 toe ongekoördineerde uitvoer meegebring het dat talle boere moes inbetaal op hul uitvoertransaksies. Dié situasie het gelei tot die totstandkoming van SSA, met die uitsluitlike doel om markinligting in te samel en die uitvoer te koördineer deur die regte besluite betyds te neem.

Die 51 miljoen kartonne (15 kilogram elk) wat in 2001 uitgevoer is, het toegeneem tot 70 miljoen kartonne wat in 2003 na buitelandse bestemmings verskeep is.

"Niemand het ooit gedink ons sal 70 miljoen kartonne sonder haakplekke kan uitvoer nie. Hierdie volume is verlede jaar uitgevoer sonder enige opeenhoping of wanordelike toestand in enige van die markte. Hierdie welslae is suiwer te danke aan die koördinering van die aanbod deur onder meer die vorming van verskepingsgroepe, waar die bote na 'n spesifieke mark byvoorbeeld net op sekere dae vertrek om opeenhopings in die mark uit te skakel."

Verder is die gehalte, grade en verpakkings gekoördineer en is die mark volgens bepaalde behoeftes voorsien. "Die Sitrusbemarkingsforum is 'n suksesverhaal soos min," sê Vorster.

Die seisoen 2003 is gekenmerk deur taamlik droë toestande in die meeste van die verbouingsgebiede en dit het gelei tot besonder goeie vrugte. Gevolglik het produsente goeie pryse verdien in pond, dollar, euro en jen. Ongelukkig het die inkomste gely onder die sterk rand.

SSA is 'n vrywillige organisasie en word gefinansier deur vrywillige heffings. Ongelukkig is daar steeds boere wat nie bydra nie, maar tóg deel in die generiese voordele wat die organisasie bied.

Vorster sê die nuwe seisoen bied talle nuwe uitdagings, soos die wisselkoers, die lang kosteketting, die voortdurende droogte en logistieke haakplekke, wat uitgestryk moet word.

Boere kan nie veel doen aan 'n ongunstige wisselkoers nie, maar 'n swak wisselkoers sal beslis hanteerbaarder wees as produksiekoste verlaag kan word.

"Produksiekoste, hetsy trekkers, buitebande, verpakkingsmateriaal, brandstof, besproeiingspype of landbouchemikalieë, het nie in dieselfde mate gedaal as wat die wisselkoers verander het nie. Die koste van landbouchemikalieë het wel effens gedaal, maar nie soos dit moes nie. Die Regering slaag daarin om die publiek onder die waan te bring dat die lae inflasiekoers ook meebring dat die boere teen laer koste produseer."

Die voortslepende droogte, veral in die noordelike gebiede, is nog 'n werklikheid waaraan boere self nie veel kan doen nie. In die algemeen is die vlakke van besproeiingsdamme laag vir hierdie tyd van die jaar en boere is bekommerd oor die voortgesette beskikbaarheid van besproeiingswater. Die droë toestande lei gewoonlik tot kleiner vrugte en uitstekende interne gehalte, maar volgens skatting sal die totale oes vanjaar kleiner as die 70 miljoen kartonne van die vorige seisoen wees.

Die vervoer van sitrus na die uitvoerhawens is een van die logistieke probleme waarmee produsente jaarliks te kampe het. Hulle kan nie altyd op die spoorweë staatmaak nie en vervoerkoste per pad is duur. Die produksieverhoging van 40 % plaas verdere druk op die bestaande infrastruktuur. Die bedryf is egter besig om 'n groot koördineringsproses te bewerkstellig wat alle aspekte, vanaf die laai by die pakhuise tot die aflaai by die hawens, insluit.

Verlede jaar was daar groot opeenhopings by die verkoelingsgeriewe in Durban se hawe. Daar is genoeg plek, maar dit lyk asof die koördinering te kort skiet. Daar word nie genoeg uit die koelpakhuise op bote gelaai om plek te maak vir die hoeveelhede wat daar afgelewer word nie. Wat onder meer gebeur, is dat vragte weens 'n gebrek aan koördinering soms van drie dae tot so lank as 'n week staan voordat dit afgelaai word.

Maputo se hawe sal, veral vir die noordelike boere, 'n goedkoper alternatief bied, maar van die ooreenkoms tussen die regerings van Suid-Afrika en Mosambiek het nog niks gekom nie. Die afgelope jaar was daar slegs een lokomotief beskikbaar vir die trajek tussen Komatipoort en Maputo. Dit was heeltemal te min en die vrag het tot 10 dae op die spoor gestaan — met gepaardgaande gehalteprobleme.

Almal in die sitrusbedryf, soos die boere, agente en diensteverskaffers, neem deel aan die Sitrusbemarkingsforum. Dit is 'n vrywillige organisasie wat elke drie weke vergader, met bemarkingkoördinering as hoofdoelwit. Vanjaar sal die forum heelwat aandag bestee aan die logistieke aspekte om die sitrus van die pakhuis op die boot te kry. "As ons dít alles kan regkry, sal ons hierdie jaar weer 70 miljoen kartonne sonder probleme kan uitvoer," sê Vorster.

2 April 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.10
+0.4%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.16
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek
Baie liefde .omgee. eerlikheid en hou van die bos .braai .kuier om n vuur en hou van aĺl black rugby
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot