AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Sitruskwekers moet dringend kapsie maak teen kouebehandeling

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Andries Groenewald
Ter illustrasie. Foto: Andries Groenewald
’n Ernstige versoek word aan sitruskwekers gerig om voor Donderdag protes aan te teken teen nuwe regulasies wat die Europese Unie (EU) vir die bekamping van valskodlingsmot wil afdwing.

Die nuwe regulasies wat die Europese Unie (EU) vir die bekamping van valskodlingsmot op Suid-Afrikaanse sitruskwekers wil afdwing, kan uitvoer na die EU bedreig, waarsku mnr. Deon Joubert, gesant van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging in die EU, in ’n skrywe aan die vereniging se lede.

Hy rig ’n ernstige versoek tot sitruskwekers om voor Donderdag 10 Maart protes aan te teken op die Europese Kommissie se webwerf. Joubert sê belanghebbendes kan hier klik om kommentaar te lewer en protes aan te teken teen die voorgestelde regulasies.

Suid-Afrika is die grootste uitvoerder van sitrus na Europa en vul die Euorpese sitrusbedryf aan omdat oestye nie bots nie. Bekostigbare sitrus van hoë gehalte is dus beskikbaar tydens die Europese somer wat bydra tot die 120 000 werksgeleenthede wat sitrus in Suid-Afrika skep.

Die nuwe wetgewing in Europa stel voor dat uitvoerlande in Afrika sitrus deur die bank vir 16 dae teen tussen 0 °C en 1 °C moet hou as dit vir die EU bestem is.

Joubert sê dit is nie lewensvatbaar nie. Dit sal die gehalte van baie van Suid-Afrika se lemoene belemmer, wat gaan lei tot ’n afname in verbruik en ’n toename in voedselvermorsing.

Uitvoerders en kleinhandelaars sal inkomste verloor.

Dit sal die uitvoer van organiese en chemie-vrye sitrus heeltemal in die wiele ry. Hierdie produkte sal nie die voorgestelde koue behandeling kan trotseer nie en dit sal ’n jammerte wees, sê Joubert, want daar was nog nooit ’n onderskepping vir valskodlingsmot op enige besending organiese of chemie-vrye sitrus nie. Daar is ook ’n groeiende behoefte in Europa aan sitrus wat omgewingsvriendelik verbou is.

Indien dit nie gestuit word nie, kan hierdie wetgewing teen einde Mei 2022 in werking tree wanneer die plaaslike sitrusseisoen begin.  

Teken só protes aan

Die eerste stap is om ’n rekening te skep. Begin deur op die skakel “Give feedback” te klik en dan die skakel “Register” te kies. Nadat jy jou kontakbesonderhede verskaf het, sal jy ’n e-pos ontvang om die registrasieproses te voltooi.

Hierna moet jy op jou rekening aanmeld en die opsie “Have your say”  kies. “Vertel jou storie,” sê Joubert, “en moenie kopieer en plak nie, want die EU sal duplisering van terugvoer as een stem of protesbrief tel.

“Verduidelik wie jy is en hoe jy betrokke is in die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf en maak spesifiek melding as jy ’n spesifieke belang in organiese of chemie-vrye sitrus het.

“Indien moontlik, verskaf syfers rondom die grootte van jou besigheid en hoeveel vir jou op die spel is.”

Joubert het sy skrywe ook aan invoerders en kleinhandelaars in Europa gerig en vra dat hulle sal sê hoe lank hulle al vrugte uit Suid-Afrika invoer en verhandel, hoe lank hulle al verhoudinge met spesifieke produsente handhaaf en hoeveel verskepings na hulle toe al verwerp moes word. “As dit min of geen verwerpings is, vra hoekom onnodige streng maatreëls op alle sitrus ingestel moet word.

“Verduidelik aan die Europese Kommissie dat hierdie voorstel skadelik en onnodig is omdat daar reeds alternatiewe kouebehandelings in die Suid-Afrika se valskodlingsmot-protokol is.”

Daar moet in die vertoë ook melding gemaak word van die feit dat kouebehandelingsprotokolle wat reeds gebruik word, doeltreffend is sonder om die organiese en chemie-vrye bedryf te ruineer of om enorme koueskade aan spesifieke kultivars te veroorsaak.

Joubert sê ook daar moet meer tyd gegun word wanneer nuwe regulasies en wetgewing ingestel word sodat produsente van uitvoerlande tyd het om te beplan en nuwe protokolle toe te pas.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot