AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9695
42,00
CORN
30 Mrt
-
4650
8,00
SOYA
30 Mrt
-
8325
-58,00
SUNS
30 Mrt
-
8800,2
-18,80
WEAT
30 Mrt
-
6680
1,00
WMAZ
30 Mrt
-
3950
0,00
YMAZ
30 Mrt
-
4053
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Sitrusreël: EU verwag van SA om ‘heldersienend’ te wees

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vrugte-uitvoerders van die Suidelike Halfrond is optimisties oor die toekoms van die bedryf, maar beskou droogte en vloede, die stygende koste van landbou-insette en regeringsbeleid in sekere lande as groot probleme. Foto: Amelia Genis
Vrugte-uitvoerders van die Suidelike Halfrond is optimisties oor die toekoms van die bedryf, maar beskou droogte en vloede, die stygende koste van landbou-insette en regeringsbeleid in sekere lande as groot probleme. Foto: Amelia Genis
Daar is van die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf verwag om die nuwe “onregverdige, wetenskaplik foutiewe, onnodige en disproporsionele” sitrusreël toe te pas nog voor die plaaslike regering ’n kennisgewing daaroor ontvang het.

Mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (SASKV), sê in sy nuutste nuusbrief dat die Europese kommissie se direktoraat-generaal vir gesondheid en voedselveiligheid óf verander het hoe die komitee sy besluite kommunikeer, óf van sy handelsvennote verwag om heldersiende te wees.

Volgens Chadwick het dié komitee in sy korrespondensie met die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling gesê dat “hy moes geweet het wat op pad was”.

“Ons is onseker of ons dit moes geweet het aangesien Spanje se minister van landbou (mnr. Luis Pachedas) oor sy politieke oorwinning getwiet het – selfs nog voor die komitee se stemme getel was – of omdat van die departement verwag is om in ’n kristalbal te kyk en die veranderde maatreëls te sien nog voor hulle afgekondig is.”

Die nuwe reël, ingevolge waarvan onder meer Suid-Afrikaanse lemoene kouesterilisasie moet ondergaan voor dit na die Europese Unie (EU) verskeep word, moes op 24 Junie in werking tree. Lemoene word van die reël vrygestel mits hulle die EU voor 14 Julie bereik.

Chadwick sê die hele situasie word nou belaglik en bedreig die goedkeuring van honderde vraghouers lemoene vanuit Suider-Afrika wat reeds verskeep is. “Dít is sekerlik nie ’n manier om ’n handelsvennoot van meer as honderd jaar te behandel nie, ook nie hoe die International Plant Protection Convention (IPPC) voorskryf dat oor nuwe maatreëls gekommunikeer en dit toegepas moet word nie.”

Die voorkoms van valskodlingsmot is volgens hom nie ’n risiko wat noodmaatreëls noodsaak nie. En as dit die geval was, sou strenger maatreëls verwag word teen lande wat die afgelope drie jaar meer onderskeppings daarvan gehad het.

“Betoon ’n bietjie simpatie teenoor Eswatini (voorheen Swaziland), wat in 2020 en verlede jaar géén onderskeppings gehad het nie, maar tog word hierdie belaglike nuwe maatreëls ook afgedwing op sy lemoene wat na die EU uitgevoer word.”

Hy meen die hele situasie is ’n slag vir wetenskap en dat ware wetenskaplikes reg oor die wêreld dit met kommer dophou. “Maatreëls gegrond op politieke proteksionisme word nou afgekondig sonder om tegniese regverdiging in ag te neem. Sinvolheid moet tog sekerlik seëvier.”

Mnr. Deon Joubert, die SASKV se gesant vir die EU, sê daar is nog nie konsensus bereik oor wanneer die nuwe maatreël van krag sal wees nie.

Volgens die EU moes die reël op 24 Junie in werking getree het, maar lemoene word van die reël vrygestel mits hulle Europa voor 14 Julie bereik.

Volgens Joubert beskou die plaaslike bedryf en die departement van landbou 14 Julie as die finale datum waarop die reëling in werking tree.

Uitvoerskatting

Die aanvanklik skatting vir vanjaar se sitrusuitvoer is met 3,7 miljoen kartonhouers (15 kg) aangepas van 170,5 miljoen tot 166,8 miljoen. Dié vermindering is hoofsaaklik weens ’n afwaartse aanpassing vir nawel-lemoene (1,5 miljoen kartonhouers minder) en pomelo’s (1,1 miljoen kartonhouers minder). Die verwagte uitvoer van valencias, mandaryne en suurlemoene is afwaarts aangepas met onderskeidelik 600 000, 400 000 en 100 000 kartonhouers.

Tot dusver vanjaar is 62,8 miljoen kartonhouers sitrus verpak (vergeleke met 65,6 miljoen in 2021 en 60,2 miljoen in 2020) en 51 miljoen kartonhouers verskeep (vergeleke met 50,3 miljoen in 2021).

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
+0.2%
Rand - Pond
22.34
-0.2%
Rand - Euro
19.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
967.60
-0.1%
Palladium
1,433.34
-1.1%
Goud
1,967.62
+0.2%
Silwer
23.62
+1.3%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,411
+0.8%
Alle aandele
77,055
+0.8%
Hulpbronne 10
67,909
+1.9%
Industriële 25
103,746
+0.4%
Finansiële 15
15,673
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot