AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Sitrusbedryf hou situasie in Oekraïne versigtig dop

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO: ANDRIES GROENEWALD
FOTO: ANDRIES GROENEWALD
Die sitrusbedryf is bekommerd oor die moontlike impak van die konfliksituasie op uitvoer.

Die sitrusbedryf is aan die vooraand van die nuwe sitrusuitvoerseisoen bekommerd oor die uitwerking van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne op die logistieke ketting en betaalskedules.

“Ons het reeds met uitvoerders in verbinding getree wat bewus is van die huidige risiko’s. Hulle sal dit bestuur en hul kommersiële besluite daarop grond, en alternatiewe opsies oorweeg as die risiko toeneem,” sê mnr. Justin Chadwick, besturende direkteur van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (SKV).

“Die SKV sal aanhou om die situasie dop te hou en om in verbinding te bly met belanghebbendes reg oor die waardeketting om die impak van die konflik in Oekraïne in die komende seisoen te verminder.”

Volgens die SKV word die uitvoer van Suid-Afrikaanse sitrus nog nie ernstig geraak deur die konflik nie, aangesien groot volumes sitrus nog nie in produksie is nie.

“Indien dit egter nie moontlik sal wees om sitrus na die streek te kan uitvoer wanneer die 2022-seisoen in volle gang is nie, sal vrugte bestem vir Rusland in ander markte beland. Dit kan lei tot ’n ooraanbod en gevolglike laer pryse.”

Rusland is tans die vyfde grootste uitvoerbestemming vir Suid-Afrikaanse sitrus, met ongeveer 11,2 miljoen kartonhouers (15 kg) wat daarheen uitgevoer word.

Suid-Afrika voer 8% van sy vars vrugte uit na Rusland.

Verskeie skeepsvaartrederye het al aangekondig dat hulle hul dienste na Rusland en Belarus opskort. Dit sluit onder meer Maersk, MSC, CMA-CGM, Hapag-Lloyd en One in. Van die skeepsvaartrederye het egter aangedui dat hulle noodsaaklike goedere, soos voedsel en humanitêre goedere, sal vervoer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,022.62
+1.1%
Palladium
1,676.57
+0.4%
Goud
1,954.56
+0.2%
Silwer
24.45
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,668
-0.1%
Alle aandele
79,864
+0.1%
Hulpbronne 10
74,939
-0.3%
Industriële 25
102,543
+0.0%
Finansiële 15
16,553
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot