AFGRI
BEAN
07 Des
-
9386
36,00
CORN
07 Des
-
4398
-51,00
SOYA
07 Des
-
9034
-10,00
SUNS
07 Des
-
10415
-85,00
WEAT
07 Des
-
6657
3,00
WMAZ
07 Des
-
4820,2
-29,80
YMAZ
07 Des
-
4750
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sitrus-uitvoer loop klopdisselboom

Suid-Afrika se sitrusvrugte is vanjaar buitengewoon goed en die bedryf se gekoördineerde uitvoerpoging verseker gebalanseerde bemarking en goeie pryse. Ongelukkig boelie die wisselkoers boere se inkomste.

Die huidige sitrusseisoen word gekenmerk deur vrugte met uitsonderlik goeie interne gehalte. Dit is hoofsaaklik danksy die droë en warm weer die afgelope groeiseisoen in die meeste produksiegebiede.

Mnr. Edward Vorster, voorsitter van Sitrus Suid-Afrika (SSA), sê die aanvanklike verwagting dat hierdie seisoen se vrugte effens kleiner sou wees as gevolg van die klimaatstoestande het wel werklikheid geword. Aan die ander kant is die buitengewone gehalte van die huidige oes lanklaas gesien.

In die Oos-Kaap het reën die pluk van nawels in die wiele gery. Gevolglik het gehalteprobleme, soos kraakskil, voorgekom. Dit het die verwagte naweloes 'n bietjie kleiner gemaak.

Vanjaar se pomelo's is uitstekend en omtrent dieselfde volume as verlede jaar is uitgevoer. Die bemarking van pomelo's in Europa en Japan het goed verloop.

Heelwat meer pomelo's word vanjaar na Japan uitgevoer. Vrywillig gekoördineerde bemarking deur bykans alle pomeloprodusente het hier 'n groei van bykans 60 % oor die afgelope drie jaar bewerkstellig.

Dit is 'n goeie voorbeeld van hoe Sitrus Suid-Afrika in sy doel slaag, naamlik om meer sitrusvrugte in meer lande teen hoër pryse te verkoop. In Japan, byvoorbeeld, word die verlangde volume, gehalte, grade en groottes gelewer wanneer en waar dit in aanvraag is. Daarom word vanjaar redelik goeie pryse, selfs 'n raps beter as dié van verlede seisoen, in Japan verdien.

Dit het ook goed gegaan met die bemarking van pomelo's in Europa omdat Florida en die Karibiese Eilande hulle vroeër aan dié markte onttrek het weens onder meer stormskade aan die oes. Dit het 'n geleentheid vir Suid-Afrikaanse sitrus geskep en beter pryse as verlede seisoen is in euro en pond verdien. Die wisselkoers verwater ongelukkig hierdie voordeel.

Tot dusver het boere wat sagte sitrus uitvoer, ook 'n goeie seisoen beleef omdat die bemarking daarvan nóg meer gekoördineer word.

SSA moedig belangegroepe aan om onder die vleuels van dié organisasie selfstandig op te tree. SSA se alliansie met Amerika is 'n uitstekende voorbeeld van wat gedoen kan word om die bemarking van nawels en sagte sitrus te koördineer - met uitstekende resultate vir die produsente.

Maar die groot uitdaging is die bemarking van Valencia's, sê mnr. Vorster. Die volumes lyk dieselfde - selfs ietwat meer - as dié van verlede jaar en uitstekende gehalte kenmerk vanjaar se oes. Die bedryf sal nou moet waak teen oorvoorsiening van die markte, veral van kleiner en graad 2-vrugte.

As die bedryf hierin kan slaag, behoort boere billike pryse te kry. Die prys van Valencias in euro is dieselfde, en selfs effens hoër, as dié van verlede seisoen. Die wisselkoers veroorsaak egter dat die plaasprys heelwat laer is.

Mnr. Vorster sê ná deregulering het die fragmentering van die bedryf sy hoogtepunt in 2000 bereik. Met die daarstelling van SSA met sy bemarkingskoördineringsopdrag is boere oortuig om minder agente te gebruik - wat dit makliker maak om volumes te koördineer. 'n Voorbeeld is dat die uitvoer na Japan tans só gekoördineer word dat 'n skip met Suid-Afrikaanse sitrusvrugte aan boord elke vier en 'n halwe dag in dié land vasmeer. Dit skep 'n reëlmatige aanbod en beperk pryspieke. "Ons slaag daarin om die Japanse mark presies te gee wat en wanneer hy dit wil hê sonder om die mark te oorvoorsien. Ons kry dit ook reg om ons markaandeel te laat groei."

SSA verteenwoordig meer as 85 % van die volume en sy bemarkingskoördineringsproses verloop goed. Die sitrusbemarkingsforum, bestaande uit boere, agente en diensverskaffers, is die hart van hierdie proses. Verlede jaar is elke twee weke vergader en vanjaar is daar slegs maandelikse vergaderings met 'n telefoonkonferensie tussen vergaderings.

Betroubare inligting word betyds aan belangegroepe verskaf sodat akkurate bemarkingsbesluite geneem kan word. Dit is 'n dinamiese proses waar ál die onderskeie belangegroepe nou al uitstekend met mekaar saamwerk.

Mnr. Vorster sê onder die belangrikste onmiddellike knelpunte vir die bedryf is Spoornet se gebrek aan beplanning en gevolglike onvermoë om O-treintrokke te voorsien vir die vervoer van sitrusvrugte na die hawens. Wanneer hierdie trokke bestel word en dan nie opdaag nie, moet boere aansienlik meer opdok wanneer die vrugte per pad vervoer moet word. Vir sitrusprodusente in Limpopo en Mpumalanga sal geredeliker toegang tot die Maputo-hawe 'n groot kostevoordeel inhou. Na verneem word, word die verkoelings- en opbergingsgeriewe in Maputo nog onderbenut. Die diefstal van sitrus en die algemene vrye vragmotorvervoer na dié hawestad is onder die haakplekke wat aandag vereis, sê mnr. Vorster. 15 Augustus 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.15
+1.1%
Rand - Pond
20.96
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,782.90
+0.7%
Silwer
22.70
+2.3%
Palladium
1,848.03
-0.2%
Platinum
1,006.68
+1.6%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot