AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sitrusboere wen met voedingsbemesting

Voedingsbemesting volgens die groeistadium van 'n sitrusboom bring boere nader aan die hartklop van die boom.

Voedingsbemesting volgens die groeistadium van 'n

sitrusboom bring boere nader aan die hartklop van die boom.

Waterbesparing, digter aanplantings, groter ekonomie en die vermoë om die

eindproduk beter te manipuleer, is die grootste voordele van 'n gebalanseerde

benadering van voedingsbesproeiing vir plante. Só sê mnr. Pieter Gildenhuys,

bestuurder van Hexrivier Sitrus, Citrusdal. Hy sê die toepassing van

plantvoeding en besproeiing volgens die behoeftes van die verskillende

fenologiese stadiums van die boom het hom geleer om meer intensief na 'n

lemoenboom se hele groeisiklus te kyk. "Met dié stelsel kom ons nader aan die

hartklop van die boom."

Die grootste voordele kom met oestyd: Die interne

vruggehalte is beter, die vruggrootte is meer eenvormig, terwyl opbrengs én

uitpak hoër is.

"Ons het verlede seisoen 'n 50%-verhoging in opbrengs gekry en

vanjaar was die uitpakpersentasie 65 tot 67, teenoor verlede jaar se 40%."

Mnr. Gildenhuys het groot waardering vir die manier

waarop fisiologiese prosesse in die bome met voedingsbemesting deur

drupbesproeiing gemanipuleer kan word. Hy sê hulle kan nou water én

voedingstowwe meer presies toedien om spesifieke reaksies in die boom aan die

gang te sit, veral in die somer wanneer stres byvoorbeeld in sitrusbome

geforseer word vir beter interne gehalte en kleurontwikkeling.

Dié stelsel maak nouer boomspasiëring, en dus kleiner bome, waarvan die

lemoene makliker gepluk kan word, moontlik. Met meer bome per hektaar word 'n

groter opbrengs in 'n korter tyd verkry, sê mnr. Gildenhuys.

Hoewel dié stelsel op heelparty metings berus en die foutfaktor dus grootliks

uitgeskakel kan word, waarsku mnr. Gildenhuys dat boere nooit moet vergeet hoe

goed die "hand-tensiometer" werk nie. "Gaan kyk onder die grond waar die wortels

is."

Een van die lesse wat hulle geleer het, is dat as die wortels en watersiklus

nie reg bestuur word nie, die wortels baie vinnig met 'n drupper versuip kan

word.

Volgens mnr. Otto Frielingsdorf, Terason se gewasoplossingskundige op

Citrusdal, bring voedingsbesproeiing geleenthede vir boere, soos die vermoë om

te manipuleer. "Dit gee 'n voorsprong. Baie mense skiet die stelsel af oor die

koste, maar die probleem is dat hulle dit nie reg bestuur nie."

Hy sê dit is raadsaam om alle koste te verdiskonteer teen die ekonomie van

die stelsel, die versoenbaarheid met EurepGap-vereistes, waterbesparing en die

feit dat dit beter is vir die omgewing.

Volgens hom moet 'n plaas se hele besproeiingsbeplanning reg wees om sukses

te behaal. Die besproeiingstelsel moet 'n konstante, eweredige lewering hê om

voedingstowwe eweredig toe te dien. Op sommige plase in die Citrusdal- en

Clanwilliam-omgewing is die yster- en mangaaninhoud van die water baie hoog. Dít

kan druppers verstop. Mnr. Frielingsdorf sê die oplossing is om - voordat die

besproeiingstelsel aangelê word - die water te toets en waterpompe op 'n vlot in

die dam te plaas sodat water van swakker gehalte nie van die bodem gesuig word

nie. Yster en mangaan is geneig om te oksideer en af te sak.

Hy meen een van die grootste voordele van dié stelsel is die gemak waarmee

fisiologiese prosesse in sitrusbome gemanipuleer kan word, en die feit dat

probleme vinniger reggestel kan word as met korrelbemesting.

Dit is egter nie 'n stelsel wat in 'n agtermiddag op die plaas uitgedink en

in werking gestel kan word nie. " 'n Mens moet die fisiologie van die boom ken

en die hulp van 'n kundige inroep om verskillende toedienings deur die

groeiseisoen reg te kry."

Dit is presies waar mnr. Rian Briedenhann, plantvoedingkundige van Terason in

die Paarl, in die prentjie kom.

Volgens hom word die beste produksie - hoë opbrengs en vruggehalte - verkry

wanneer omgewingstoestande optimaal bestuur en ondersteun word deur die

volgende: Korrekte besproeiingskedulering en gebalanseerde hoeveelhede van

voedingstowwe wat aangepas is vir elke fenologiese stadium van die plant in

toestande van optimale humiditeit.

"Daar moet dus gepoog word om transpirasie, die opname van voedingstowwe en

fotosintese teen die hoogste tempo en vir die volle duur van die dag te laat

plaasvind.

"Dis nie 'n ruimtewetenskap nie, maar bloot die toepassing van bestaande

wetenskaplike kennis, denke en tegnieke om praktiese probleme op te los."

Mnr. Briedenhann beklemtoon dat die sogenaamde oop hidroponiese benadering

nie net suksesvol in voedingsbesproeiing is nie. Inteendeel, alle benaderings

wat op die doeltreffende toediening en gebruik van voedingselemente deur

drupbesproeiingstelsels gebaseer is, kan suksesvol aangewend word vir optimale

produksie.

"Boordbeplanning en uitleg is uiters belangrik. Die hele terroir-konsep,

naamlik ryrigting, boom- en ryspasiëring, opleistelsel, helling, aspek en die

plant van bome op operdwalle, die gebruik van druppers om die grootte van die

wortelsone te bestuur, asook die seleksie van kultivars en onderstamme, is alles

daarop gemik om sonlig, suurstof, water en voedingstowwe in die wortelsone ten

beste te benut.

"As ál hierdie aspekte reg is en die boom kry genoeg water en voedingstowwe,

dan móét dit mos net beter vaar." Heelwat foute is in die verlede met

besproeiingskedulering in Suid-Afrika gemaak, veral waar dit geskoei was op die

Spaanse benadering. Dit was veral die geval op sanderige grondsoorte. In die

Wes-Kaap was daar probleme met 'n lae grondvogreserwe omdat die "potte" (die

plekke onder die druppers waar daar wortelmassas gevorm is) te klein was.

Heelwat aanpassings is aan besproeiingskedulering by drupstelsels gedoen.

Hier moet veral die bydraes van mnre. Chris Malan van Netafim en Chris Barnard

van die Fertigation-akademie genoem word. Die frekwensie van

besproeiingsiklusse, asook die tydsduur tussen die siklusse, word bepaal deur

die grootte van die reservoir wat per drupper benat word. Noukeurige aandag moet

gegee word aan die diepte van besproeiing sodat die loging van

plantvoedingselemente nie plaasvind nie. In die lig van die streng voorskrifte

by die gebruik van kunsmis en omgewingsbesoedeling vir produsente wat aan

uitvoerregulasies moet voldoen, leen dié benadering hom uitstekend tot die

optimale aanwending van plantvoeding. Verliese kan ook tot die absolute minimum

beperk word. Daar is dus 'n besliste verhoging in die doeltreffendheid van

toegediende plantvoeding.

Soos met talle suksesvolle praktyke in die landbou, is daar nie 'n maklike

resep wat oral en vir almal werk nie.

Omgewingsfaktore verskil van plaas tot plaas en soos hulle verander, moet

insette, soos die hoeveelheid water en die voedingstofsamestelling in die

besproeiingswater, aangepas word om optimale produksie vir daardie omgewing te

verseker.

Die pH van die grond, asook die pH van die verrykte besproeiingswater (indien

van dié benadering gebruik gemaak word), is van die belangrike aspekte wat die

doeltreffende opname van voedingselemente bepaal.

Die hoeveelheid voedingselemente wat in só 'n benadering toegedien word, word

grootliks bepaal deur die boom se grootte, die oeslading en dít wat die boom

benodig om 'n sekere tonnemaat te produseer. Hierdie hoeveelhede word dan

ingedeel in elke fenologiese stadium volgens voorafbepaalde verhoudings.

Aanpassings word ook gemaak na gelang van die geskiedenis van die boord. Die

doeltreffendheid van toediening, die ontwikkeling van die boom,

logingsvereistes, groeipatrone en grond- en blaarontledings is ook belangrik.

Aangesien die stelsel so manipuleerbaar is, kan 'n boer voedingstowwe toedien

om spesifieke doelwitte te bereik. Die hoeveelheid kalsium wat byvoorbeeld

opgeneem word, het 'n uitwerking op vruggehalte. Die opname van kalsium vind vir

'n beperkte tyd plaas in die gedeelte net agter die aktiewe groeipunt van die

wortels. Die tydperk van kalsiumopname by appelonderstamme verskil en kan wissel

van slegs 'n paar ure tot weke na gelang van die tipe onderstam. "Dit is juis

een van die voordele van voedingsbemesting deur drupbesproeiing. Meer

wortelpunte en 'n groter worteloppervlak-area ontwikkel onder die drupper, wat

'n beter opname van water, maar veral voedingselemente, soos kalsium, in die

hand werk."

Mnr. Briedenhann sê een van die omgewingsfaktore wat moeilik beheerbaar is in

boorde, is die invloed van relatiewe humiditeit. Wanneer die relatiewe

humiditeit baie laag daal in 'n boord, oorskry die tempo van verdamping vanaf

die blaaroppervlakte die voorsiening van water deur die plant. Gevolglik moet

die huidmondjies sluit om die plant te beskerm. Dit veroorsaak dat plante 'n

groot gedeelte van die dag se sonlig nie kan benut nie, met 'n gepaardgaande

verlies aan produksie. Hier kan die gebruik van stelsels soos oorhoofse

verkoeling, skadunette, plastiek en voldoende windlanings om die boord aangewend

word om die relatiewe humiditeit in die boord-omgewing te manipuleer. Die doel

is om die transpirasiestroom deur die plant so hoog moontlik te hou vir die tyd

wat sonlig beskikbaar is.

Mnr. Briedenhann sê die verkeerde keuse van kunsmis kan veroorsaak dat die

oplosbaarheid van produkte beïnvloed word. Ongewenste reaksies kan dan plaasvind

en produkte kan neerslaan in onoplosbare verbindings.

Die doeltreffendheid

waarmee water en voedingstowwe toegedien word, is beter onder 'n oop

hidroponiese stelsel. Met groeikurwe-voeding word die vermorsing van kunsmis en besoedeling van die grond en omgewing beperk, want as voedingstowwe en water korrek toegedien word, is daar geen loging in die grond nie.

 

Verandering in denke nodig

Voedingsbemesting deur drupbesproeiing vereis 'n algehele verandering in denke, sê mnr. Robert Paterson van Twaktuin, Clanwilliam.

"Dis 'n totaal ander benadering. Ek het in die eerste seisoen oorbesproei omdat die hoeveelheid so min gelyk het."

Hy het verlede November 20 hektaar sitrus onder 'n oop hidroponiese stelsel gevestig, en tot dusver hou dit net voordele in. "'n Mens spaar baie geld met elke jaar wat die boord vroeër in produksie kom."

Mnr. Paterson sê in die lig van groter druk op boere om water meer doeltreffend aan te wend, kan drupbesproeiing in die toekoms 'n groter rol speel. Met 'n goed bestuurde drupbesproeiingstelsel kan water bespaar word sonder enige nadelige uitwerking op die jong bome se groei.

Ander voordele wat mnr. Paterson ook al in hierdie vroeë stadium waarneem, is dat bome dadelik op veranderde kunsmistoediening reageer. "Toediening is ook meer eenvormig. Met kunsmisstrooiers is daar dikwels oneweredige toediening en baie vermorsing."

Kunsmistoediening deur drupbesproeiing is arbeidsbesparend en 'n mens kan volgens mnr. Paterson die boom baie beter manipuleer ten opsigte van groei as dit jonk is. Wanneer die boom begin dra, kan vruggrootte en -gehalte gemanipuleer word.

Drupbesproeiing klop mikrobesproeiing ook op verskeie praktiese gebiede. "Ons boer hier teen 'n helling. Met mikrospuite is dit altyd 'n stryd om die druk reg te kry, terwyl elke druppertjie sy eie drukbeheer het, wat natuurlik 'n groot voordeel is."

Gerief en buigbaarheid is verdere voordele van die stelsel. "Soos by mikrobesproeiing kan ons dag of nag besproei. Die rekenaar hou nie middag nie," sê hy. In die somer, of tydens hittegolwe, kan elke blok gou verkoel word deur dit vir 15 minute te besproei.

Oor die koste is mnr. Paterson filosofies. "Ons móét besproei. Dis nie juis duurder as ander besproeiingstelsels nie, en druplyne is goedkoper per hektaar as mikrospuite."

Aangesien drupbesproeiing teen 'n laer druk as mikrobesproeiing werk, kan alle bome boonop gelyktydig besproei word op 'n 20 ha-stelsel.

Afgesien van al die voordele vir die boom, hou drupbesproeiing ook voordele vir instandhouding in. "Ná elke oestyd moet alle mikrospuite wat gedurende die oesproses raakgetrap is, nageloop en reggemaak word. Veral met satsumas, waar daar dikwels in besproeiingstyd geoes word, plaas dit druk op arbeid omdat die mikrospuite dadelik reggemaak moet word - 'n probleem wat 'n mens nie by drupbesproeiing het nie."

Voedingsbemesting deur 'n drupbesproeiingstelsel is eenvoudiger.

"Alles gebeur in die pompkamer. Een persoon kan alles op een plek stel." Tog, sê mnr. Paterson, beteken dit nie dat 'n boer uit die boord kan wegbly nie. "Die rekenaar of ontledings doen nie alles nie."

<PVolgens mnr. Paterson bepaal die beplanning van 'n besproeiingstelsel 90% van die suksesvolle werking van die stelsel.

'n Deel daarvan is om te verseker dat die hooflyne die vermoë het om genoeg water te lewer wanneer dit benodig word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
+1.8%
Rand - Pond
21.10
+1.1%
Rand - Euro
18.14
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.7%
Goud
1,794.43
-0.2%
Silwer
23.01
-0.6%
Palladium
1,911.50
+0.6%
Platinum
1,021.00
+0.1%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,164
+1.4%
Alle aandele
75,326
+1.4%
Hulpbronne 10
75,036
+1.4%
Industriële 25
92,332
+0.8%
Finansiële 15
15,844
+2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Altyd sonnig en vol pret
Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot